Page 1 of 1

Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Mon Feb 06, 2017 10:35 pm
by kwagga
Weet iemand dalk wat die rede hiervoor kan wees dat ek die laaste 2-3 weke baie jongerige jakkalse raakloop voor die son sak?
Ek het juis so teen kwart voor sewe vanmiddag 'n jak met die .22 op 30 tree gelooi. Daar was seker nog so vyf wat net te ver vir die .22 was.
Enige gedagtes?
O ja, en hulle was baie naby aan 'n groot blinkblaar wag-'n-bietjie bos wat derduisende kwelas in het.

Re: Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Mon Feb 06, 2017 10:41 pm
by tripodmvr
Ek het gister geplaas oor die volwasse jakkals wat ek 14h00 op die pad gekry het. Al is hy die boer se vyand het hy wragtag 'n mooi prentjie geskilder toe hy oor die pad hardloop. Deel van Afrika.

Re: Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Tue Feb 07, 2017 8:15 am
by PWV
Kwagga, is dit dalk na 'n reenbui dat jy hulle gesien het?

Re: Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Tue Feb 07, 2017 10:19 am
by Capt. Yoda
Krieke, rysmiere en al daai goed vlieg hier by ons rond daai tyd met al die reen?

Re: Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Tue Feb 07, 2017 10:46 am
by PWV
My swaer wat in die Molopo boer sê altyd na so 'n somer reënbui: "Kry jou geweer, ons gaan gou 'n jakkals skiet". Sewe uit tien keer kry ons die jakkals! Die rede moontlik dit wat CO hierbo noem.

Re: Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Tue Feb 07, 2017 2:27 pm
by kwagga
PWV wrote:Kwagga, is dit dalk na 'n reenbui dat jy hulle gesien het?
Nee, meer as 10 dae laas reen gesien.
Wens dit reen soveel as wat daar jakke is.

Re: Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Tue Feb 07, 2017 7:20 pm
by Henrie_270
Jakke is al aktief van 4 uur in middag afhangend van temperatuur. Mens kry net minder die grotes omdat hul al skelmer is. Jonges is nog dom en hardloop nie sommer weg nie daarom kry jy hul baie die tyd van die jaar helder oordag. Daar waar jy n jonge helder oordag kry sal jy broers en susters en ouers ook kry.

Mooiloop

Re: Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Tue Feb 07, 2017 10:32 pm
by kwagga
Was gelukkig genoeg om nog 4 van hulle te looi met die 7x57 - almal binne 'n minuut geskiet. Klomp jonges, 2 x tefies en 2 x reuntjies.

Re: Skielik baie jakke voor 7uur laat middag

Posted: Wed Feb 08, 2017 8:17 am
by Jaco vdW
Die tyd van die jaar verlaat die kleintjies hulle ouers, en moet hulle eie gebied soek. Seker n kans dat hulle nog saam beweeg, veral as daar maklike kos is.

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk