Page 1 of 1
Nuwe sneller vir Lee Enfield wat befeel julle aan.
Posted: Sat Nov 26, 2016 2:47 pm
by 6mmMusgrave
Middag almal ek wil graag n nuwe sneller vir my 6mm insit wat op n lee enfield gebou is. Watter kry n mens als en wat sal julle aanbeveel.
Groete
Jacques
Re: Nuwe sneller vir Lee Enfield wat befeel julle aan.
Posted: Sat Nov 26, 2016 3:46 pm
by WSM
Middag Jacques
Ek sou 'n Thor aanbeveel het.
Hy is verstelbaar, het geen voortrek nie en redelik eenvoudig om te installeer.
Mooi bly
Re: Nuwe sneller vir Lee Enfield wat befeel julle aan.
Posted: Sat Nov 26, 2016 4:43 pm
by Giepie
Jacques, ek het 'n Lee Enfield No4Mk2 303 waar ek 'n Thor sneller in gesit het. Ek kyk nie 'n oomblik terug nie. Geen voortrek nie en verstelbaar, breek mooi skoon. Ek het die sneller by Thor self gekoop maar by 'n ander wapensmid laat insit, maar kan ongelukkig nie onthou wat die koste was nie.
Re: Nuwe sneller vir Lee Enfield wat befeel julle aan.
Posted: Sun Nov 27, 2016 7:38 pm
by Alwin
Die installasie van die Thor sneller is nogal belangrik. Soek 'n wapensmid wat dit al voorheen reggekry het. Afhangende van die model geweer, moet daar metaal verwyder word en gate geboor word. Die "half cock notch" gaan ook nie meer werk nie, wees maar versigtig as jy die gewoonte het om dit as veiligheids-knip te gebruik. As hy reg ingesit is, gaan jy die Thor sneller baie geniet.