Page 1 of 1

lekker windbuks scope

Posted: Thu Oct 20, 2016 4:22 pm
by vossie1
Dag meneere, watse scope kan ek op die cz200s sit wat hom sal komplementeer, ek het n nikon pro staff 4-12x40 wat nog basie splinter nuut is maar hy het nie paralaks verstelling nie. Sal hy werk of het julle enige voorstelle.

Re: lekker windbuks scope

Posted: Thu Oct 20, 2016 4:50 pm
by Gawie(13mm)
Waarvoor gaan jy hom gebruik?
Ek het 'n BSA 3 tot 12 met AO op myne en hy is goed genoeg om krans duiwe tot op 50 m in die kop te skiet.
Ek het so 'n spesmaas dat hul nou so R 1200 kos.

Re: lekker windbuks scope

Posted: Thu Oct 20, 2016 8:26 pm
by Hein22
Vossie, wat wil jy doen met die geweer. Hier is hoekom ek vra...

Ek wou veldteiken skiet met my pcp en daarvoor het jy baie vergrooting (40-50x) nodig. Die probleem hiermee is dat jy heeltyd paralaks moet stel. Ek het toe nooit by die veldteiken skiet uitgekom nie en die konstante paralaks stel het my begin pla, toe verkoop ek maar die scope. Nou het ek 'n 3-9x Bushnell op en geniet die skiet baie meer.

Vandag se pcp windbukse skiet uiters reguit en jy sal verbaas wees wat jy met 'n sightron s3 10-50x kan doen maar vir net lekker speel dink ek die 3-9x of 4-12x is 'n beter opsie.

Re: lekker windbuks scope

Posted: Fri Oct 21, 2016 8:46 am
by vossie1
Dankie Hine en Gawie, ek gaan maar basies doen wat julle doen, ek gaan nie super betrokke raak nie ek soek net n lekker speelding vir oefen en die od pes tot op 50m klits so ek dink daai nikon 4-12 wat ek het gaan die job mooi doen. Ek het nou wel nie paralaks verstelling nie maar sal maar eers kyk wat hy doen.

Re: lekker windbuks scope

Posted: Fri Oct 21, 2016 8:54 am
by Mukiwa
Vossa,

Ek het vir jou n lekker S&B' tjie :laugh: :laugh: :laugh:

Re: lekker windbuks scope

Posted: Fri Oct 21, 2016 9:01 am
by vossie1
Jy is lastig, ek ry nie voor in die kar nie ek sit nog agterop S&B is net vir die manne wat al skuim pee. ha ha

Re: lekker windbuks scope

Posted: Fri Oct 21, 2016 9:12 am
by Gawie(13mm)

Re: lekker windbuks scope

Posted: Fri Oct 21, 2016 10:05 am
by JTM
Daai BSA is reg , maar dieselfde reeks word onder Gamo ook bemark. Dan is Hawke ook 'n goieie opsie. Hulle parallax is net reg.

Die Pro-staff kan werk, maar jy sal moet die voorlens dalk moet verstel om die paralax aan te pas vir die korter afstande.

Re: lekker windbuks scope

Posted: Fri Oct 21, 2016 10:33 am
by vossie1
Thanks Jannie ek hou nogal van die hawks