Page 1 of 1
Jakkies in die dag
Posted: Sat Nov 26, 2016 2:10 pm
by Malan123
Middag Menere. Dit tel nou nie as 'n dagroep nie, maar ek deel in elk geval so bietjie sukses. Ek en my vrou het laas naweek sommer bietjie gaan rond stap en ons nuwe plaas gaan verken. Meer berg klim as stap. Uit gewoonte gaan my geweer maar saam. Het 3 jakkalse in die middel van die dag plat getrek met my 300. 2 kleintjies en 1 groot reen op so 180m in die kop. Ongelukkig het ek nie fotos nie - na 'n 180 grein punt lyk dit nie so mooi nie. Mooi loop
Re: Jakkies in die dag
Posted: Sat Nov 26, 2016 6:28 pm
by dehacked
Lekker om te stap, beter om lood te gooi, beste as boer se vyand aan die ontvang kant is. Geluk meneer.
Re: Jakkies in die dag
Posted: Sat Nov 26, 2016 7:03 pm
by BeesBreet
Hi Malan, waar is die plaas?
Re: Jakkies in die dag
Posted: Sat Nov 26, 2016 7:07 pm
by Malan123
Dehacked, ek kon dit nie self beter se nie. BeesBreet, dis nie ver van jou af nie. Ons is daar in die Kamberg vallei.
Re: Jakkies in die dag
Posted: Sat Nov 26, 2016 7:53 pm
by BeesBreet
Ok, dankie ek is net agter die Kamberg self. Op die Lotheni pad uit...
Re: Jakkies in die dag
Posted: Sun Nov 27, 2016 7:12 am
by Malan123
Dan sal ons seker moet plan maak! Jy is glad nie ver van ons af nie. Ons plek is sommer net 'n naweek plaas.