Page 1 of 2
Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:12 pm
by Smitstertjies
Aangesien die manne maar klei getrap het met Geno se vraestel, dink ek dit sal lekker wees as ons bietjie MOA en Mrad hier dissekteer:
-Die afstand/hoekwydte van 1Mrad of 1 Milliradiun is gelyk aan die omtrek van n sirkel / 6283.18. Op 1000meter is 1 Mrad = 1 meter.
-Die afstand/hoekwydte van 1 MOA is 1/60ste van 1 graad op n sirkel.
Nou , dit klink als baie ingewikkeld, maar in werklikheid is dit baie eenvoudig.
-Op 100 meter is 1 Mrad= 10cm. Meeste Milldot/Mrad scopes verstel in 0.1 Mrad. DWS 1 kliek is 1cm op 100m
-Op 100 yards is 1 MOA = 1,047 duim, oftewel 26.6 mm. Op 100 meter is 1 MOA = 29.2mm
n Teleskoop wat in 0.25 MOA verstel, verstel dus fyner as n teleskoop wat in 0.1 Mrad verstel.
Op 100 meter is 1 kliek verstelling van n 1/4 MOA teleskoop gelyk aan 7.3mm, en met n Milldot/Mrad scope 10mm.
Ek persoonlik verkies om met Mrad scopes te skiet. Verstelling is dalk nie heeltemal so fyn nie, maar die berekening van verstellings sonder dat ek Strelok of so by my het kom net baie natuurliker as MOA berekeninge.
BV. Met n FFP teleskoop waar die reticle in Mrad gemerk is. As ek weet my gong groote is 200mm, dan weet ek op 100 meter sal die gong 2 Mrad op die reticle wys. Op 200m sal die gong 1 Mrad wys en op 400 meter sal die gong 0.5 Mrad wys.So kan ek baie vining afstand bepaal sonder n rangefinder. (Afstand is = gong groote/ Mrad grote van beeld op teleskoop)
Sal graag wil hoor wat verkies julle om mee te skiet, en hoekom.

Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:20 pm
by BeesBreet
Ek skiet en "praat" MOA. As ook Yards. Sal nie se Ek verkies dit bo iets anders nie... die eerste ordentlike scope wat Ek gekoop het was in moa en toe koop Ek n RF wat saam met die scope werk (yards).
Ek dink Ek verstaan nou al goed die moa en imperial sisteem en kom lekker reg so.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:29 pm
by Arnold
Verduidelik asb hierdie vir my.
Smitstertjies wrote:
Ek persoonlik verkies om met Mrad scopes te skiet. Verstelling is dalk nie heeltemal so fyn nie, maar die berekening van verstellings sonder dat ek Strelok of so by my het kom net baie natuurliker as MOA berekeninge.
Ek is seker net te dom om ballistiese berekeninge met hoofrekening te doen.
Ek het al baie argumente gehoor oor Mil en FFP maar die meeste is maar flavour of the month tipe goed. Die ouens verstaan nie regtig wat hulle sê nie.
En ja, ek het 'n Mil FFP scope asook 'n MOA SFP scope. Daar is voor en nadele aan altwee en jou aanwending gaan bepaal watse een is beter.
Wat meer waarde het is 'n scope met verstelling en reticle in dieselfde eenhede.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:32 pm
by Smitstertjies
BeesBreet wrote:Ek skiet en "praat" MOA. As ook Yards. Sal nie se Ek verkies dit bo iets anders nie... die eerste ordentlike scope wat Ek gekoop het was in moa en toe koop Ek n RF wat saam met die scope werk (yards).
Ek dink Ek verstaan nou al goed die moa en imperial sisteem en kom lekker reg so.
Mense link MOA verkeerdelik aan die Imperial sisteem van duime en jaarts. Eintlik het dit niks met mekaar te doen nie. Maar ek verstaan wat jy bedoel. Vir praktiese skiet is 1 MOA 4 duim op 400 yards.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:36 pm
by Jaco v Zyl
As ek dit reg het dink ek da is n klein foutjie in oorspronklike post .
Op 100m is 1 kliek van n 1/4 moa verstelling scope 7.27mm en nie 6.65mm
1 moa is 29.08 mm op 100m.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:40 pm
by BeesBreet
Smitstertjies wrote:BeesBreet wrote:Ek skiet en "praat" MOA. As ook Yards. Sal nie se Ek verkies dit bo iets anders nie... die eerste ordentlike scope wat Ek gekoop het was in moa en toe koop Ek n RF wat saam met die scope werk (yards).
Ek dink Ek verstaan nou al goed die moa en imperial sisteem en kom lekker reg so.
Mense link MOA verkeerdelik aan die Imperial sisteem van duime en jaarts. Eintlik het dit niks met mekaar te doen nie. Maar ek verstaan wat jy bedoel. Vir praktiese skiet is 1 MOA 4 duim op 400 yards.
Ek werk 1moa is 1" op 100y
En 1moa is 10" op 1000y
Tegnies is dit nie reg nie, maar vir vinnig bereken is dit nie te vrot nie...
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:43 pm
by Smitstertjies
Jaco v Zyl wrote:As ek dit reg het dink ek da is n klein foutjie in oorspronklike post .
Op 100m is 1 kliek van n 1/4 moa verstelling scope 7.27mm en nie 6.65mm
1 moa is 29.08 mm op 100m.
Jammer , ek het hom nou reggemaak. Ek het die 100yards syfer eers verkeerdelik gebruik.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:50 pm
by PWV
Smitstertjies, jy het so mooi verduidelik. Wonder of jy 'n onderwyser is?
Die konneksies tussen my breinselle is al effens stram en daarom sorg ek maar dat my ballistiese kaart byderhand is en soos Bees hier sê, dit is seker nie tegnies so akkuraat nie, maar ek laat die bokke val!
Dankie vir die verduideliking.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 4:52 pm
by Smitstertjies
Arnold wrote:Verduidelik asb hierdie vir my.
Smitstertjies wrote:
Ek persoonlik verkies om met Mrad scopes te skiet. Verstelling is dalk nie heeltemal so fyn nie, maar die berekening van verstellings sonder dat ek Strelok of so by my het kom net baie natuurliker as MOA berekeninge.
Ek is seker net te dom om ballistiese berekeninge met hoofrekening te doen.
Ek het al baie argumente gehoor oor Mil en FFP maar die meeste is maar flavour of the month tipe goed. Die ouens verstaan nie regtig wat hulle sê nie.
En ja, ek het 'n Mil FFP scope asook 'n MOA SFP scope. Daar is voor en nadele aan altwee en jou aanwending gaan bepaal watse een is beter.
Wat meer waarde het is 'n scope met verstelling en reticle in dieselfde eenhede.
Waar jy altyd met rangefinder gaan skiet gaan n FFP scope jou geensins baat nie. Ouens soos Mark Sam After Work (Aussies) wat extreme langafstand skiet glo net aan SFP scopes.As jy dan boonop nog n ballistiese app saam gebruik is SFP en MOA net so eenvoudig soos FFP en MRad.
Alhoewel. Op gewere waar langafstand skiet sowel as taktiese skiet en bv gong kompetisies geskiet word maak FFP en Mrad n helse verskil as jy nie rangefinder mag gebruik nie. Die kwalifikasie is egter om jou teiken grote vooraf te weet. Of dit nou n 200mm, 300mm, of enige grote teiken is. As jy die grote weet bereken jy die afstand in sekondes. FFP Moa scopes kan jy ook daardie som doen, maar dit is heelwat meer ingewikkeld.
Gaan kyk na die Precision Rifle Series manne wat taktiese skiet doen sonder rangefinders. Almal FFP en Mrad scopes.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 5:09 pm
by Hein (Haan)
Smitstertjies wrote:Jaco v Zyl wrote:As ek dit reg het dink ek da is n klein foutjie in oorspronklike post .
Op 100m is 1 kliek van n 1/4 moa verstelling scope 7.27mm en nie 6.65mm
1 moa is 29.08 mm op 100m.
Jammer , ek het hom nou reggemaak. Ek het die 100yards syfer eers verkeerdelik gebruik.
Kan sien jy skiet in Mrad.
Maak nie regtig saak wat die scope stel nie maar soos Arnold gemeld het is dit baie belangrik dat die reticle en scope se verstelling altwee in die selfde eenheid is.
My teleskoop is in Mrad en ek kom darem ok reg met hom.
Ek kry so nou en dan n disleksiese aanval en kyk dan nie mooi wat ek doen as ek met n MOA scope skiet nie, die Mrad verstelling help darem dat ek dit nie so baie oorkom nie. Dit help baie as ek kan sien dat ek bv. 10.6 mils moet stel en ek weet dan dit is 106 clicks teen die 36.3MOA wat 145 clicks is. Het my al n paar keer oor gekom dat ek in die "heat of the moment" 36.3MOA moet stel en dan twee clicks ekstra stel oor ek nie mooi oplet dat die scope eintlik in kwarte stel en nie breek dele van tien nie.

Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 5:16 pm
by Jean Marais
Arnold wrote:Verduidelik asb hierdie vir my.
Smitstertjies wrote:
Ek persoonlik verkies om met Mrad scopes te skiet. Verstelling is dalk nie heeltemal so fyn nie, maar die berekening van verstellings sonder dat ek Strelok of so by my het kom net baie natuurliker as MOA berekeninge.
Ek is seker net te dom om ballistiese berekeninge met hoofrekening te doen.
Ek het al baie argumente gehoor oor Mil en FFP maar die meeste is maar flavour of the month tipe goed. Die ouens verstaan nie regtig wat hulle sê nie.
En ja, ek het 'n Mil FFP scope asook 'n MOA SFP scope. Daar is voor en nadele aan altwee en jou aanwending gaan bepaal watse een is beter.
Wat meer waarde het is 'n scope met verstelling en reticle in dieselfde eenhede.
Daai stelling is waaroor als gaan. Mil scope moet in mils stel, en MOA scope in MOA, anders raak jy lekker deurmekaar.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 5:45 pm
by Smitstertjies
Ek kannie eintlik dink hulle maak nog scopes waar die reticle en turrets nie dieselfde eenhede meet nie.
In elk geval.Om 1.9 Mrad (19 klieks) op die ingewing van die oomblink te stel is vir my net baie makliker as bv 4 en 3/4 MOA. (19 klieks). En natuurlik, probeer met n MOA FFP scope om gou die afstand te skat as die teiken in mm of sentimeters is?
Ek siet glad nie MOA af nie. Ek vind Mrad net makliker. Maar dis ek.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 5:56 pm
by Eugene
Persoonlik dink ek dis 6 van die een en 1/2 dosyn van die ander. Daar is in my opinie nie 'n "beter" een om te gebruik nie en party ouens verkies MOA en ander Mrad. My eerste teleskoop was in moa, so ek het so geleer skiet en dit gewoond geraak. Dus sal ek nou al my teleskope eerder in moa koop, want ek ken dit en is gewoond daaraan. Ek dink die ideaal is dat jy een kies en daarby bly en dat jou skietmaat dieselde gebruik as jy. Dit maak dit net makliker en die kanse vir foute is minder....
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 5:59 pm
by Smitstertjies
Eugene, met my muzzlebreaks en Mrad scopes lyk dit my ek gaan sukkel om n maaitjie te kry

Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 6:31 pm
by Eugene
Smitstertjies wrote:Eugene, met my muzzlebreaks en Mrad scopes lyk dit my ek gaan sukkel om n maaitjie te kry

Daars gelukkig baie ouens wat Mrad verkies. Kry net een van hulle wat klaar doof is.....

Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 9:25 pm
by Arnold
Hier is soos wat ek dit sien:
1/4 MOA is fyner as 0.1 Mil en selfs as mens die verstelling halfeer is die MOA eenheid kleiner. Hierdie is goed vir lang afstand waar jy fyn moet verstel as jy fyn wil skiet. Met die growwer Mil verstelling gaan jy minder jou turret hoef te draai maar jy gaan ook dalk effens van kol af wees en jou teiken se afmetings sal bepaal of dit aanvaarbaar is of nie. (As jy nog clicks tel gebruik jy jou scope verkeerd!)
Mens kan afstand skat deur MOA of Mil te gebruik en FFP het min hiermee te make. As jy weet wat jou teiken se mates is kon jy dit ook vooraf omskakel na of duim of mm. Om afstand te skat gaan jy moontlik die akuraatste skatting maak op maksimum vergroting en daarom is die FFP wat voorgehou word hiervoor iets wat mens hoor as iemand die scopes adverteer.
Tot nou sal ek saam met Eugene stem dat dit 6 van die een en half dosyn van die ander is, altwee is tog net 'n hoek mate. Dit is nou in die gesprek waar jy MOA en Mil vergelyk.
Vir my kom die groot verskil tussen SFP en FFP in die voordele van die kruishaar wat die een bo die ander het.
SFP scopes het tipies fyner kruishare wat dit meer gepas maak vir lang afstand skiet. SFP scopes se kruishare raak nie onbruikbaar by lae vergrotings waar mens 'n dikker kruishaar soek om vinnig te skiet nie. Oor hierdie redes sou ek 'n SFP scope voorstel vir 'n algemene jag teleskoop, langafstand skiet en self vir iemand soos 'n polisie skerpskutter wat nie noodwendig baie ve^r gaan skiet nie (dit is 'n gesprek op sy eie om dit ordentlik te verduidelik)
Nou 'n FFP scope se waarde kom in dat die inkremente op die kruishaar op 'n vaste hoekmaat van mekaar af bly en kan dus by enige vergroting gebruik word om af te mik (en ja, ook afstand te skat) deur van dieselfde afmik merkie gebruik te maak. Jou voorbeeld oor die PRS kompetisie demonstreer dit mooi alhoewel ek dink jy om die verkeerde rede hierna verwys aangesien meeste afstande wat geskiet word voor die tyd gegee word en baie min onbekende afstande word geskiet. Die voordeel is egter dat soos mens die scope se vergroting afdraai vergroot jou field of view en dit help om teikens op te spoor vir jou volgende skoot. PRS word geskiet onder geweldige tydsdruk en om vinnig jou volgende teiken te kry is van uiterste belang. In die kompetisie skiet mens na verskillende teikens met verskillende en onbekende afmetings so om te probeer afstand te skat gaan meestal van min waarde wees.
My voorstel is dus dat jy mooi moet kyk wat jou toepassing is en wat die regte stuk gereedskap is daarvoor. Weet wat die voordele en nadele is en verstaan die verskille sodat jy 'n ingeligte besluit kan maak wat nie deur advertensie praatjies ingelig is nie.
So ja, volgens my is daar baie groot pratery oor Mil en FFP deur mense wat dit nie regtig verstaan nie en in die proses maak hulle asof MOA en SFP net nie voldoende is nie.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Mon Feb 13, 2017 9:30 pm
by Alwin
Eugene wrote:Smitstertjies wrote:Eugene, met my muzzlebreaks en Mrad scopes lyk dit my ek gaan sukkel om n maaitjie te kry

Daars gelukkig baie ouens wat Mrad verkies. Kry net een van hulle wat klaar doof is.....

...of ene wat oorbeskerming kan bekostig.
Stem saam met MRAD vir langer afstande en hoofrekene. Kortafstand, bekende afstand en met al die tegnologie, is MOA net so bruikbaar.
Dan is daar nog die stryery oor FFP vs. SFP. En 308 vs. 30-06...

Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Tue Feb 14, 2017 6:20 am
by JPS
My LA Jag teleskoop is Milrad. En ek gebruik range finder, dit werk maklik uit soos genoem en is maklik om te onthou. 300m 1 click is 3 cm. 500m 1 click is 5cm soos reeds uitgewys.
Al my kompetiesie scopes is SFP Moa scopes. Die Ringe waarop ons skiet is in Moa. Hier skiet ek met 1/8 verstelling want dit is fynste wat ek kan skiet. Het noodgedwone die b gin van die jaar met Mil scope 'n Fklas komp geskiet. So leer jy vinnig die gesege horses for courses se waarheid.
Albei het hulle eie unike voordele en nadele. Die mees belangrikste is om seker te wees jy weet hoe jou scope werk en nog meer belangrik in my oë is dat jy weet dat jou scope se regte hoeveelheid van verstelling per click is. Selfs Groot naam scopes het ook effense afwyking en op LA beteken dit die verskil tussen hit en mis.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Tue Feb 14, 2017 6:43 am
by joe rocket
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Tue Feb 14, 2017 8:21 am
by Smitstertjies
Arnold wrote:Hier is soos wat ek dit sien:
1/4 MOA is fyner as 0.1 Mil en selfs as mens die verstelling halfeer is die MOA eenheid kleiner. Hierdie is goed vir lang afstand waar jy fyn moet verstel as jy fyn wil skiet. Met die growwer Mil verstelling gaan jy minder jou turret hoef te draai maar jy gaan ook dalk effens van kol af wees en jou teiken se afmetings sal bepaal of dit aanvaarbaar is of nie. (As jy nog clicks tel gebruik jy jou scope verkeerd!)
Mens kan afstand skat deur MOA of Mil te gebruik en FFP het min hiermee te make. As jy weet wat jou teiken se mates is kon jy dit ook vooraf omskakel na of duim of mm. Om afstand te skat gaan jy moontlik die akuraatste skatting maak op maksimum vergroting en daarom is die FFP wat voorgehou word hiervoor iets wat mens hoor as iemand die scopes adverteer.
Tot nou sal ek saam met Eugene stem dat dit 6 van die een en half dosyn van die ander is, altwee is tog net 'n hoek mate. Dit is nou in die gesprek waar jy MOA en Mil vergelyk.
Vir my kom die groot verskil tussen SFP en FFP in die voordele van die kruishaar wat die een bo die ander het.
SFP scopes het tipies fyner kruishare wat dit meer gepas maak vir lang afstand skiet. SFP scopes se kruishare raak nie onbruikbaar by lae vergrotings waar mens 'n dikker kruishaar soek om vinnig te skiet nie. Oor hierdie redes sou ek 'n SFP scope voorstel vir 'n algemene jag teleskoop, langafstand skiet en self vir iemand soos 'n polisie skerpskutter wat nie noodwendig baie ve^r gaan skiet nie (dit is 'n gesprek op sy eie om dit ordentlik te verduidelik)
Nou 'n FFP scope se waarde kom in dat die inkremente op die kruishaar op 'n vaste hoekmaat van mekaar af bly en kan dus by enige vergroting gebruik word om af te mik (en ja, ook afstand te skat) deur van dieselfde afmik merkie gebruik te maak. Jou voorbeeld oor die PRS kompetisie demonstreer dit mooi alhoewel ek dink jy om die verkeerde rede hierna verwys aangesien meeste afstande wat geskiet word voor die tyd gegee word en baie min onbekende afstande word geskiet. Die voordeel is egter dat soos mens die scope se vergroting afdraai vergroot jou field of view en dit help om teikens op te spoor vir jou volgende skoot. PRS word geskiet onder geweldige tydsdruk en om vinnig jou volgende teiken te kry is van uiterste belang. In die kompetisie skiet mens na verskillende teikens met verskillende en onbekende afmetings so om te probeer afstand te skat gaan meestal van min waarde wees.
My voorstel is dus dat jy mooi moet kyk wat jou toepassing is en wat die regte stuk gereedskap is daarvoor. Weet wat die voordele en nadele is en verstaan die verskille sodat jy 'n ingeligte besluit kan maak wat nie deur advertensie praatjies ingelig is nie.
So ja, volgens my is daar baie groot pratery oor Mil en FFP deur mense wat dit nie regtig verstaan nie en in die proses maak hulle asof MOA en SFP net nie voldoende is nie.
Dis gevaarlik om sommer net aan te neem dat mense deur "advertensie praatjies" hulle kennis opdoen.
Weereens. Ek het niks teen MOA/SFP nie. Wat ek geskryf het is my eie ondervinding en opinie.
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Tue Feb 14, 2017 8:31 am
by Hein22
Smitstertjies wrote:Eugene, met my muzzlebreaks en Mrad scopes lyk dit my ek gaan sukkel om n maaitjie te kry

