Page 1 of 1
Hulp met muskiete
Posted: Tue Nov 08, 2016 6:27 am
by Geno
More manne.
Ons sukkel vreeslik met muskiete in en om die huis.
Wat kan ek spuit wat nie skadelik vir diere of kinders is nie? Ek wil die muskiete darm ook doodmaak en nie net weg hou nie.
Groete
Re: Hulp met muskiete
Posted: Tue Nov 08, 2016 6:58 am
by Jakkalsgat
More Geno
Spuit Fendona vir 'n begin (help ook vir vliee en miere), glad nie skadelik vir mens of dier en jy kan binne in die huis ook spuit.
Hulle broeiplek is maar rondom water (swembad en visdam) en vleie, spuit maar daar ook.
Re: Hulp met muskiete
Posted: Tue Nov 08, 2016 7:00 am
by Geno
Dankie Jaco.
Ek sal kooperasie toe gaan en gaan kry.
Re: Hulp met muskiete
Posted: Tue Nov 08, 2016 7:18 am
by joe rocket
Fendona hou so twee na drie maande dan moet jy weer spuit. Wanneer n vlieg op die muur kom sit vrek hy. Die ander opsie is om baie knoffel te eet en rum te drink.

Re: Hulp met muskiete
Posted: Tue Nov 08, 2016 7:41 am
by tripodmvr
joe rocket wrote:Fendona hou so twee na drie maande dan moet jy weer spuit. Wanneer n vlieg op die muur kom sit vrek hy. Die ander opsie is om baie knoffel te eet en rum te drink.

Mammie wil dan ook nie aan jou byt nie

Re: Hulp met muskiete
Posted: Tue Nov 08, 2016 7:41 am
by Carl
Geno,
Vir middel van die droogte is die muskiete vrek erg die jaar! Die gif is sommer ook meer jukkerig.
Beste plek om te spuit is in al die donker skadu dele in en om die huis. Ek bou nou en stap noudie dag in die "mancave" wat redelik toe is, klink soos ' swerm bye wat opstyg.
Onthou net enige gif is nog steeds gif vir mense. Muskiet net vir die klein ding werk ook goed.
Joe, ek dink ek gaan die rum in 'n glas langs die bed los, Hopelik suip die muskiete eerder alles op en pass uit - hulle is amper so erg soos seerowers hier.
Re: Hulp met muskiete
Posted: Tue Nov 08, 2016 8:01 am
by Apie
Fendona
Mure, gordyne, plafonne, om jou toilette in daai donker hoekies.
Buite teen jou mure.
Werk soos n droom!
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Hulp met muskiete
Posted: Tue Nov 08, 2016 8:15 am
by EtienneA
Teknar. Spuit by moontlike broeiplekke.