Page 1 of 1
Seekoei skedels
Posted: Tue Feb 14, 2017 3:48 pm
by Smiley
Wie kan ek kontak om Seekoei skedels te kan bekom.
Enige hulp sal waardeer word.
Re: Seekoei skedels
Posted: Tue Feb 14, 2017 4:04 pm
by DWB
DeadHipposAnonymous?
Re: Seekoei skedels
Posted: Tue Feb 14, 2017 4:06 pm
by Kallie404
Haha Deon. As ek mag vra vir watter doel het jy dit nodig?
Re: Seekoei skedels
Posted: Tue Feb 14, 2017 5:13 pm
by Eduard Venter
Smiley wrote:Wie kan ek kontak om Seekoei skedels te kan bekom.
Enige hulp sal waardeer word.
Miskien kan jy 'n vet kans vat en parkeraad kontak. Ek was Desember in die kruger wildtuin en daar het baie seekoeie en buffel skedels in die veld gelê.
Groete
Re: Seekoei skedels
Posted: Wed Feb 15, 2017 6:15 am
by Frederik
Onthou net seekoei is 'n cites dier so maak net seker jy kry papierwerk saam met die skedel van waar jy iets kry.
Re: Seekoei skedels
Posted: Wed Feb 15, 2017 6:57 am
by Geno
Is CITES nie net van toepassing op uitvoere nie?
Re: Seekoei skedels
Posted: Wed Feb 15, 2017 7:02 am
by Frederik
Geno, dit is maar dit plaas die dier tog in die spesiale permitte department as jy dit kan verstaan. Dit is maar net so goed en vra of daar renoster horing is wat daar rond lé en iemand dalk het om te gee. Dit is een van die probleme wat ons wetgewing moet uitsort want of jy nou seekoei poach of renoster die straf is dieselfde.
Re: Seekoei skedels
Posted: Thu Feb 16, 2017 12:11 pm
by Smiley
Hi Manne,
Dankie vir die insette. 'n Maat van my doen Taxidermy werk, die gesprek het gedraai na skedels en hy het genoem dat hy 'n versoek het vir werk op Seekoei van Europa af. Daarom die vraag om water te toets asook julle goeie insette van moets en moenie's.