Page 1 of 1

Kerk-in-Suid Bosveldjagkompetisie

Posted: Mon Feb 06, 2017 3:27 pm
by Jean Marais
Hallo alle forumlede

Kerk-in-Suid is 'n NG gemeente geleë in Wierdapark, Centurion.

Agtergrond:
Die jeug van ons kerk, het regtig 'n groot behoefte geidentifiseer om 'n kuierplek van hul eie by die kerk op te rig waar jongmense mekaar kan ontmoet, saam kan ontspan en saam Bybelstudie kan doen en saam kan loop op 'n wonderlike Geestelik pad. Ten einde hierdie droom te kan verwesenlik, het hulle 'n fondinsamelingsaksie van stapel gestuur in die vorm van 'n Bosveldjagkompetisie ter waarde van R16000.

Die jeug van ons kerk het hierdie initiatief ten volle op hul eie geneem en self die borge gekry, die kaartjies laat druk en 'n platvorm op I-tickets geskep om dinge vir deelnemers buite die gemeente te vergemaklik. Baie min insette is vanaf "die grootmense" verkry, en ek wil hulle gelukwens met 'n besondere poging.

Jy kan vir slegs R100-00 'n jaggeleentheid wen vir jouself en 6 gaste, om 'n Blouwildebees, 'n Rooibok en 'n Vlakvark te gaan jag. Selfsorg verblyf, jagkostes, koelgeriewe ens is als ingesluit, jy moet net betaal vir eie vleis verwerking en reiskoste tot op die plaas.

Met jagkostes wat so hoog is, is hierdie R100-00 ‘n absolute winskoop, en ek vra dat julle asb hierdie baie verdienstelike saak sal ondersteun.

Die volledige uiteensetting van die reels en kompetisie besonderhede volg hieronder. Julle kan enige navrae rig aan my via Jaracal, of Chris Jacobs by 076 793 0233, of ons Kerkkantoor 012 653 2880.

Kompetisie reëls
1. Hierdie is ‘n loop-en-bekruip geweerjag kompetisie.
2. Enige persoon kan deelneem, maar die pryswenner moet eie jaggeweer besit of vergesel word deur die eienaar van ‘n wettige jaggeweerlisensie.
3. Minderjarige kinders moet onder die toesig en verantwoordelikheid van ouers jag, onderhewig aan reël 2 hierbo.
4. Die plaaseienaar vereis ‘n minimum kaliber van .308 of groter vir hierdie jagkompetisie.
5. Slegs erkende gekoopte/selfgelaaide jagammunisie sal toegelaat word. Geen staalpunt- of volmantelkoeëls, of enige ander tipe koeël wat nie blom/vervorm nie, sal toegelaat word nie.
6. Die sluitingsdatum vir inskrywings is, Sondag 30 April 2017, om 12:00 nm.
7. Slegs een finale trekking sal plaasvind op Sondag 14 Mei 2017 tydens die erediens.
8. Die wenner van die trekking moet in besit wees van ‘n geldige Bosveld Jag kaartjie, en hoef nie noodwendig teenwoordig te wees by die trekking nie.
9. Die jagnaweek geleentheid is slegs beskikbaar vir die naweek van die 8ste tot die 11de Junie 2017, en is nie oordraagbaar na ‘n alternatiewe datum nie.
10. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie. Die pryswenner moet die wild gaan skiet, dit kan nie gevang of lewendig vervoer word nie.
11. Kerk-in-Suid betaal nie vir enige reis- of vleisverwerkingskoste nie. Dit is vir pryswenner se eie rekening.
12. Die pryswenner en sy gaste jag op eie risiko.
13. Normale jagreëls, soos deur die plaaseienaar bepaal, geld vir die kompetisie! Geen trofee diere nie!

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/iTicket_banner_zpsqnhqh0rq.jpg

I-Ticket skakel: https://itickets.co.za/events/373629

Re: Kerk-in-Suid Bosveldjagkompetisie

Posted: Mon Feb 13, 2017 1:25 pm
by Jean Marais
Dankie aan almal wat sover hierdie saak ondersteun by ons kerk. Ons verkope vorder fluks. Kom spandeer jou R100 vir 'n baie lekker jaggeleentheid om te wen.

Re: Kerk-in-Suid Bosveldjagkompetisie

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:17 am
by Jean Marais
Hallo almal

Ek wil graag hierdie baie verdienstelike saak onder julle aandag bring. Komaan manne, waar gaan jy vir net R100-00 ooit weer so 'n kans kry. Jy is dalk regtig die wenner hiervan.

Sien die skakel hierbo en koop jou kompetisie kaartjie sommer direk op I-Tickets.

Dankie byvoorbaat vir julle ondersteuning.