416 of 458

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

416 of 458

Post by japievan »

Dagsê almal

Ek wil vir my n groter kaliber geweer kry. Het tans die 375 Ruger, maar soek nou iets groter. die rede hoekom ek iets groter soek ,is ek soek een. Het so bietjie rond begin kyk en rond vra, maar almal het verskillende opinies.

Gevolg trekkings is as volg:
416 is taamlik duur om te laai.
458 laai glo makliker.
458 komponente is meer beskikbaar.
458 WM kan skiet in 458 lott
458 WM ammunisie word vervaardig deur PMP.
416 is beter vir algemene jag

En dan as die kaliber besluit is, waste variant?

Wat is die slim manne se opinies? Ek luister graag.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 416 of 458

Post by DWB »

Japie, dis ñ lekker besluit!

Het jy al die groot manne geskiet?

Ñ 458 Lott is al ñ helse stap op van ñ 375 af.

Baie manne gaan sê die 375 en 416 is te naby aan mekaar.

Goed wat jy moet besluit en na kyk voor jy koop is:

Platvorm? Ñ rakgeweer is BAIE minder moeie as pasmaak. So kyk wat is beskikbaar in die geweer waarvan jy hou.

Koste van komponente in die groot goed verskil nie so baie soos wat mens dink.

Right, Ek gaan vêrder:

Dit is lekker om 'n groot kaliber te besit en te skiet, dit verg maar oefening om dit gewoond te raak en dit kan vinnig jou gunsteling roer in die kluis raak.

Ek jag als met my 404 in die bos, hoekom? Want ek kan!

As ek moet groter gaan is dit 450 Rigby, geen twyfel.

Die verskil in dop koste is wel hier sigbaar want die 450 se doppe is redelik duur.

Moenie een van hierdie roere eerste skoot uit die bench skiet nie, jy gaan onaangenaam verras word.

Doen navorsing, gaan lees op, Wouter het jou klaar die beste raad gegee deur Pierre vd Walt se boek te koop.

Jy kan nou al 'n CZ 450 Rigby van die rak af koop!
Last edited by DWB on Mon Nov 28, 2016 9:08 am, edited 1 time in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: 416 of 458

Post by ANDRIES »

Volgens my is die 416 Rigby die keuse.Ek het altwee en die Rigby se penetrasie is net soveel beter en skop ook baie minder as die 458.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 416 of 458

Post by Wouter Roets »

Japie

Jy gaan n magdom opinies kry. Beide kalibers het hulle doel en jou behoefte en aplikasie is die bepalende faktor in my opinie. Die 416'e is verseker die meer geskikte algemene kaliber met die 458's wat meer n spesifieke rol begin vul van dedicated grootwild kaliber, nie dat laasgenoemde ook aanpasbaar is nie. Die 416 het n waarneembare uitwerking op wild bo die 375'e waar die 458 weer n waarneembare verskil lewer bo die 416'e. So jy kan baiesies se die 458 is twee trappe bo die 375'e en die 416'e een.

Ek kan n boek skryf oor die verskillende rondtes in die onderskeie kalibers. Natuurlik het elkeen sy voor en nadele. Vra maar jou vra, meskien het mens n antwoord of twee.

Groetnis
Wouter
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Re: 416 of 458

Post by japievan »

DWB

Nee. Het nog nie een van hulle geskiet nie en dit is een van die redes hoekom ek bietjie skrikerig is om net 'n 458 te vat.

Wouter
Ek besef almal het sy eie en verskillende opinies, maar dit is juis deur die opinies te hoor dat ek 'n opinie sal kan vorm vir myself.
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: 416 of 458

Post by Thunderhead »

Ek het n 416 en het al met hom en 458 redelik wild algeskiet. As ek moes oor kies sal ek n 458 Winchester pre64 koop. Skiet 450gr uit hom. As jy hom nie hard laai nie dan is die skop niks om afgeskrik te word nie. As jy vinniger wil skiet kan jy hom laat Lott. Die 458 is goedkoper om met te skiet.

The best accessory to a big bore rifle is ammo. The more you practise the more you love the caliber.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 416 of 458

Post by ruaanb »

Ek is nie n kenner nie maar het Sat met 'n 458 lott geskiet. Was nogal 'n adrenalien rush.
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Re: 416 of 458

Post by japievan »

Ruaan

Dink dit is die rede.

458 Sabi?
User avatar
Mukiwa
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Fri Jun 05, 2015 8:18 am

Re: 416 of 458

Post by Mukiwa »

Japie,

Ek is nostalgies oor n paar kalibers en slegs vir daardie rede sou ek n .416 Rigby gekies het.

Iets om in gedagte te hou en van die manne met meer balistiese kennis kan dalk aanvul hier (of my regstel) is dat die laaidata van die .416 Rigby bykans argief is in die sin dat maks druk 47000psi is en gebaseer op 1911 en pre 1911 aksies ens. Daar is aanduidings dat met moderne aksies die .416 Rigby met gemak en veiligheid na heelwat hoer druk gelaai kan word, wat hom n perd van n ander kleur maak!!!

Ek stem met Deon dis n lekker besluit om te moet maak!!! ;D ;D ;D

Sterkte
Stephen
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 416 of 458

Post by Wouter Roets »

Japie

Ek het nie bedoel dat jy nie opinies kan/mag bekom nie, net dat jy magdom gaan kry. Die probleem met so vraag is dat die meeste manne sy spesifieke kaliber/rondte gaan goed praat. Dit is moeilik om met iemand te praat wat ondervinding het met n paar om sodoende n goeie ingeligte opinie te kry. n Mens kan ook nie bv n vraag vra oor hoe maklik laai die 458 nie, want daar is n magdom rondtes daar buite wat op die kaliber gebasseer is. n Mens kan tog verstaan dat n 308 Win verseker in die herlaai departement anders uitsien as n 300 Win Mag bv. Soos ek se ek kan jou vir ure besig hou met die goed.

As jy ooit in my wereld is is jy welkom om n draai te kom maak. Deur n skoot te skiet met die verskillende rondtes in die kalibers help al klaar om nie eers te praat van al die tegniese aspekte rondom dit ook nie.

Groetnis
Wouter
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 416 of 458

Post by Supacow »

Gaan groot.
So groot as moontlik anders gaan jy net weer jeuk >:D
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Re: 416 of 458

Post by japievan »

Wouter
Baie dankie vir die aanbod.

Supacow
Dan jeuk dit maar weer
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 416 of 458

Post by Wouter Roets »

japievan wrote:Ruaan

Dink dit is die rede.

458 Sabi?
Japie

Baie lekker rondte, maar in my opinie is daar baie wat teen hom tel. Beskikbaarheid/koste van doppe en dies. Vorming van doppe. Custom geweer deur Sabi. Beperkte magesyn kapasiteit.

In my opinie is daar beter keuses as jy die 458 kaliber in daai snelheid katogorie wil skiet. Jy sal moeilik bv verby die 450 Rigby kom. Die vraag is net of jy daai werkverrigting werklik nodig het? n 458 Lott bly n baie sinlike en logiese keuse in die kaliber.

Kry vir jou Pierre van der Walt se uitstekende African dangerous game cartriges vir lekker naslaan werk.

Groetnis
Wouter
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Re: 416 of 458

Post by japievan »

Dankie Wouter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 416 of 458

Post by DWB »

Japie, ek het nou bo vêrder geantwoord.

Ek stem saam met Wouter, daar is lekker opsies in 458 eg 458 Express, 458 Sabi, 460G&A ens ens, maar dan gaan jy jou eie sak begin seermaak!

Geniet die soek!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: 416 of 458

Post by Parker »

416 Rigby, want ek het een. n CZ. Gou n paar van jou "concerns" aanspreek.
1. Hy laai glad nie moeiliker as enige ander kaliber. Vorm, gooi kruit en laai jou koeëls en skiet hulle. My eerste sarsie rondtes het uitgewerk op ongeveer R130 n rondte. Dit sluit nuwe doppe, dies, kruit, koeëls(Barnes 400 gr) ens in. Natuurlik raak die tweede sarsie nou aansienlik goedkoper want jy koop nie weer dies en doppe nie. Waarvan die doppe my R2300 vir 50 gekos het so 2 jaar terug. Hierdie was seker die grootste uitgawe in die begin.
2. Ja hy skop hard maar tem hom maar met n Silent Hunter en die regte recoil pad. Baie maniere om die "groot" calibers bietjie te tem. Ek het ook so bietjie ander werkies laat doen aan my CZ wat hom nou heel gemaklik, selfs op die skietbank maak.
3. Jy kan ook die 416 met ligter koeëls laai om natuurlik n heel aangename (beperkte) vlakte geweer te maak vir bv grootwild. Dan het jy genoeg KE om sommer "dood" dood te skiet.
Maar nou ja dis my opinie. Hoop jy maak vir jouself die "regte" besluit en laat jou nie lei deur enige iemand nie. Dis immers jy wat met hierdie groothardegatstampende kalibers gaan skiet en jag.
Sterkte met jou besluit
Stoot lood!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 416 of 458

Post by DWB »

Parker wrote:416 Rigby, want ek het een. n CZ. Gou n paar van jou "concerns" aanspreek.

