Naand Manne
My jongste GSP is nou n jaar oud en geweldig gesukkel dat sy moet iets gaan haal wat geskiet is.
Ons gebruik hulle vir retrieve van makoue en ganse, ek het haar nou daar dat sy duiwe gaan haal en bring.
Die hond is bitter gehoorsaam en werk lekker maar sy weier om n gaans of eend terug tebring.
Hou ek haar eers op duiwe of is ek oor haastig? My ouer hond is 4 jaar sy jag dat dit bars maar het nie ore nie so ek werk hulle afsonderlik. Hulp sal wardeer word.
Groete.
Hulp met GSP
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Hulp met GSP
Ek luister graag saam, ek sukkel omtrent met dieselfde probleem.
Is sy bang vir die ganse/makoue? Iemand het vir my gesê dat hulle net gewoont moet raak aan die reuk en smaak van die ganse/makoue. Hy het gesê dat mens die voël aan 'n tou moet vasmaak, rondsleep en daarmee moet speel totdat sy gemakliklik is daarmee...

Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- shottie
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed May 06, 2015 6:50 pm
Re: Hulp met GSP
Wynand, ja sy is sy sal gaan tot by hulle maar raak nie aan hulle nie, was eers so met duiwe ook maar die gaan haal sy nou darem. Jou hond kom nie dalk van Worcester af nie?Forester wrote:Ek luister graag saam, ek sukkel omtrent met dieselfde probleem.
Is sy bang vir die ganse/makoue? Iemand het vir my gesê dat hulle net gewoont moet raak aan die reuk en smaak van die ganse/makoue. Hy het gesê dat mens die voël aan 'n tou moet vasmaak, rondsleep en daarmee moet speel totdat sy gemakliklik is daarmee...
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Hulp met GSP
Myne doen omtrent dieselfde en is dieselfde ouderdom... Sy kom van Pretoria, Lochnerheim kennels. Wat ek wel gesien het toe ons laas gaan ganse skiet het is dat sy met genoeg aanmoediging en tyd wel begin het om die gans nader te bring, al was dit net bietjie vir bietjie...
Laat weet asb as jy 'n oplossing kry, ek sal dieselfde doen...
Laat weet asb as jy 'n oplossing kry, ek sal dieselfde doen...
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Hulp met GSP
n hond vat makliker n gans wat in water geval het as op die grond en dan later op grond
- Edu
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Tue Aug 02, 2016 4:09 pm
Re: Hulp met GSP
Het die Wingshooters nie iemand of afdeling wat mens kan kontak vir opleiding in die verband nie?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Hulp met GSP
My pa het baie honde afgerig, redelik suksesvol. Ek kan onthou jong ligte honde hou nie van swaar goed optel en bring nie. Dis hoekom sy nou die duiwe wel bring. Soos sy ouer en sterker word sal sy wel die groter goed begin dra.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution