Page 1 of 1
ARTEMIS MODEL PR900W 5.5mm
Posted: Thu Nov 10, 2016 3:10 pm
by Kolhasie
Ken enige iemand die PCP?
Ek soek asb meer inligting oor die PCP asb en of dit die moeite werd is om te koop vir R3000 met sy scope.
Groete KH
Re: ARTEMIS MODEL PR900W 5.5mm
Posted: Thu Nov 10, 2016 4:26 pm
by Kolhasie
Niemand?
Re: ARTEMIS MODEL PR900W 5.5mm
Posted: Thu Nov 10, 2016 8:51 pm
by tripodmvr
KH, ek het 'n Arthemis Khan 12br O/U haelgeweer gekoop wat al verskeie slagpenne gebreek het. Dit het sy koopprys al amper verdubbel. My spreekwoord is al dat hy nie khan skiet nie. Miskien verras die PCP jou. Ek het egter my bedenkinge. As jy koop en hy werk goed, laat weet my gerus. Dit is voorwaar 'n winskoop teen daardie prys.
Re: ARTEMIS MODEL PR900W 5.5mm
Posted: Fri Nov 11, 2016 7:17 am
by Yogi
As ek dit nie mis het nie, is die model PR900W dieslefde as die SPA predator. Snow peak Airrifles. Klomp mense "brand" hom net anders maar die model naam bly dieselfde.
Het een vir my laaitie gekoop, bietjie werk gekos om als reg te kry, nuwe seels ingesit, silencer opgesit(sonder is hy baie loud) maar vir die prys dink ek is hy 'n baie goeie kopie.
Skiet nogal lekker vir die prys.
Re: ARTEMIS MODEL PR900W 5.5mm
Posted: Fri Nov 11, 2016 7:42 am
by Kolhasie
Baie dankie almal. Ek dink ek gaan maar die kaans vat.
Groete KH
Re: ARTEMIS MODEL PR900W 5.5mm
Posted: Sun Jun 08, 2025 12:29 pm
by Piet375
Hoe het dit toe uitgewerk? Iemand wat ek ken het een gekoop en my gebel want hy kry hom nie gezero nie. Na helse gesukkel kom ek toe agter die ding het nie gegulator in nie en dit is hoekom hy sy skoote so 'string'. Was noglas goeie oefening om die ding jultyd te pomp, myself belowe nooit weer nie.
Re: ARTEMIS MODEL PR900W 5.5mm
Posted: Mon Jun 09, 2025 10:56 am
by Kolhasie
Hai Piet. myne weg gegee......
Re: ARTEMIS MODEL PR900W 5.5mm
Posted: Mon Jun 09, 2025 12:35 pm
by Piet375
Wyse man.... Jy sal die ding se druk baie konstant moet hou vir die ding om akuraat te wees. Lewe is te kort om so te sukkel