Page 1 of 1

Satansbos

Posted: Sat Jan 28, 2017 5:51 pm
by Spekboom
Goeie middag julle.
Kan iemand my dalk help wat spuit mens vir die pes en wat sal die dosis wees.
Die goed is in my weidings so ek sal moet kol behandeling toepas en probeer om nie die gras te dood nie.

Groete Daan

Re: Satansbos

Posted: Sat Jan 28, 2017 5:57 pm
by BeesBreet
Sal "Brush-off" of "Garlon" nie dalk werk nie? Wat is Satansbos? As hy soos slangbos/bloubos is sal brushoff goed werk, maak hom in n rugsak spuit aan en daar gaan ta. Jy kan kleur dye en n benatter bysit.

Vertel ons meer van slangbos asb

Re: Satansbos

Posted: Sat Jan 28, 2017 6:06 pm
by BeesBreet
Google se vir my dat 2-4D goed sal werk. In n rugsak spuit van 20L sal 25ml 2-4D genoeg wees en 25ml Diesel kan as n benatter gebruik word om kostes te spaar.

Dis nou as jy kol kol wil behandel

Re: Satansbos

Posted: Sat Jan 28, 2017 6:14 pm
by Jaco v Zyl
Daars net een geregistreerde gif op hom en dit is tomahawk.
Jy moet hom egter tot drie seisoene namekaar spuit.
2.4D maak hom dood ma hy kom ma net weer uit.
Dit is n groot verpesting, bestry hom so gou as moontlik.

Re: Satansbos

Posted: Sat Jan 28, 2017 6:33 pm
by Frikkie Coetzee
Tomahawk. Dis al.

Re: Satansbos

Posted: Sat Jan 28, 2017 6:41 pm
by Hein M.
BeesBreet wrote:Wat is Satansbos?
http://www.arc.agric.za/arc-ppri/Leafle ... rategy.pdf

Leer ek ook iets ;)

Re: Satansbos

Posted: Sun Jan 29, 2017 10:20 am
by dorsland
Tomahawk met sy draolie ja. Moet satansbos nie uitploeg, sny of andersins versteur nie. Jy maak hom net kwaad. Moet nie jou veld oorbewei nie, pas wisselweiding toe. Onttrek lande wat met satansbos besmet is totdat die satansbos uitgeroei is. Spuit hom sodra sy vruggies begin vergeel. Hy kan tot 6 seisoene neem om te vrek. Spuit hom elke jaar.

Hy doen waaragtig sy naam gestand.

Re: Satansbos

Posted: Sun Jan 29, 2017 12:02 pm
by LDV
Bel vir Chris Rigter by Terracare
Nul agt twee 45 agt 455 agt
Hul het al als getoets.
Tomahawk werk maar nie 100% nie. Niks maak wortel stelses heeltemal dood nie. Na 2+ jaar kom hy ma weer uit.
Is n black-sam van n plant.

Re: Satansbos

Posted: Sun Jan 29, 2017 1:03 pm
by Gustavroux
ek is nie 100percent seker wat satansbos is nie- maar ek het al verstaan dat dit Bankrotbos is- latyns naam Stoebi vulgaris. Ek spuit al 5 jaar elke somer bankrotbos, het al alle vorme van gif gebruik.

Ek gebruik Chris Richter in bloem om gif by te koop, soos wat vorige manne genoem het.

Ons moet net seker maak wat Satansbos is- laai dalk foto- ek sal wel vir jou kan bevestig of dit bankrotbos is.

Die goed is verskriklik- maar duur storie om te beheer- maar as jy te lank los, verloor jy jou plaas se drakrag!!

Gif name verander en verskil baie soos handelsmerke verander- nb om te kyk na aktiewe bestandeel van gif.

Re: Satansbos

Posted: Sun Jan 29, 2017 1:31 pm
by dorsland
Slangbos of bankrotbos is nie dieselfde plant as satansbos nie. In vergelyking met satansbos kan bankrotbos redelik maklik met iets soos Molopo bestry word.


Satansbos (Solanum elaeagnifolium)

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201701 ... 2834e3.jpg[/IMG]




Bankrotbos of slangbos (Seriphium plumosum)

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201701 ... ca0745.jpg[/IMG]

Re: Satansbos

Posted: Sun Jan 29, 2017 1:39 pm
by Gustavroux
Dankie vir die informasie

Re: Satansbos

Posted: Mon Jan 30, 2017 9:05 am
by Spekboom
Dankie vir die inligting julle dit help baie. Ek wonder of n hoƫ dosis glisofaat ook sal werk, ons spuit tot 8liter ha op besproeing saam met amonium sulfaat op kukuyu. Ek het Tomahawk gegoogle sien hulle praat van minerale olie wat mens bygooi sal graag wil weet wats die naam van dit.
Daan

Re: Satansbos

Posted: Mon Jan 30, 2017 9:24 am
by LDV
Die groot ding van satansbos is sy wortel stelsel.
Dit is baie maklik om hom bo die grond dood te maak maar hy loop eenvoudig net weer uit.
Roundup doen niks aan die wortels nie.
Plant gan bo dood en oor n maand loop hul weer uit.
Bel vir Chris Richter hy sal jou goeie raad gee

Re: Satansbos

Posted: Mon Jan 30, 2017 1:45 pm
by Spekboom
Dankie LDV gaan verseker hom bel.