Page 1 of 2
Mossels
Posted: Tue Oct 04, 2016 4:43 pm
by Kolhasie
Goeie dag almal
Ek het by n maat van my n helse klomp gevriesde mossels gekry wat hy die week vars van die waters af gebring het. Nou baie mense se ek kan maar weg gooi oor hulle gevries is?? as dit nie so is nie watse lekker resepte kan julle met my deel?
Hulle is nog toe in die skulp..
Groete KH
Re: Mossels
Posted: Tue Oct 04, 2016 4:59 pm
by Viking
Kolhasie,
Die trick met 'n mossel is juis die feit dat hy toemaak as jy hom afhaal en dan weer oopgaan wanneer jy die goed stoom. So bepaal jy dan watter mossels "goed" is die wat toebly word weggegooi....hulle is "spoilt"
Joune is nou gevries....so jy kan nie bepaal watter mossels is bederf en watter mossels is nog reg nie!
Daai goed maak dodelik siek as hulle nie reg is nie....ek sou nie 'n kans gevat het nie!
Dis hoe skoolgeld werk!!
Re: Mossels
Posted: Tue Oct 04, 2016 6:37 pm
by Andre308
Hulle sal nog lekker werk vir Galjoen vang.
Re: Mossels
Posted: Tue Oct 04, 2016 7:21 pm
by Jurgen Visser
praat jy van wit mossels of die swart mossels ?
Re: Mossels
Posted: Tue Oct 04, 2016 10:04 pm
by dehacked
As jy hulle vries voor jy hulle stoom sal ek hul ook maar vir visvang hou.
Re: Mossels
Posted: Tue Oct 04, 2016 10:22 pm
by sako 30-06
So enige mossels wat gevries gekoop word kan nie geeet word nie?
Nee wat, solank die mossels gevries was terwyl hulle vars was is daar nie probleme nie.
Dis sommer ouvrou stories dat net vars mossels oopgaan as hulle gestoom word. Die mossel se spiere veroorsaak dat die dop oop en toe gaan, sodra die mossel gestoom word breek die spiere af en dis waarom die mossel oopgaan.
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 8:18 am
by Kolhasie
Baie dankie almal.
Ai nou weet ek nie wat om met die goed te maak nie. ek sit in die Kalahari!!!
Baie mense se dis ou stories en baie se eet hulle daar is niks fout nie.
Wat nie doodmaak nie maak seker groot.
Groete KH
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 8:19 am
by Kolhasie
sako 30-06 wrote:So enige mossels wat gevries gekoop word kan nie geeet word nie?
Nee wat, solank die mossels gevries was terwyl hulle vars was is daar nie probleme nie.
Dis sommer ouvrou stories dat net vars mossels oopgaan as hulle gestoom word. Die mossel se spiere veroorsaak dat die dop oop en toe gaan, sodra die mossel gestoom word breek die spiere af en dis waarom die mossel oopgaan.
Kan oom meer vertel oor die stoom van mossels?
hoe weet ek as hulle reg is?
hoe of met wat stoom ek?
Groete KH
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 8:44 am
by sako 30-06
Die resep klink die naaste aan die een wat my ma altyd vir ons gemaak het toe ons nog in Richardsbaai gebly het en dit spaar my tyd om alles te tik.
Moet net nooit die mossels te lank gaarmaak nie.
Hier is hy, geniet hom
Mossels in ‘n romerige witwynsous
2 e botter
1 ui, fyn gekap
2 e vars gekapte knoffel
½ k gekapte seldery
1 k droë witwyn
500g mossels, skoongemaak
250ml room
gekapte pietersielie, vir opdien
Maak die botter warm en braai die uie, knoffel en seldery ligweg. Gooi die wyn by en kook 2 minute. Voeg die mossels by. Sit die deksel op en stoom die mossels tot dit oopmaak (ongeveer 2-3 minute). Gooi mossels wat nie oopmaak nie, weg. Haal die mossels uit die kookvloeistof en gooi die kookvloeistof deur ‘n fyn sif. Meng die room in by die gesifte vloeistof. Proe die sous en gooi sout en swartpeper by indien nodig. Gooi roomsous oor die mossels. Besprinkel met die pietersiele en bedien met ‘n vars Franse brood.
