Page 1 of 1
Rabies
Posted: Thu Feb 09, 2017 11:59 am
by Malan123
Middag Menere
Ek dog ek laat weet. Ons is nou net in kennis gestel van 'n jakkals wat positief getoets is vir Rabies in die KZN Mooi Rivier area. Wees maar versigtig.
Re: Rabies
Posted: Thu Feb 09, 2017 2:36 pm
by BeesBreet
Malan123 dankie dat jy laat weet, die hondsdolheid was stil vir n rukkie hier gewees.
Weet jy by wie?
My een buurman hier op die Lotheni pad het twee jakke by sy huis dood geslaan helder oor dag. Vroeg laas jaar. ( hy het nie n roer nie, en het elke keer gaan inspuitings kry na die tyd.) Altwee ook positief getoets. Buurman agter my moes al sy honde skiet, want een het positief getoets. Lelike ding daai
Re: Rabies
Posted: Thu Feb 09, 2017 3:05 pm
by Malan123
BeesBreet die ouens se naby aan Mooi Rivier, Connington. Ek het die naweek 2 geskiet in Kamberg maar hulle het oraait gelyk.