Page 1 of 2

Geelstert bonanza

Posted: Tue Dec 20, 2016 9:40 pm
by joe rocket
Ek my vriend, my klong en sy klong besluit om n paar vissies te gaan vang vandag. Vroeg 4:00 vanmore is ons uit die vere. Laai die aas stokke en 4.45 is ons op die water. My vriend stel voor ons gaan mond toe opsoek na kabeljou kabel hier. Ek sê vir hom ons moet 5 myl bank toe op soek na geelstert, ek net so gevoel die geelstert gaan byt. Hy sê appels dan maak ons so. Daar gekom is die see maar rof deinings is groot, dan is ons bo dan is ons onder. Dit voel amper asof jou adams appel bo jou kop kom sit en dan doer onder binne anderkant jou fondament. Ons gooi so paar Rapala's in die water sonder sukses. Gooi later lyne met aas sonder sukses. Ek sê vir myself ons mos liewer mond toe gegaan het. Ons ry verby n kommersiele boot. Ou Daan is op die boot by wie ek altyd hout koop. Hy vra:" Oubee waar die vis?" Ek sê:" Nee ou maat nog n mom!" (mombakkies). Hy wys 2 vingers en wys daarna na die hemel. Dit beteken die vis byt 2m van die bodem af. Laat sak die aas katrol op en skat 2m van die bo die bodem. Dit was nie 30 sekondes nie toe is ek en my vriend vas, n "double up" Nou as julle nie lekker ken nie is dit lekkerte. Hulle sê wanneer die vis byt is dit lekkerder as seks, blykbaar hou dit langer. My klong vang kort daarna ook n geelstert. Ek let later op my klong is bleek om die kiewe en hy vang nie meer vis nie. Ons vang nog lekker die vis loop. My vriend se klong is ook naar. My klong begin die visse voer. Later voer die skipper ook die visse. My klong sê:" Pappa bel n chopper hy moet my kom haal ek sal betaal!" Die arme klong van my was al baie op die see en was nog nooit see siek nie. Hy vra aanmekaar waneer gaan ons land toe. Nog net een vissie dan ry ons. Dit was toe 18 visse later. Hy het toe later nog 3 geelsterte gevang. Ons was 9:15 weer terug in die hawe. Ou Daan se skuit het op die ou end oor n ton vis gevang. Dit is 4 visbakke per man. Ek braai die ou vars geelstertjie vannaand en vra my klong sal jy weer see toe gaan na vandag se sports? Sy antwoord is ja, maar jy moet my n pilletjie koop! Voorwaar n voorreg. Ek my klong, my beste pel op die see, memories, priceless! Baie dankbaar.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Tue Dec 20, 2016 9:43 pm
by joe rocket
.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Tue Dec 20, 2016 10:26 pm
by ruaanb
Priceless!

Re: Geelstert bonanza

Posted: Tue Dec 20, 2016 10:31 pm
by Jurgen Visser
Dit is regtig Priceless ou vriend , memory vir jou hele lewe , geniet hom

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 21, 2016 5:36 am
by honda2
Daai is lekker! En so vars geelstert bly maar die lekkerste. Hoop julle kry sommer gou weer nog so klomp!

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 21, 2016 5:43 am
by neef
Lekker man dit is sulke goeie herhiniringe wat mens veraltyd onthou en bewaar.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 21, 2016 6:24 am
by Heinz Petersen
Lekker Jason. Geniet jou seun terwyl jy nog kan. As jy jou kom kry is hy groot en uit die huis uit. Ek gooi my hoed agter jou aan met al die tyd wat jy aan jou kinders spandeer. Elke Saterdag is dit of rugby, krieket en gimnastiek. Hou so aan en jy sal die vrugte eendag pluk.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 21, 2016 8:37 am
by tau
Lekker!!! EK sal erken as die Geelstert so loop gil ek soos 'n meisiekind.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 21, 2016 8:49 am
by Viking
Jason dis lekkerrrrrrrrrr om so vakansie te hou!!!