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 9:01 am
by FHM
Laat my toe om my stuiwer in die beurs te gooi, ek het immers 27 jaar in WVB en SKP gewoon en seekos is een van my swakhede.
Witmossel kry jy in die nat sand sekere plekke op die strand en dieper in na die 1 ste en 2 de brander se kant toe, dus is hulle altyd in die water en kry jy nie n vrot witmossel wat toe is op die strand nie. As hy vrot is, is hy oop, as hy toe is is hy vars en kan hy pot toe, of inle-bottel toe met uie en rissies of hoek toe. Sommige manne vries hom net so in die aas freezer en ander sit hom in n bottel of houer met bruinsuiker (selfde met rooiaas) om hom taai te maak vir die hoek. As witmossel gevries word gaan hy nie altyd oop nie, soms steek net die tongetjie so tussen die twee skulpe uit. Ek het bitter baie witmossel wat gevries was vir huis gebruik (etes) gaargemaak en nog nooit enige probleme met siekword ervaar nie. Wat wel heerlik is, is as hy vars van die waters afkom om hom net so op die rooster te gooi en as hy oopmaak is hy reg om ge-eet te word - bietjie suurlemoensap, knoffelbotter en n tobasco druppel of twee op te sit - saam met kreef of prawns in n peri-peri garlic sous loop hy onverbeterlik.
Swartmossel is n ander storie - omdat mens hulle op die strand uitgespoel kry, of waar hulle aan stukke bamboes wat uitgespoel het vaskleef, of waar hulle op die rotse "gepluk" kan word, of selfs geduik word - by 4-kant klip net voor Swakopmund en by die voel-eiland net voor Langstrand, en dan Noord op Langstrand is lekker klipbanke waar mens met n duikpak groot swartmossels kan oes van die rotse af onder die water. Swartmossel kan ook ingele word (uie en rissies my keuse), of in water gekook word, of gestoom word, of net so up die rooster gegooi word. Hy maak oop as hy gaar word, as hy nie oopmaak nie is hy nie reg nie. Meeste mense maak hom eers skoon voor hy gaargemaak word, want n swartmossel het vreeslik sand binne as hy op die strand ge-oes word.
Sommige manne hou daarvan om skoongemaakte swart en witmossel daar op die strand in n vars stuk seebamboes te druk, sommiges tap bietjie sherry of soetwyn by, andere sit knoffelbotter en suurlemoensap by - hoe dit ookal sy, dan word die seebamboes se punte toegemaak en die "mosselpofadder" of "seeslang" net so in die kole of op rooster gegooi vir n paar minute. Ek het dit al probeer - maar die bamboes mossels is nie vir my - ek verkies hom net so van sy mammie af.
Die stoomproses by swart en witmossel behels n pot op die stoof of primus op die strand, bietjie water, en dan het ek gewoonlik een van die 'mandjies' wat mens aartappelskyfies in olie braai geneem en dit in die pot gesit sodat dit bo die watervlak is, mossels in die 'mandjie' en kook die water tot hy stoom en die mossels oopgaan. Swartmossel werk nie lekker so nie want hy is vol sand, die oukies moet jy liefs oopmaak en die vleis uithaal en goed skoonmaak.
Nou omdat swartmossel meestal deur jan-alleman bo die water ge-oes word (op die strand / op rotse) weet mens nie hoe lank die knape wat jy op die strand optel en van bamboes op die strand afpluk, in die son gele het nie. Sommige swartmossel gaan oop as hulle vrek en jy kan dit duidelik ruik as hy af is, sommiges is ook klaar vrot maar sal nie oopgegaan nie. Daarom is dit gevaarlik om n spul op te tel en net so in die skulp in n pot te gooi en te begin kook of te vries en so bevrore te kook vir menslike gebruik. Die veiligste met swartmossel is om hom uit die dop te haal net na die oes, vir die wat nie weet hoe lyk n vars swartmossel nie - ruik hom dan, as jy see ruik en jy moet hom oopsny is hy reg. As jy hom met die hand kan oopmaak, of hy het enige "klankie" - vermy hom - seemeeu kos.
