Page 1 of 1
Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Wed Sep 28, 2016 7:56 pm
by Jurie Vermaak
Ek het onlangs een van bogenoemde aangeskaf en die plastiek kolf het my nie geval nie. Ek het gelukkig nog n Royal Jacaranda blank wat ek ongeveer n jaar terug by Geno gekoop het gehad en besluit toe om my 2de kolf te maak na my vorige probeerslag wat nie te sleg uitgekom het nie. Hierdie kolf is gebasseer op die Boyds Pro Varmint kolf. Ek gaan so paar fotos van die proses opsit. Ek was soos gewoonlik weer ongeduldig om die ding klaar te kry. Dit het my presies 20 ure gevat om die kolf te maak waarvan omtrent 8 ure skuurwerk was.
Die oorspronklike kolf
20160513_202136.jpg
Begin met die inletting
20160905_183222.jpg
Inletting voltooi
20160909_175121.jpg
Hierna het ek die kolf se vorm uitgesaag
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Wed Sep 28, 2016 8:01 pm
by Jurie Vermaak
Nadat die kolf gesaag is
20160916_162505.jpg
Hierna het ek die bottom metal (wat maar plastiek is) gedoen
20160916_154741.jpg
Toe bygekom met my grinder met n sanding disk. Jy moet versigtig wees, want as jy nie mooi kyk nie word baie vinnig te veel weggevat
20160916_193756.jpg
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Wed Sep 28, 2016 8:04 pm
by Jurie Vermaak
Hierna het ek met n growwe rasper die area rondom die pistoolgreep gedoen
20160916_202613.jpg
Recoilpad opgesit en toe begin met die skuurwerk
20160917_133552.jpg
Gereed vir die eerste laag Tru Oil
20160917_203001.jpg
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Wed Sep 28, 2016 8:09 pm
by Jurie Vermaak
Na die eerste Tru Oil laag het ek die bedding gedoen met Steenvas
20160918_123950.jpg
Die pistoolgreep het n baie interessante motief wat amper soos n gesig van iets lyk as jy mooi kyk
223Rem J Vermaak1.jpg
Die finale produk
223Rem J Vermaak.jpg
Ek is nogal trots op myself met hierdie probeerslag. Die kolf pas my baie lekker en die geweer skiet ook sommer baie lekkerder
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Wed Sep 28, 2016 9:04 pm
by Gawie(13mm)
Jy slaag met lof maat!!!!
Dit is werklik 'n knap stukkie werk.
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Wed Sep 28, 2016 9:38 pm
by Andre308
Jurie, jy is n yster.
Ek bly dreig, maar ek het nognie genoeg moed by mekaar geskraap vir daardie een nie.
Wel gedaan!!!
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Wed Sep 28, 2016 9:40 pm
by Toyrsi
Netjies Jurie.
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Thu Sep 29, 2016 6:39 am
by toelie
Sjoe jy verstaan n stuk hout, lyk bitter mooi
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Thu Sep 29, 2016 8:23 am
by LoopSoosStroop
Ja nee jy mag maar. Die hout ding is nie vir my nie, gee my eerder 'n stuk staal en 'n sweismasjien.
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Thu Sep 29, 2016 9:07 am
by Riaan Kriel
Dit is 'n netjiese stukkie werk Jurie, jy mag maar BAIE trots wees daarop.
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Thu Sep 29, 2016 4:00 pm
by tau
jy het talent.
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Fri Sep 30, 2016 7:22 am
by Jurie Vermaak
Manne
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Die kolfbou help my om van die werk stress weg te kom.
Dis ook lekker om iets te kan doen wat my skiet hobby lekkerder en meer bekostigbaar te maak.
Jurie
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Fri Sep 30, 2016 7:32 am
by Armand Steenkamp
Jurie, jy is hoopeloos te beskeie! Dit is nie enige iemand wat dit kan regkry nie. Ek het al probeer en toe op die ou einde moes ek my plank in die donkie vuurmaak! Baie goeie werk! En baie netjies!
Groetnis
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Fri Sep 30, 2016 8:18 am
by JBarlow
Job well done Jurie!
Re: Howa 223 Mini Aksie kolf
Posted: Fri Sep 30, 2016 8:29 am
by ruaanb
Netjies Jurie sommer baie netjies.