Page 1 of 3
Enige Spyderco fans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 12:08 pm
by Supacow
Of deel jul ander brandlove hier
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 3:15 pm
by alecjohnson
Leatherman vir elkedag dra, victorinox in kombuis, Grünter slag hier en daar 'n ander mes maar min....
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 3:18 pm
by Stefan764
Wou nogals so drie of wat dae terug dieselfde vraag vra hehe.
Jip, ek is ook n Spyderco man. Oom Maurie my geleer van die messe en toe ek die eerste keer sien hoe n knipmes n blesbok se borsbeen met een hou oopruk my ook een aangeskaf.
Ek dra die Delica 4 met die Emerson gaatjie in
Groete
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 3:41 pm
by Johan JvR
Ek het onlangs vir my 'n spyderco mule in maxamet staal aangeskaf.
Probeer nou my bes om hom stomp te kry.
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 3:46 pm
by Eduard Venter
My gunsteling elke dag dra mes sover was my Kershaw clash maar eendag sal ek seker upgrade na 'n spyderco toe. Die goed is net vrek duur!
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 3:48 pm
by Stefan764
En hulle raak net duurder
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 3:59 pm
by JTM
Ek is mal oor Spyderco, maar haat die prys. My Buck moet maar diens doen. Die biltong wat dit kerf smaak net soos daai wat die Spyderco kerf.
Ek het onlangs verneem dat daardie ronde duimgat in die Spyderco lem gepatenteer is deur hulle. Dus moet ander vervaardigers maar ander forms kies vir hulle gate.
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 4:26 pm
by Supacow
Die Muil lyk nogal stout. Waar skaf man hom aan? Koste?
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 4:29 pm
by spekieries
Ander brand wat ek van hou is Ontario RAT van AUS 8 staal. Waarde vir geld is Opinel se vleklose staal reeks van 12c27 Sandvik staal. Eenvoudig, lig en slag soos 'n droom.
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 4:33 pm
by Supacow
Stem met daai Opinel waarde
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 4:34 pm
by Geno
Ek het nogal gedink om te spaar vir 'n Spyderco na ek die een gesien het wat Gé se vrou hom vir sy verjaardag gegee het.
Maar toe loop ek vandag in 'n genuine Emerson Super Commander vas vir 1/13de van die normale prys in Cash Converters...
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 4:51 pm
by Supacow
Watter een het G?
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 4:58 pm
by Geno
Supacow wrote:Watter een het G?
Ek dink syne is die Endura 4.
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 5:09 pm
by spekieries
Verstaan my nie verkeerd nie, Spyderco is baie ordentlike messe. Die verskil tussen al die messe op die mark is maar die lemstaal en dan die afwerking. Geno van watse staal is die Emerson gemaak?
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 5:10 pm
by Geno
Die een wat ek gekoop het is as volg:
Handles
Black G-10 epoxy / glass laminate
Lock
Aerospace grade Titanium
Blade
154 CM
Finish
Black
Grind
Conventional V Grind
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 5:13 pm
by spekieries
Jo- ma- we, het jy gesien wat kos daai Emerson nuut. Ek sien dit is 154 cm wat baie goeie staal is. Dit was die bargain van 'n leeftyd, wat het jy betaal?
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 5:18 pm
by Geno
spekieries wrote:Dit was die bargain van 'n leeftyd, wat het jy betaal?
Verseker!
Ek het die mes vanoggend daar gesien toe ek 'n Dremel tool gesoek het en notas gemaak van hoe alles lyk op hom. Ek is huistoe, waar ek navorsing gedoen het oor fakes vs. regte Emersons. Na ek tevrede was dat ek die regte een gekry het, het ek terug gegaan en hom gaan koop. Die mes het so bietjie gewerk al, maar dis niks wat 'n goeie strip en deurgaan nie kan uitsort nie. Die lem is nog baie mooi.
WhatsApp Image 2016-11-08 at 15.26.23.jpeg
WhatsApp Image 2016-11-08 at 15.25.15.jpeg
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 5:21 pm
by spekieries
Nee blikskottel party manne het al die geluk. Baie geluk dit is 'n kwaliteit lem daardie.
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 5:41 pm
by Pappabeer
Die Emerson Commander is n bul van n mes. So ook die Coldsteel AK-47 reeks.
Spyderco maak goeie messe. Ek het wel al twee Spyderco Rescue 93mm messe gebreek, maar tot hulle krediet het hulle beide vervang. Ek is nou op nommer 3. Ek wissel n Military titanium en Tenacious met G-10 af vir elke dag dra. Die tenacious se 8CR13 staal is glad nie vergelykbaar met die S30V van die Military nie, maar reflekteer ook so in prys.
Ek het nog n G-10 Police en n paar ander Spydercos wat rondlê wat ek nog nie werklik gebruik het nie. Die Military is beslis die mes wat die hardste kan werk wat ek nog het.
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 6:57 pm
by Arnold
Ek hou nogal van Spyderco
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 7:27 pm
by Johan JvR
Supacow wrote:Die Muil lyk nogal stout. Waar skaf man hom aan? Koste?
Jong ek moes maar hoes en by Spyderco direk bestel. Maar dit was die moeite werd. Die handvatseltjies kom van Halpern titanium af.
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 7:49 pm
by Dries101
Dra n Paramil 1 al vir die laaste 10 jaar- so veel so dat ek my CR sebenza verkoop het. As ek fancy voel dan klim my Skellern ex in die sak. Maar dit gebeur min.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 7:55 pm
by wlm
Ek het een gekoop omdat ek gehoor het dat Spyderco so 'n bul van 'n mes is. Moet se^ my Opinel skop sy gat van Maandag tot Sondag. Net so skerp, beter "ergonomics" en die houthandvatsel skeur nie my sak se voering nie.
Ek het nog nie die vlekvrye staal Opinel getoets nie want ek vrek oor 'n koolstofstaallem.
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 8:35 pm
by Arnold
Indien iemand belangstel ek het n nuwe Endura 4 te koop en gaan moontlik my gebruikte Delica 4 ook van die hand sit ...
Re: Enige Spydercofans?
Posted: Tue Nov 08, 2016 8:42 pm
by Broadbandboer
As die Spinnekop jou byt is dit verby. Ek edc 'n civillian met 'n boere plan "emerson zip tie." Hy het nog niks gesny nie. Maar ek vertrou dat die dag as ek hom nodig kry hy uitstekend gaan werk.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161108/4933515756455f85271468079f8d464b.jpg
My plaasmes waarmee ek sny en in die grond vroetel om te sien of die mielies ontkiem is 'n tenacious. Ek het nou nie so groot bargain soos Geno gekry nie maar ek het R750 vir hom betaal met leer belt sakkie. Ek is nie jammer vir hom nie en na die lansky en leer strop is hy skeerskerp. Die staal is volgens die manne wat weet nou nie die heel beste nie maar hy bly maklik 3 keer langer skerp as die buck wat hy vervang het.
As julle tyd het gaan loer na die Spyderco Farid Mehr K2. Dit is 'n meneer.
Ek het ook op 'n ou afgekom wat messe direk verkoop. Sy pryse en diens is baie beter as die winkels sin. As julle belangstel pm my dan gee ek julle sy nommer.
Sent from my iPhone using Tapatalk