As ek persoonlik nou n sak vol gevriesde swartmossel kry by iemand, sal ek almal ontdooi, vleis uithaal - ruik - skoonmaak (sand uitspoel) en gaarmaak. Stirfry of in n pot met garlic botter en suurlemoensap op rys loop mooi.
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 9:03 am
by vriell
sako 30-06 wrote:So enige mossels wat gevries gekoop word kan nie geeet word nie?
Nee wat, solank die mossels gevries was terwyl hulle vars was is daar nie probleme nie.
Dis sommer ouvrou stories dat net vars mossels oopgaan as hulle gestoom word. Die mossel se spiere veroorsaak dat die dop oop en toe gaan, sodra die mossel gestoom word breek die spiere af en dis waarom die mossel oopgaan.
Swartmossels sal NOOIT in winkels verkoop word alvorens hulle gaar is nie !!
MET REDE !
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 10:21 am
by sako 30-06
FHM wrote:Laat my toe om my stuiwer in die beurs te gooi, ek het immers 27 jaar in WVB en SKP gewoon en seekos is een van my swakhede.
Witmossel kry jy in die nat sand sekere plekke op die strand en dieper in na die 1 ste en 2 de brander se kant toe, dus is hulle altyd in die water en kry jy nie n vrot witmossel wat toe is op die strand nie. As hy vrot is, is hy oop, as hy toe is is hy vars en kan hy pot toe, of inle-bottel toe met uie en rissies of hoek toe. Sommige manne vries hom net so in die aas freezer en ander sit hom in n bottel of houer met bruinsuiker (selfde met rooiaas) om hom taai te maak vir die hoek. As witmossel gevries word gaan hy nie altyd oop nie, soms steek net die tongetjie so tussen die twee skulpe uit. Ek het bitter baie witmossel wat gevries was vir huis gebruik (etes) gaargemaak en nog nooit enige probleme met siekword ervaar nie. Wat wel onverbeterlik is, is as hy vars van die waters afkom om hom net so op die rooster te gooi en as hy oopmaak is hy reg om ge-eet te word - bietjie suurlemoensap, knoffelbotter en n tobasco druppel of twee op te sit - saam met kreef of prawns in n peri-peri garlic sous loop hy loop onverbeterlik.
Swartmossel is n ander storie - omdat mens hulle op die strand uitgespoel kry, of waar hulle aan stukke bamboes wat uitgespoel het vaskleef, of waar hulle op die rotse "gepluk" kan word, of selfs geduik word - by 4-kant klip net voor Swakopmund en by die voel-eiland net voor Langstrand, en dan Noord op Langstrand is lekker klipbanke waar mens met n duikpak groot swartmossels kan oes van die rotse af onder die water. Swartmossel kan ook ingele word (uie en rissies my keuse), of in water gekook word, of gestoom word, of net so up die rooster gegooi word. Hy maak oop as hy gaar word, as hy nie oopmaak nie is hy nie reg nie. Meeste mense maak hom eers skoon voor hy gaargemaak word, want n swartmossel het vreeslik sand binne as hy op die strand ge-oes word.
Sommige manne hou daarvan om skoongemaakte swart en witmossel daar op die strand in n vars stuk seebamboes te druk, sommiges tap bietjie sherry of soetwyn by, andere sit knoffelbotter en suurlemoensap by - hoe dit ookal sy, dan word die seebamboes se punte toegemaak en die "mosselpofadder" of "seeslang" net so in die kole of op rooster gegooi vir n paar minute. Ek het dit al probeer - maar die bamboes mossels is nie vir my - ek verkies hom net so van sy mammie af.
Die stoomproses by swart en witmossel behels n pot op die stoof of primus op die strand, bietjie water, en dan het ek gewoonlik een van die 'mandjies' wat mens aartappelskyfies in olie braai geneem en dit in die pot gesit sodat dit bo die watervlak is, mossels in die 'mandjie' en kook die water tot hy stoom en die mossels oopgaan. Swartmossel werk nie lekker so nie want hy is vol sand, die oukies moet jy liefs oopmaak en die vleis uithaal en goed skoonmaak.