:o :o :o :o :o :o

Parker, ek wil jou nie in die gesig vat nie, maar daai is strafbaar! :laugh: :laugh: :laugh:
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 416 of 458

Post by Wouter Roets »

DWB wrote:

Sacrilege!!! En dan skryf mens dit nog in die openbaar!!! ;D

DWB, ek vat maar dan die ou straffie! Maar jy moet onthou.........ek sê altyd.....,..ek skiet nie so goed nie, maar ek skiet so graag! Daarom die nodige verstellingtjies om maar die skouer so bietjie te spaar as ek op die baan skiet.
Stoot lood!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 416 of 458

Post by DWB »

Kyk, van die bank af is die goed nie lekker nie, punt.

Maar ja, ek het nou al oor die 500 skote deur my 404 en na die naweek se BASA Shoot is my skouer so liggies styf vir die eerste keer in 'n lang ruk!

Dit bly lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: 416 of 458

Post by Umshwati Boy »

japievan wrote:Dagsê almal
Gevolg trekkings is as volg:
416 is taamlik duur om te laai.
458 laai glo makliker.
458 komponente is meer beskikbaar.
458 WM kan skiet in 458 lott
458 WM ammunisie word vervaardig deur PMP.
416 is beter vir algemene jag

En dan as die kaliber besluit is, waste variant?
1. 416 vs 458 in terme van kostes is afhangend van watse een jy skiet. 'n 416 Rem Mag is goedkooper teen 'n 416 Rigby en 'n 458 Lott, en nog baie meer teen 'n 450 Rigby. 3 Maande geleede het iemand hier nuwe Hornady 416 Rem Mag Doppe teen R800/50 geadverteer.

2. Ek het 'n 416 Rem Mag. Ek het nog nie probleme met Laai gehad nie.

3. 100-150 Doppe van enige Groot Kaliber, en jy sal vir baie jaare kan skiet.
Koeels is daar nou baie goeie Plaaslike vervaardigers so Impala (Vir Oefen), Peregrine, GSC etc waar jy van
die vervaardiger direkt kan bestel. Jy kan ook Cast Bullets in altwee gebruik, so ek dink nie een is beter as die
ander een.

4. Dit kan wel skiet, maar ek dink nie ek sou dit elke keer doen nie.

5. As jy laai het jy nie PMP se patrone nodig nie. Ek sal vir seker nie 'n Geweer koop omdat PMP die Patrone
maak.

6. Stem Saam.

Watse geweer wil jy koop?

As jy 'n Winchester wil he, kry jy 'n 416 Rem Mag, as jy 'n Ruger koop, is dit 'n 416 Ruger, as dit 'n CZ is, kry jy 'n 416 Rigby.

Baie keer hoor jy hoe die 375 en die 416 te naby aan mekaar is. Ek dink nie so nie. Laai 'n 250gr Mono in jou 375 en 'n 400gr in jou 416 en daar is virseker 'n spasie wat groot genoeg is.

Parker, ek dink daaran om vir my geweer 'n 416 Rem Mag te kry met 'n 20" Loop en 'n KD op. 8) 8)
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 416 of 458

Post by Wouter Roets »

Manne

Ek kan dink die gewere is maar rof op n ou se stonies! Julle al gehoor van n kwikstaaf of twee en Pachmayer Decelerator recoil pad? Hel op die ergste sit n MB op! Kry n mens darem n bypassende moonbag saam met die silencer?

Groetnis
Wouter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 416 of 458

Post by DWB »

Wouter Roets wrote:Manne

Ek kan dink die gewere is maar rof op n ou se stonies! Julle al gehoor van n kwikstaaf of twee en Pachmayer Decelerator recoil pad? Hel op die ergste sit n MB op! Kry n mens darem n bypassende moonbag saam met die silencer?

Groetnis
Wouter
Bwahahahahahahahahaha!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 416 of 458

Post by DWB »

Umshwati Boy wrote:
Parker, ek dink daaran om vir my geweer 'n 416 Rem Mag te kry met 'n 20" Loop en 'n KD op. 8) 8)
Ja but you are English/German, we expect stuff like that from the likes of you :) :) :) :) :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: 416 of 458

Post by alecjohnson »

As ek jy was het ek 458 Lott gegaan want ek het BAIE met een geskiet, nou uit praktiese oogpunt sal ek sse 404 of 416 rigby, as ek jy was en die geld gehad het het ek 500NE gegaan....

Nou kry 'n paar rondtes om te bekyk en kyk watter een roer jou hartsnare die beste, vergeet van skop op die grooter kalibers sa jy dit nie kan hanteer nie is daar klomp maniere om hulle te tem....

Geniet die rit!
Post Reply