Geniet elke oomblik saam met die kinders.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 21, 2016 9:34 am
by PWV
Mooi, Joe!!! Gaan wag vir my vissie! My roker is reg!

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 21, 2016 9:41 am
by joe rocket
Dis reg uncle sal probeer om n elf ook te bring vir die roker.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 21, 2016 11:01 am
by Roxette
Dis verseker die lekkerste lekker! Sal enige dag weer gaan diep see visvang! Het baie goeie raad gekry toe ek die eerste keer gegaan het en dit was om my oe net heeltyd op die horison te hou dan sal ek nie see siek word nie en dit het regtig gewerk.. as ek voel, ek voel nie lekker nie fokus ek net so ruk lank op die horison dan is ek weer 100%

Re: Geelstert bonanza

Posted: Tue Dec 27, 2016 9:48 pm
by theedge
Nice one maat netjies gemaak

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 28, 2016 5:42 am
by Morne Van Der Merwe
Mooi storie, ja nee niks so lekker as jy die een vis na die ander uit trek.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 28, 2016 6:13 am
by Morkel
In my opinie, die beste braai vis ini see. En sonder twyfel daai tyd saam met jou seun PRICELESS! Waar het julle uit gegaan joe?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Dec 28, 2016 7:20 am
by joe rocket
Ons het in struisbaai uit gegaan. Ons was gister weer uit toe vang ons sweet blou boggerol. Een van die kommersiele bote het ons jammer gekry en vir ons n 8kg geelstert gegee. :laugh:

Re: Geelstert bonanza

Posted: Sun Jan 01, 2017 10:30 pm
by Christo
Gister was baie vis op die Alpha bank gewees. Ek hoor die manne praat ook dat daar marlyn kan wees. Water se temp is nou 22 grade.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 02, 2017 1:48 am
by joe rocket
Was gister by die twaalf myl bank en die temperatuur was 21 grade. Ons het n 8 jong geelvin tuna gekry. Water was baie skoon, hulle praat van "Gin" water. Swart marlyn se tyd is eintlik van Februarie af, maar as jy marlyn kan sien kan jy probeer vang.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 02, 2017 1:53 am
by joe rocket
So paar fotos van die vissies. My nuwe jaar kon nie beter begin nie.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 02, 2017 6:26 am
by honda2
Lekker man! Daai is vet pret!

Sent from my GT-I9295 using Tapatalk

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 02, 2017 9:44 am
by PWV
Ek wag net vir Joe se foto's van al sy gunne. Ek sal dit hier adverteer, want hy het besluit om 'n professionele visserman te word. >:+

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 02, 2017 12:24 pm
by joe rocket
Maar wat my wel die blacksam in maak is dat daar n visskieter gister op die 5myl bank n Swart Marlyn gesien en geskiet. Die probleem is dat hy geelstert gerei by hom gehad het en nie toegerus was om Marlyn te skiet nie. Dit is net so goed jy skiet n buffel in die blad met n 270 met n pmp koeel. Die Marlyn is weg met pyl en al wat nou n wreede dood sal sterf.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 02, 2017 4:03 pm
by joe rocket
PWV wrote:Ek wag net vir Joe se foto's van al sy gunne. Ek sal dit hier adverteer, want hy het besluit om 'n professionele visserman te word. >:+
Gelukkig ken ek darem vir oom Pieter nou al. ::) me gunne verkoop nooit, maar dis hoe ek voel wanneer ek visvang. ( dit geld vir jag ook)

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 02, 2017 8:18 pm
by Heinz Petersen
My jaar begin goed. Ek het al Jason se geelstert vangste gekoop vir R250.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 9:58 am
by joe rocket
NUWE FOTOS

Weer n nuwe blaaskans met my kinders met nuwe fotos .
So paar kiekkies.