Nou omdat swartmossel meestal deur jan-alleman bo die water ge-oes word (op die strand / op rotse) weet mens nie hoe lank die knape wat jy op die strand optel en van bamboes op die strand afpluk, in die son gele het nie. Sommige swartmossel gaan oop as hulle vrek en jy kan dit duidelik ruik as hy af is, sommiges is ook klaar vrot maar sal nie oopgegaan nie. Daarom is dit gevaarlik om n spul op te tel en net so in die skulp in n pot te gooi en te begin kook of te vries en so bevrore te kook vir menslike gebruik. Die veiligste met swartmossel is om hom uit die dop te haal net na die oes, vir die wat nie weet hoe lyk n vars swartmossel nie - ruik hom dan, as jy see ruik en jy moet hom oopsny is hy reg. As jy hom met die hand kan oopmaak, of hy het enige "klankie" - vermy hom - seemeeu kos.
As ek persoonlik nou n sak vol gevriesde swartmossel kry by iemand, sal ek almal ontdooi, vleis uithaal - ruik - skoonmaak (sand uitspoel) en gaarmaak. Stirfry of in n pot met garlic botter en suurlemoensap op rys loop mooi.
Dis mos nou kennis, dankie vir die deel.
Nou is ek vrek lus vir seekos.
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 11:06 am
by Kolhasie
sako 30-06 wrote:FHM wrote:Laat my toe om my stuiwer in die beurs te gooi, ek het immers 27 jaar in WVB en SKP gewoon en seekos is een van my swakhede.

Baie dankie oom!! ek wardeur die deel.
Vanand is dit ek en daai mossels
Groete KH
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 1:37 pm
by DawieKotze
Francois - ons gooi die swartmossels in 'n emmer met skoon water waarby so handvol meel bygeroer is. Los so 4 ure - dan "spoeg"die mossel vinniger al die sand uit.
Hoop jy geniet jou mossels Kolhasie!
Groetnis
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 1:42 pm
by FHM
Kolhasie wrote:
watse lekker resepte kan julle met my deel? Groete KH
Hier is n paar lekker nommertjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag. ... ssels.html
https://kreatiewekosidees.com/tag/room-mossels/
http://www.pasella.co.za/resepte/resept ... esepID=597
As jy gaan inle - n paar klein uitjies en so paar middel deurgesnyde (lengte) rissies en paar knoffelhuisies werk hom mooi.
Laat hy minimum so 2-3 weke staan en trek - ek los myne minimum n maand om te trek.
http://www.foodloversrecipes.com/2013/0 ... e-mossels/
Yes Dawie
ek het daai al gehoor by die manne maar nog nie self getoets / probeer nie - ek gooi sommer die swart mossels op die gras uit by die huis - kry n mes en bak met suurlemoenwater en maak skoon.
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 2:39 pm
by JohanvB
FHM..waar kry mens bos mossels...nog net gehoor daar van..noggie gesien nie..
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 3:47 pm
by FHM
JohanvB wrote:FHM..waar kry mens bos mossels...nog net gehoor daar van..noggie gesien nie..
Johan gaan google "bos mossel"
As jy nog nie gesien het nie, ja wel, kom ons maar se jy is in vir n surprise

Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 3:52 pm
by THOMAST
Wees maar versigtig vir daai wat 'n klankie het.
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 3:54 pm
by FHM
THOMAST wrote:Wees maar versigtig vir daai wat 'n klankie het.

LMGA - SKERP!
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 3:55 pm
by Andre308
FHM wrote:JohanvB wrote:FHM..waar kry mens bos mossels...nog net gehoor daar van..noggie gesien nie..
Johan gaan google "bos mossel"
As jy nog nie gesien het nie, ja wel, kom ons maar se jy is in vir n surprise

Dink ook nie meel water haal die sand uit n vuil bos mossel nie.
Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 4:21 pm
by LongWolf
Andre308 wrote:FHM wrote:JohanvB wrote:FHM..waar kry mens bos mossels...nog net gehoor daar van..noggie gesien nie..
Johan gaan google "bos mossel"
As jy nog nie gesien het nie, ja wel, kom ons maar se jy is in vir n surprise

Dink ook nie meel water haal die sand uit n vuil bos mossel nie.

Re: Mossels
Posted: Wed Oct 05, 2016 8:34 pm
by Jurgen Visser
eet die blerrie goed man , da is pille na die tyd as daar moeilikheid is , geniet hulle , pak hulle in lk's roker , rook vir 12 minute en eet die goed , maklik , geniet dit , as daar nie rooi gety nwas nie , is daar nie moeilikheid nie
Re: Mossels
Posted: Thu Oct 06, 2016 7:02 am
by Kolhasie
Ek kon gister aand n kaans kry om als te probeer.....
Wel hulle gaan net so 2mm oop en dan bly hy daar!! ek het probeer oopbreuk om die vleis uit te haal maar dit is nie so maklik nie want dan sit aan altwee kante van die skulp vleis.......
lyk my ons hier van Kalahari moet maar bly by ons tiepe Vleis!
BTW NIE DIE BOS MOSSEL NIE hahaha
Groete KH
Re: Mossels
Posted: Thu Oct 06, 2016 9:26 am
by FHM
Kolhasie wrote:Ek kon gister aand n kaans kry om als te probeer.....
Wel hulle gaan net so 2mm oop en dan bly hy daar!! ek het probeer oopbreuk om die vleis uit te haal maar dit is nie so maklik nie want dan sit aan altwee kante van die skulp vleis.......
lyk my ons hier van Kalahari moet maar bly by ons tiepe Vleis!
BTW NIE DIE BOS MOSSEL NIE hahaha
Groete KH
KH dis wat hulle doen. Die witmossel maak heel oop as hy gaar is. Die swartmoossel net halfpad of minder as halfpad.
Jy vat n steakmes en sny die mossel oop, van die ronde oop kant na die punt van die skerp kant. Jy hoef nie middeldeur te sny nie tot jy 2 halwes het nie, net tot hy jy hom met die hand kan verder oopmaak. Dan skraap jy die vleis uit beide skulpe weerskante. Probber sny met n hoek sodat as jy die mossel oopmaak met die hand, al die vleis in een skulp le en nie middeldeur gesny is nie.
Kyk na die "voet-stukkie" wat altyd n verharding maak en sal moontlik nog bietjie "hare" aanhe. Dis waarmee die mossel hom heg aan die rotse. Die sny jy af. Dan spoel jy die vleis met bietjie suurlemoen water (gewone water is ook reg) om enige sand uit te kry.
Jy kan dan die vleis terugsit in die skulp (as skulp skoongemaak is) en dit so braai op die rooster of bak in die oond. Sit kaas en knoffel en suurlemoensap oor of wat jy ookal wil opsit. Of jy kan die vleis bymekaar in n bak sit vir disvoorbereiding van jou keuse.
Re: Mossels
Posted: Wed Nov 16, 2016 9:06 am
by Johan7
Kolhasie, hier is vir jou nou 'n lekker resep! Ek kry nie genoeg nie! Ek maak dit elke naweek!
Mossels of seafood mix – Tagliatelle.
• Kook mossels of seafood mix vir 20 minute in soutwater. Gooi water af.
• Kook tagliatelle of skroef-noedels vir 20 minute in soutwater. Gooi water af.
• Terwyl die boonste 2 aan die gang is:
• Braai 2 uie en knoffel in ‘n groot pot. Gooi 2 blikkies tamatie – stukke in en roer deur die uie. Gooi ‘n teelepel tiemie in, Roer deur. Maak met die tamatie-blikkie groente-aftreksel aan en gooi in. Geur met sout en peper. Laat prut ‘n halfuur.
• Gooi 250mL room by en laat nog ‘n kwartier prut. Gooi mossels of seafood mix en tagliatelle of pasta in pot en roer deur. Prut vir kwartier tot deur warm.
Jong, dis lekker! Ons eet hom dat hy bars! Ek is nou so lus daarvoor, ek maak sommer vanaand!
Geniet dit!