Page 1 of 1
Musgrave Pompaksies
Posted: Wed Aug 10, 2011 7:37 pm
by Hein M.
Hall almal!
Het enige-iemand ondervinding of kennis van hierdie pompaksie haelgewere - en hoe BETROUBAAR hulle is
Blykbaar het die polisie dit destyds gebruik en is 'n kloon van die Baretta RS-200?
Laat weet gerus!
Groetnis!
Hein
Re: Musgrave Pompaksies
Posted: Wed Aug 10, 2011 7:58 pm
by Armand Steenkamp
Hein ek skiet van baba dag af met een. Baie betroubaar. Hy het my nog nooit in die steek gelaat nie!Ek jag eistervark in die nag met hom.
Se maar as jy nog iets wil weet.
Groetnis
Re: Musgrave Pompaksies
Posted: Thu Aug 11, 2011 8:23 am
by Danie Lombard .243
Presies dieselfde as 'n Beretta, baie betroubaar.
Re: Musgrave Pompaksies
Posted: Thu Aug 11, 2011 6:32 pm
by HVZ
Hein
Ek het ek een van van daai mosberg en geniet hom baie. Myne het net n 30" loop met n verstelbare choke op. Nog nie een keer met hom gesukkel nie.
Groete
HVZ
Re: Musgrave Pompaksies
Posted: Fri Aug 12, 2011 8:15 am
by Hein M.
Dankie aan almal!
Ek kyk na die Musgrave. Hy is baie netjies.
Groetnis!
Hein
Re: Musgrave Pompaksies
Posted: Mon Aug 15, 2011 6:00 am
by Mkonto
I was involved in the original manufacture of these shotguns, they are copies of the BERETTA, the project was later taken away from Musgrave and Republic Arms later made them under the now discontinued MUSLER brand.
Re: Musgrave Pompaksies
Posted: Tue Aug 16, 2011 9:45 pm
by Hein M.
Mkonto wrote:
I was involved in the original manufacture of these shotguns, they are copies of the BERETTA, the project was later taken away from Musgrave and Republic Arms later made them under the now discontinued MUSLER brand.
Dankie Craig!
Die een waarna ek kyk is baie netjies opgepas. Ek oorweeg dit nogal ernstig.
Mooiloop!
Hein
Re: Musgrave Pompaksies
Posted: Thu Sep 01, 2011 9:11 pm
by wlm
Dag kerels! Hoe motiveer 'n man jou aansoek vir so 'n pompaksie of 'n semi-outo? Ek Het toegewyde jagterstatus en is besig om sportskutstatus te kry. Ek vra , want ek weet dalk van 'n 'n semi-outo wat in 'n boedel na my is. Ek hoor hom in die nag na my roep!