Page 1 of 1

Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 12:18 pm
by Ashley
Ek glo die slim ouens hier sal kan help;

Ek wil net weet watse aksie het my 7x57 Musgrave. Al wat op die aksie staan is Musgrave Mod90.

Dankie

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 12:20 pm
by Supacow
Dis die Mod90 aksie ;D

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 12:29 pm
by Hein22
Ek het presies dieselfde geweer en hy is my hart se punt. Ek is geen expert maar sover my kennis strek is dit een van musgrave se eie aksies en is basies 'n verbetering van 'n mauser aksie. Die aksies sover my kennis strek was deur lyttleton engineering works in PTA gemaak.

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 1:02 pm
by Ashley
Ja uitstekende geweer Hein, nog in die goeie ou dae gebou ;)

Ek kry ook Lyttleton as ek oor Musgrave gewere oplees, maar sal dit beteken dit is n Lyttleton aksie of dalk n Musgrave aksie?
Want ek sien hulle het ook gewere gebou op RSA (dink dis enkelskoot?) en Santa Barbera aksies.

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 1:24 pm
by Frikkie Coetzee
Dis n MUSGRAVE MOD 90.

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 3:17 pm
by Triple2
the model 90 is one of the many success stories of Musgrave. the mod 90 is an improved version of the mod 80. the mod 80 was the first action that Musgrave took credit for designing an manufacturing completely on their own from scratch. the improvements the 90 had over the 80 are:
- new extractor
-feeding from the magazine was improved
-different safety
-they changed from the musgrave trigger to the Thor or Timney. so you can buy both today if there is something wrong with you trigger( which i doubt)
-both the 80 and 90 are well known for their of the shelf accuracy
- thew accuracy come from many aspects but they are well known for their good locking and so ensuring accuracy
-the bolt has very few free play

they built this action using calibers from 223-375. the action compares and feels much like a Sako action.

just spoke to a guy that worked for Musgrave for 15 years. he is a walking data base on all things Musgrave.



Vanaf Gunsite
Devan

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 3:21 pm
by Hein22
Weet julle of hulle ooit 9.3x62 in mod 90 gemaak het? Ek wil graag een koop maar het nog nooit een gesien nie.

Ashley jy sal nie verkeerd wees as jy hom 'n lyttleton of musgrave aksie noem nie - dit is inderdaad 'n eie musgrave produk.

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 4:54 pm
by Ashley
Dankie julle.
Ja daai 9.3 sal iets besonders wees in n Mod 90 ^-^

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Tue Oct 18, 2016 5:26 pm
by dehacked
Die mod90 aksie is lekker glad. Dalk is dit omdat hy in .270 gekamer is.

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Thu Oct 20, 2016 12:51 pm
by Hein22
So weet niemand of daar wel mod 90 gewere in 9.3x62 gekamer was nie?

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Thu Oct 20, 2016 3:30 pm
by James Wilson
Hein22 wrote:So weet niemand of daar wel mod 90 gewere in 9.3x62 gekamer was nie?

Ek het gou met Daan Els gepraat. Volgens hom was die mod 90 net op aanvraag gebruik in die 9.3.

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Thu Oct 20, 2016 4:08 pm
by Hein22
Dankie James. So daar is van hulle daar buite.. sal my oe en ore oop hou. As iemand weet van een asb!!!

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Thu Oct 20, 2016 5:05 pm
by Ashley
Sal my oë moet oophou, hys dalk n goeie belegging >:+

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Thu Oct 20, 2016 9:26 pm
by Bennie Bester
Ashley,
Daar was ook Musgrave Model 90 De Lux aksie. Dit is n "square bridge" aksie en die ringe skroef direk op die aksie. Ek het die aksie direk by Musgrave gekoop en later n 6,5x57 loop laat opsit by Musgrave vir my vrou as geskenk. Menige koedoe het voor daardie geweertjie geval.
Groete
Bennie

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Fri Oct 21, 2016 8:33 am
by Alwin
Die mod 90 aksie was 'n ontwikkeling op die mod 80 (selfde as mod 83) aksie. Die mod 80 en 83 het 'n ronde bokant gehad waarop jy die teleskoop-monterings kon vasskroef. Hulle het die Winchester mod 70 se basisse gevat. Sover ek weet, het al die model 90 aksies die swaelstert-monterings ingebou, waarop jy die ringe direk kon vasklamp, selfde konsep as 'n BRNO 600-reeks of CZ 550 reeks.

Hulle was beskikbaar in 3 lengtes, nl. kort (223 en 22-250), standaard (308, 30-06 ens.) en magnum (375 H&H ens.) Produksie was maar net vir 'n paar jaar, dus is hulle redelik skaars, veral die kort en magnum weergawes.

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Sat Oct 22, 2016 7:06 pm
by Bennie Bester
Alwin,
As jy mooi kyk na die foto van Ashley se aksie sal jy sien daar is monteer blokke op die aksie, waaraan die ringe vas is.
Ek het my aksie in 1993 gekoop. Die standaard aksie was R 800.00 en die de lux aksie was R 900.00.
Dit was vir my op daardie stadium baie ekstra geld, maar ek het maar deur gedruk en die duurder een gevat. Op daardie stadium was Thor (hulle was toe nog in Rooihuiskraal) die enigste wat my van ringe kon voorsien.
Ek kan ongelukkig nog nie fotos aflaai nie, dan sal jy defnitief die verskil tussen die twee aksies kon sien.
Groete Bennie

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Sun Oct 23, 2016 12:30 pm
by Alwin
Bennie Bester wrote:Alwin,
As jy mooi kyk na die foto van Ashley se aksie sal jy sien daar is monteer blokke op die aksie, waaraan die ringe vas is.
Ek het my aksie in 1993 gekoop. Die standaard aksie was R 800.00 en die de lux aksie was R 900.00.
Dit was vir my op daardie stadium baie ekstra geld, maar ek het maar deur gedruk en die duurder een gevat. Op daardie stadium was Thor (hulle was toe nog in Rooihuiskraal) die enigste wat my van ringe kon voorsien.
Ek kan ongelukkig nog nie fotos aflaai nie, dan sal jy defnitief die verskil tussen die twee aksies kon sien.
Groete Bennie
Bennie. Ja dankie, het weer mooi gekyk. Ek sien 3 verskillende gewere op die 3 foto's. Kan dalk dieselfde geweer wees, maar met 3 verskillende monterings. Bo: 2-stuk Lynx, middel: Weaver aluminium en onder: 1-stuk Lynx.

Die boonste foto wys duidelik 'n mod 90 met ronde bokant. Ek vermoed dis presies dieselfde aksie as die mod 80 en mod 83. Hulle het net die nommer "opgegradeer". Die deluxe is dan dieselfde ding, maar met die "double square bridge" met swaelstert monterings ingebou.

Is daar enige ander verskille tussen die 2 tipes, of is daar meer tipes?

Nogal jammer die ou Musgrave bestaan nie meer nie. Hulle het darem baie netjiese werk gelewer teen bekostigbare pryse.

Groete.

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Sun Oct 23, 2016 6:46 pm
by Banzo
Hier is my Mod90 in 30-06, dis die De Luxe model met die double square bridge. Huidiglik met Thor ring mounts. http://i1104.photobucket.com/albums/h339/Banzoey/Mobile%20Uploads/20160214_154330_zpsy6upqzyo.jpg

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Sun Oct 23, 2016 8:36 pm
by Bennie Bester
Baie dankie Banzu. Jurgen Visser sal ook n foto van my aksie aflaai.
Groete
Bennie

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Sun Oct 23, 2016 9:44 pm
by Alwin
Musgrave Mod 80.jpg
Hier is 'n foto van 'n Mod 80. Lyk na 'n vroeë model, die reeksnommer begin met M100-

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Mon Oct 24, 2016 12:29 am
by Jurgen Visser
Bennie Bester wrote:Baie dankie Banzu. Jurgen Visser sal ook n foto van my aksie aflaai.
Groete
Bennie
Gaan more deur die dag vir jou probeer doen Bennie

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Mon Oct 24, 2016 7:51 am
by Jurgen Visser
Bennie Bester wrote:Baie dankie Banzu. Jurgen Visser sal ook n foto van my aksie aflaai.
Groete
Bennie
Ek hoop die foto kom op ou Bennie

Re: Watse aksie het my Musgrave?

Posted: Mon Oct 24, 2016 7:52 am
by Jurgen Visser
Bennie se Du Lux aksie