Page 1 of 1
Motivering vir versamelaar?
Posted: Thu Nov 10, 2016 8:41 am
by Jake1
Het iemand vir my n voorbeeld van n motivering vir versamelaars. Die aansoek is gegrond op n tipe aksie van die geweer (straightpull blaser)
Ek sal net graag wil kyk hoe lyk enige uiteensetting van n versamelaars aansoek.
Re: Motivering vir versamelaar?
Posted: Thu Nov 10, 2016 9:07 am
by Alwin
Versamelaars se lisensie-aansoek motivering werk anders as die van bv. jagters of sportskuts. Al wat jou aansoek hoef in te hê is jou SAPS271 en die stawende dokument van jou vereniging wat die aansoek goedkeur. Plus natuurlik al jou ID kopië, bewyse van lidmaatskap, fotos van kluis ens. Geen verdere geskrewe motivering.
Die motivering vir die spesifieke wapen gaan aan jou vereniging wat die bg. dokument moet uitreik. Daarin moet jy verduidelik hoe die spesifieke wapen in jou veld an tema inpas. Jy behoort dan ook hulp van die vereniging te kan vra met hierdie proses.
Let ook op die spesifieke vereistes vir versamelbaarheid soos vervat in die wet en regulasies.
Re: Motivering vir versamelaar?
Posted: Thu Nov 10, 2016 1:00 pm
by blaser
hoeveel blasers het jy
Re: Motivering vir versamelaar?
Posted: Thu Feb 23, 2017 3:25 pm
by Jake1
Alwin wrote:Versamelaars se lisensie-aansoek motivering werk anders as die van bv. jagters of sportskuts. Al wat jou aansoek hoef in te hê is jou SAPS271 en die stawende dokument van jou vereniging wat die aansoek goedkeur. Plus natuurlik al jou ID kopië, bewyse van lidmaatskap, fotos van kluis ens. Geen verdere geskrewe motivering.
Die motivering vir die spesifieke wapen gaan aan jou vereniging wat die bg. dokument moet uitreik. Daarin moet jy verduidelik hoe die spesifieke wapen in jou veld an tema inpas. Jy behoort dan ook hulp van die vereniging te kan vra met hierdie proses.
Let ook op die spesifieke vereistes vir versamelbaarheid soos vervat in die wet en regulasies.
Goeie dag Alvin, jammer ek kom nou eers terug oor onderwerp, moet die aansoek dan wat polisie toe gaan ook sasseta en of statement of results en opleidingsertifikate byhê?
Re: Motivering vir versamelaar?
Posted: Thu Feb 23, 2017 4:34 pm
by Alwin
Jake1 wrote:Alwin wrote:Versamelaars se lisensie-aansoek motivering werk anders as die van bv. jagters of sportskuts. Al wat jou aansoek hoef in te hê is jou SAPS271 en die stawende dokument van jou vereniging wat die aansoek goedkeur. Plus natuurlik al jou ID kopië, bewyse van lidmaatskap, fotos van kluis ens. Geen verdere geskrewe motivering.
Die motivering vir die spesifieke wapen gaan aan jou vereniging wat die bg. dokument moet uitreik. Daarin moet jy verduidelik hoe die spesifieke wapen in jou veld an tema inpas. Jy behoort dan ook hulp van die vereniging te kan vra met hierdie proses.
Let ook op die spesifieke vereistes vir versamelbaarheid soos vervat in die wet en regulasies.
Goeie dag Alvin, jammer ek kom nou eers terug oor onderwerp, moet die aansoek dan wat polisie toe gaan ook sasseta en of statement of results en opleidingsertifikate byhê?
Hierdie dokumente is slegs nodig vir Bevoegdheids-aansoeke. As jy alreeds 'n bevoegdheidssertifikaat het, heg net 'n afskrif aan. (Ek weet daar is sommige DFO's wat hulle eie reëls maak, maar myne het nie strooi nie.)