Page 1 of 1
AR Sneller
Posted: Wed Nov 30, 2016 2:41 am
by Albert84
Hallo manne,
Ek het my ddm4 nou vir sy eerste uitstappie gevat, maar die sneller voel soos twee stukke skuur papier wat teen mekaar skaaf. Kan mens bietjie aan hom laat werk of is dit beter om n "after market" een te kry en wie hou sulke items aan?
Groete
Re: AR Sneller
Posted: Wed Nov 30, 2016 10:13 am
by Arnold
Ek is seker jy sal aan hom kan laat werk. S&O hou van die aftermarket snellers aan ... Geissele is n topklas sneller en kos topklas geld

Re: AR Sneller
Posted: Wed Nov 30, 2016 8:45 pm
by Plaashaas
Polish hom self en spandeer eerder geld op ammo, mags en optics.
Re: AR Sneller
Posted: Wed Nov 30, 2016 8:51 pm
by GVC86
Plaashaas wrote:Polish hom self en spandeer eerder geld op ammo, mags en optics.
+1000
En onthou dis n AR en nie n bench rest geweer nie so die sneller sal nooit so goed wees nie. Kan nie oor die geiselle praat nie, geen ondervinding daarmee nie.
Sent from my SM-J110F using Tapatalk
Re: AR Sneller
Posted: Wed Nov 30, 2016 11:21 pm
by Arnold
GVC86 wrote:Plaashaas wrote:Polish hom self en spandeer eerder geld op ammo, mags en optics.
+1000
En onthou dis n AR en nie n bench rest geweer nie so die sneller sal nooit so goed wees nie. Kan nie oor die geiselle praat nie, geen ondervinding daarmee nie.
Sent from my SM-J110F using Tapatalk
Dit hang seker af watse sneller en waarvoor jy die AR gaan gebruik. Ek het n Geissele SD-E op my geweer en dit is verseker nie dieslfde as die Jewell op my slotaksie nie. Met die Geissele se geld kan jy egter 1000 rondtes koop om mee te oefen. Die 1000 rondtes is dalk n beter koop?
Re: AR Sneller
Posted: Mon Apr 24, 2017 10:16 am
by Glock17JLS
Albert84 wrote:Hallo manne,
Ek het my ddm4 nou vir sy eerste uitstappie gevat, maar die sneller voel soos twee stukke skuur papier wat teen mekaar skaaf. Kan mens bietjie aan hom laat werk of is dit beter om n "after market" een te kry en wie hou sulke items aan?
Groete
Ek het presies dieselfde met my nuwe ADC AR15 gevind... die standaard sneller was om en by ñ 8 pound pull... vir my is dit te veel en hy het oneweredig gebreek. Wou ook aan hom werk maar na bietjie navorsing en raad is dit maar beter om n sneller te koop. Ek het toe ñ Timney Skeletonized drop in trigger gekoop 2. 1/2 pound pull met n konstante breek. Jy sal nie spyt wees nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk