Page 1 of 1

Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Tue Nov 22, 2016 9:19 am
by Vasbrand
Middag mense

Ek het huidiglik n Boyds thumbhole kolf op my Howa en wil moontlik opgradeer na n ander/beter kolf.

Dit voel vir my of ek sukkel om elke keer my wang op presies dieselfde plek neer te sit. Dis elke keer rond skuif om die regte plek te kry.

Watse kolwe sal julle voorstel? Ek is 1.99m lank en weeg 140kg so die kolf sal verstelbaar moet wees.

Ek neig na die GRS Berserk op die oomblik. Sy prys op die oomblik is ook nie sleg nie.

Groete

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Tue Nov 22, 2016 9:26 am
by Gian_dP
GRS Beresek is baie lekker kolwe. Verstel vinnig en maklik.

Jy kan ook Boyds Pro-Varmint met verstelbare wangstuk en custom LOP by Geno bestel. Ander lokale opsies is n Smoking Guns kolf of dat iemand jou kolf verstelbaar maak. Ek weet Michael Barraball ( kyk na MG Rifle stocks op Facebook) in Kaapstad het al wangstukke vir die Boyds thumbhole kolwe gepas en kan verstelbare skouerstuk ook maak om LOP aan te pas.

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Tue Nov 22, 2016 2:11 pm
by Vasbrand
Dankie Gian_dP, sal biki oplees oor die ander kolwe soos j genoem het.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Tue Nov 22, 2016 6:17 pm
by Ashley
+1 vir die GRS Berserk.
Ek het self n thumbhole kolf wat en beplan om met so ene te vervang.

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Tue Nov 22, 2016 7:31 pm
by Chris (vdB)
Wat prys die GRS Berserk kolwe nou?

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Tue Nov 22, 2016 7:47 pm
by edwill
So R8000

Sent from my PSP5508DUO using Tapatalk

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Tue Nov 22, 2016 8:36 pm
by WicusdP
Skiet ook met Berserk. Baie gelukkig.
Aan die begin moet jy effens gewoond raak om geweer waterpas te hou, maar jy raak dit vinnig gewoond.
Sal nie skroom om weer die roete te gaan nie....

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Wed Nov 23, 2016 7:57 am
by Capt. Yoda
Vir n LR roer (neem aan dit is vir een want die is die LR afdeling) sou ek na iets meer in die lyn van n McMillan A5 gekyk het, obviously gaan jy nie daai kolf vir R8000 op tel nie maar ek sou vir iets in daai lyn gesoek of laat bou het. Vir R8000 kan jy n lekker kolf laat bou soos jy hom wil he wat beter as daai GRS gaan werk

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Wed Nov 23, 2016 8:17 am
by Apie
Capt. Oblivious wrote:Vir n LR roer (neem aan dit is vir een want die is die LR afdeling) sou ek na iets meer in die lyn van n McMillan A5 gekyk het, obviously gaan jy nie daai kolf vir R8000 op tel nie maar ek sou vir iets in daai lyn gesoek of laat bou het. Vir R8000 kan jy n lekker kolf laat bou soos jy hom wil he wat beter as daai GRS gaan werk
Hi Siebert

Gee jy om om te verduidelik?

Wat is die voordele/verskille tussen 'n McMillan en GRS?

Ek neem aan albei is verstelbaar ens ens

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Wed Nov 23, 2016 8:29 am
by Gian_dP
Grootste verskil is die "grip"
GRS sn is so 13 grade gekantel. Jy moet oog op jou level hou want jy is geneig om geweer te kantel as jy le en skiet.

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Wed Nov 23, 2016 8:35 am
by Apie
Gian_dP wrote:Grootste verskil is die "grip"
GRS sn is so 13 grade gekantel. Jy moet oog op jou level hou want jy is geneig om geweer te kantel as jy le en skiet.
As ek reg verstaan is die 'canted' grip is veronderstel om minder spanning op jou gewrig uit die lê posisie te veroorsaak?

Vir langer afstande is dit seker maar belangrik om altyd die level dop te hou, maak nie saak waste kolf nie?

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Wed Nov 23, 2016 8:41 am
by Capt. Yoda
Apie wrote:
Capt. Oblivious wrote:Vir n LR roer (neem aan dit is vir een want die is die LR afdeling) sou ek na iets meer in die lyn van n McMillan A5 gekyk het, obviously gaan jy nie daai kolf vir R8000 op tel nie maar ek sou vir iets in daai lyn gesoek of laat bou het. Vir R8000 kan jy n lekker kolf laat bou soos jy hom wil he wat beter as daai GRS gaan werk
Hi Siebert

Gee jy om om te verduidelik?

Wat is die voordele/verskille tussen 'n McMillan en GRS?

Ek neem aan albei is verstelbaar ens ens

Die A5 en soortgelyke kolwe soos Manner en B&C is baie swaarder wat die nommer een rede vir my sal wees, kolf hoef nou nie 30kg te weeg nie maar daai GRS weeg omtent niks nie. Die vertikale greep op die A5 is beter vir le en skiet, die A5 is reguit (4 kantig amper) wat beter gaan werk vir le en skiet met n lekker groot brie forend en as jy n sak agter met "ore" gebruik as jy skiet gaan die A5 met die groter plat deel wat op die sak kan ry ook beter werk. Persoonlik weet ek ook nie of ek met daai snaakse grip van die GRS sal reg kom nie, soos ek skiet sal hy nie werk nie maar die beste is maar om bq met een te speel dalk werk dit vir iemand anders

Re: Thumbhole kolf opgradeer vir Howa

Posted: Wed Nov 23, 2016 8:47 am
by Gian_dP
Apie wrote:
Gian_dP wrote:Grootste verskil is die "grip"
GRS sn is so 13 grade gekantel. Jy moet oog op jou level hou want jy is geneig om geweer te kantel as jy le en skiet.
As ek reg verstaan is die 'canted' grip is veronderstel om minder spanning op jou gewrig uit die lê posisie te veroorsaak?

Vir langer afstande is dit seker maar belangrik om altyd die level dop te hou, maak nie saak waste kolf nie?
Ek verkies die reguit greep, maar dit is bloot persoonlike keuse. As jy daaraan gewoond is, voel die gekantelde GRS vreemd. Seker jy sal daaraan gewoond raak.
Ek is ook nie mal oor die vinger groewe nie, weereens persoonlike voorkeur.