Page 1 of 1
Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 12:13 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne
Wil hoor by julle manne of daar van julle is wat ook wildswors vir julle maak met slegs vark vleis en vark spek by? Se maar n' batch van 30 kg wildswors waarvan 21 kg wildsvleis is, en 4 kg vark met bietjie spek aan (crops)en dan 5 kg skoon vark spek by.
Ek gaan maar altyd die duur roete en sit helfde bees vleis en brisket vet by, maar het onlangs by n' vriend wildswors geeet wat slegs vark en spek by gehad het, wat heel lekker vir my was.
Nou begin ek wonder of dit regtig al daai geld werd is om die duur roete te gaan, veral met wat die kostes nou is.
Hoor graag van julle
Groete
Chris
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 12:27 pm
by ANDRIES
Ek sit varktrimmings by 60/40(vleis/spek).
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 12:31 pm
by Jean Marais
Is vark nie geneig om galsterig te raak nie?
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 1:00 pm
by Bierseun
10 kg Vark lies kan ook werk as jy nie spek kan kry nie.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 1:06 pm
by Boesman10
Ek soek so min as moontlik byvoegsels by my wilds wors so voeg net 10% skaapvet by. Vir droe wors voeg ek 15% skaapvet by. By my maalvleis hou ek dit suiwer en voeg niks vet daarby nie.
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 1:49 pm
by Jurgen Visser
Alles bo werk lekker , maar ek het gevind vark vet raak galsterig na so ses maande in die vrieskas , daarom bly ek maar by die bees brisket saam my braai wors (30%) en skaap stert vet vir my droe wors (10%) dit is maar net my 1c
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 2:02 pm
by Chris (vdB)
Lyk my daar maar nie n' kort pad nie, as jy ordentlike wors wil he, moet jy maar op dok
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 2:07 pm
by alecjohnson
Jurgen Visser wrote:Alles bo werk lekker , maar ek het gevind vark vet raak galsterig na so ses maande in die vrieskas , daarom bly ek maar by die bees brisket saam my braai wors (30%) en skaap stert vet vir my droe wors (10%) dit is maar net my 1c

Jy eet te stadig!

Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 2:08 pm
by Riaan Beeslaar
Jurgen Visser wrote:Alles bo werk lekker , maar ek het gevind vark vet raak galsterig na so ses maande in die vrieskas , daarom bly ek maar by die bees brisket saam my braai wors (30%) en skaap stert vet vir my droe wors (10%) dit is maar net my 1c
Ek gaan ook dieselfde roete
Groete
Riaan
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 2:11 pm
by Dirkonius
Boesman10 wrote:Ek soek so min as moontlik byvoegsels by my wilds wors so voeg net 10% skaapvet by. Vir droe wors voeg ek 15% skaapvet by. By my maalvleis hou ek dit suiwer en voeg niks vet daarby nie.
Ek maak ook soos Boesman. Dit proe maar net lekkerder vir my en my gesin.
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 2:16 pm
by Bennie Bester
Chris,
Ek maak al 20 jaar wildswors met varkspek en bietjie vark. My gesin en almal wat dit eet is mal daaroor. Die raklewe is vir my 3 maande. So ek maak nooit meer as 2 tot 3 mnde se voorraad op n slag nie. Ek vries my worsvleis in 22.5 kg pakke en hou dit totdat die "batch" op is en dan maak ek een aand na werk nog nuwe batch. Ek sou ook nie graag winkel wors wat 6 maande oud is, wou eet nie.
Groete Bennie
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 4:05 pm
by Apie
Wors is maar soos meeste mans....
Die beste het maar so bietjie vark in
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 5:40 pm
by finch
Ek vat eerder n bietjie vark as wat ek daai winkel "waterbuffel" of wat ookal in die retailers se "wors" in gaan.
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 6:03 pm
by Parker
Bennie Bester wrote:Chris,
Ek maak al 20 jaar wildswors met varkspek en bietjie vark. My gesin en almal wat dit eet is mal daaroor. Die raklewe is vir my 3 maande. So ek maak nooit meer as 2 tot 3 mnde se voorraad op n slag nie. Ek vries my worsvleis in 22.5 kg pakke en hou dit totdat die "batch" op is en dan maak ek een aand na werk nog nuwe batch. Ek sou ook nie graag winkel wors wat 6 maande oud is, wou eet nie.
Groete Bennie
Ditto. Presies net so maar doen dit in 10 kg wildsvleis pakke in die vrieskas en dan net so 4 kg vark(50/50) by. Met jou spice en nat bestanddele by loop die batch so hier by 15 kg. Werk goed vir my, vet kry nie kans om galsterig te raak nie. Hierdie is n "goeie" voorraad vir so plus minus ongeveer omtrent moontlik 2 maande. Hang net af wie kom kuier. Eie familie dan so 2 maande skoonfamilie dan so ses maande(braai dan maar min swaer!)
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Mon Nov 07, 2016 9:12 pm
by Konrad308
Ek maak batches soos volg. 18kg wilds vleis, 2kg bees stert vet, 1kg water, 500gram worcester sous en 1kg wors spice batch pak. Ek gooi dan so hand vol gemaalde swart peper by en maal dit. Gooi dan 1kg vark spek in blokkies gesny by en stop jou wors. Dit kom elke keer vrek lekker uit.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Tue Nov 08, 2016 2:05 pm
by Kubus
Ek het oor die jare die volgende kombinasies getoets:
Wild + vark en varkvet,
Wild + bees en beesvet,
Vir die laaste 10 jaar is my kombinasie as volg:
Wild (18 tot20 Kg) + ontbeende heel persiese vetstert skaap (ongeveer 12kg ontbeen) en dan n pak speserye, asyn en bietjie worcestersous.
Raak nooit galsterig nie, en vrek lekker.
Re: Wildswors -slegs vark en vark spek by?
Posted: Tue Nov 08, 2016 4:04 pm
by Chris (vdB)
Kubus wrote:Ek het oor die jare die volgende kombinasies getoets:
Wild + vark en varkvet,
Wild + bees en beesvet,
Vir die laaste 10 jaar is my kombinasie as volg:
Wild (18 tot20 Kg) + ontbeende heel persiese vetstert skaap (ongeveer 12kg ontbeen) en dan n pak speserye, asyn en bietjie worcestersous.
Raak nooit galsterig nie, en vrek lekker.
Kubus die kombinasie van jou met die persiese skaap by klink vir my na n' wenner