Ek sal saam jou skiet, verkies ook FFP in MRAD. Die skiete wat ons doen kan jy nie range en dope uitwerk met ballistic app nie, jy moet vinnig skiet op teikens met verskillende afstande (soos bv gonge) en ek sal verlore wees sonder my scope.
Oooo, en ek like ook 'n MB!!
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Tue Feb 14, 2017 8:52 am
by Arnold
Smitstertjies wrote:
Dis gevaarlik om sommer net aan te neem dat mense deur "advertensie praatjies" hulle kennis opdoen.
Weereens. Ek het niks teen MOA/SFP nie. Wat ek geskryf het is my eie ondervinding en opinie.
As die skoen pas trek hom aan maar dit is nie hoe ek my stelling lees nie. Dit is jammer dat dit gevaarlik is om my opinie en ondervinding te mag deel

Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Tue Feb 14, 2017 9:20 am
by Apie
Arnold wrote:Smitstertjies wrote:
Dis gevaarlik om sommer net aan te neem dat mense deur "advertensie praatjies" hulle kennis opdoen.
Weereens. Ek het niks teen MOA/SFP nie. Wat ek geskryf het is my eie ondervinding en opinie.
As die skoen pas trek hom aan maar dit is nie hoe ek my stelling lees nie. Dit is jammer dat dit gevaarlik is om my opinie en ondervinding te mag deel

Weet julle wat is gevaarlik?
As die 5 manne in een skietspan met 'n mengsel van MRad, 1/4 Moa en 1/8 Moa verstellings telescope skiet en en lid sê, nee wat, ek stel net 3 clicks vir wind, en my Strelok sê ek moet 11 stel.
Kophou pappie kophou
Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Tue Feb 14, 2017 10:14 am
by Gawie(13mm)
Arnold wrote:Smitstertjies wrote:
Dis gevaarlik om sommer net aan te neem dat mense deur "advertensie praatjies" hulle kennis opdoen.
Weereens. Ek het niks teen MOA/SFP nie. Wat ek geskryf het is my eie ondervinding en opinie.
As die skoen pas trek hom aan maar dit is nie hoe ek my stelling lees nie. Dit is jammer dat dit gevaarlik is om my opinie en ondervinding te mag deel

Albei van julle se stellings dra meriete en is uit jul eie perspektief en op eie ondervinding geskoei.
Julle is nou albei onnodig fyngevoelig.

Re: Verskil tussen MOA en MRad
Posted: Tue Feb 14, 2017 10:23 am
by swc-tr
My 2c opinie:
SFP en MOA - word gebruik deur ervare kompeterende skuts op bekende afstand bane
FFP en MRad - keyboard snipers, flavour of the month.
Ekskuus, ek hardloop solank.......