Ek het 'n Musgrave 375 H&H wat deur Nothnagel in Kroonstad deur die vorige eienaar gemaak is. Hierdie is blykbaar 'n Vektor aksie, maar watter een? Die assie vir die "bolt release catch"?? of slot sluit knip?, het op die skietbaan gebreek en die veertjie wat daar inkom het in die proses verloor. Die assie kan ek laat maak, net nie seker wat se metaal dit moet wees nie, seker iets sterker as gewone goedkoop staal. Die veertjie moet omtrent 2mm in deursnee wees, maar ek weet nie hoe lank nie. Kan iemand my hier help met die metaal en die veertjie se groote? Dankie.
Hier is so paar fotos van die aksie
http://i1185.photobucket.com/albums/z348/Giepie14/IMG_20170218_162007_zpsqrwwganz.jpg http://i1185.photobucket.com/albums/z348/Giepie14/IMG_20170218_162028_zpsidueyoim.jpghttp://i1185.photobucket.com/albums/z348/Giepie14/IMG_20170218_162157_zpsfvz6gh5n.jpg
Hierdie foto wys die plek van die slot knip
http://i1185.photobucket.com/albums/z348/Giepie14/IMG_20170218_162309_zps7v8juqib.jpg
Vektor aksie op Musgrave - watter een?
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Vektor aksie op Musgrave - watter een?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Vektor aksie op Musgrave - watter een?
Ek sou die assie van die skag van n boortjie maak en my vrou se parker pen plunder vir die veertjie!
DD
DD
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Vektor aksie op Musgrave - watter een?
My plankgeweer het ook so boorpuntjie in wat al 18 jaar diens lewer.
Diesel Dog se voorstel werk.
Diesel Dog se voorstel werk.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Vektor aksie op Musgrave - watter een?
Dankie sover. Ek het hier stukkende boorpunte van omtrent daardie dikte. Sal bietjie kyk vir "Parker" veertjie.
Terloops, 'n bekende geweersmid groep het my R1800 gekwoteer hiervoor.
Terloops, 'n bekende geweersmid groep het my R1800 gekwoteer hiervoor.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Vektor aksie op Musgrave - watter een?
Die pen se veertjie is te dik, maar by iemand anders gehoor van die veertjie by die flint by Big aansteker. Het so leë aansteker gehad, die veertjie is regte dikte, net lank, so sal dit net regte lengte knip. Ek plaas dit ook maar hier as iemand anders ook daardie probleem kry.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.