Page 1 of 1
Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Sun Feb 19, 2017 7:36 pm
by Pieter 300wm
Goeie naand
Ek beplan om 'n voerkaal te begin waar ek lammers voer. Ek boer self met bees maar weet nie veel van die voer bedryf nie. Is dit beter om 'n afrond pil te gee wat mens heelwat duurder gaan uitwerk of kan ek my eie rantsoen maak wat bietjie goedkooper gaan uiwerk, maar ek hoor die vermorsing is meer as jou ransoen nie verpil is nie. Wat se julle manne wat die bedryf ken?
Groete
Pieter
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 4:47 am
by Gernie
Hi Pieter, met nou se voer pryse is dit maar duur storie. Beste sal wees om met jou naaste Voermol agent te skakel. Hulle het al die somme en raad.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 7:39 am
by LDV
Pieter as jy wil wins maak bly weg van aangekoopte pille. Probeer voermol ook n skip gee as jy groot genoeg is.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 7:54 am
by Gernie
Jy hoef glad nie Voermol produkte te gebruik nie, maar hulle het die kennis van die besigheid. En jy sal dus dom wees om nie maximum groei per dag na te streef nie.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 8:03 am
by savage(P Coetzer)
Ek meng en verpil my eie voer. Dit werk aansienlik goedkoper uit as gekoopte pille. Die voordeel van verpilde voer bo gewone volvoer is aansienlik. Voermol se ss200 werk vrek duur maar indien jy nie toegang tot molasse het nie is dit n opsie. Probeer eerder om n gekonsentreerde konsentraat wat genoeg ammonium chloried en regte rumensin bevat aan te skaf en jou eie voer daarmee te meng. As ek dit nie mis het nie sal Mellies hier op die forum goeie tegniese advies kan gee.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 8:44 am
by Dawid S
http://www.molatek.co.za/afrikaans/inde ... onsentraat
Ons het die "Ram veiling rantsoen" gebruik.
Om op kleinskaal te pil is nie betalend nie. Ek het vir 420 lammes gepil en dit het met 'n goed uit gele-de stelsel een werker 2 dae per week geneem om genoeg pille te maak.
Ek het Louwtjie Steyn van Hopetown se stelsel gebruik. Hy voer 7000 lammers.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 9:05 am
by BeesBreet
Ek meng ook self, gebruik my eie mielies en aangekoopte lucerne, met konsentrate van of Voermol of Molatek. Ek verpil nie my setup is nog te klein. Sterkte
Vermorsing kan tot n mate verhoed word deur genoeg "voerbak" spasie en deur kleiner hoeveelhede voer uit te sit meer gereeld deur die dag... inplaas van adlib. (lees klein skaal) dit gaan nie werk met n groter setup nie.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 9:27 am
by Dawid S
My voerkraal. Die voerkar loop op die twee spore. Voer eers regs en met die terug kom slag links.
Dit kan 6 , 10 15, 25 of 30Kg op 'n slag aan elke kraal voer. "n Kraal hou 30 lammers, 9meter lank wat die aanbeveelde 300mm vreet spasie gee. Al die lammers moet op een slag kan eet anders word die skaam eeters uit gedruk.
Jy sien al jou lammers elke keer as jy voer. 3 maal per dag. Siek en swak lammer word gou ge-identifiseer.
Skeer die lammers die dag as hulle af gelaai word. (Doen al die handtering klaar anders word hulle weer gestress as jy hulle later skeer en weer handteer.) spuit Multivav P+. Spuit 7-10 dae later Bloednier.
Begin met gemaalde lusern voer in die voerbak as ook 'n baal lusern in 'n bak of voerder. Begin met jou konsentraat in die bak voer 2-3 dae later klein hoeveelhede tot dat hulle 7- 10 dae later aan gepas is. Haal die met maag werking dadelik uit behandel en gee net lusern. Selfvoerders is 'n baie swak voer sisteem, skaap eet NIE ou voer nie.
Klein water krippe word nie warm nie. Water krippe moet in die koelte staan, skaap like nie warm water nie. Daar moet genoeg skaduwee weer oor die hitte van die dag. Skaap wat warm kry vreet nie.
Die beste is om jou lammers direk aan slagter te verkoop.
Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 11:36 am
by LDV
Probleem wat ek met voermol het is hul is daar om van n byproduk onslae te raak.
My bees rantsoen wat ek self meng en voermol se sb 100 rantsoen verskil R 400 n ton.
Ek voer 1200kg n dag en dit maak dit n groot verskil.
Kontak n voeding consultant dat hy vir jou n rantsoen uitwerk.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 1:49 pm
by BeesBreet
LDV wrote:Probleem wat ek met voermol het is hul is daar om van n byproduk onslae te raak.
My bees rantsoen wat ek self meng en voermol se sb 100 rantsoen verskil R 400 n ton.
Ek voer 1200kg n dag en dit maak dit n groot verskil.
Kontak n voeding consultant dat hy vir jou n rantsoen uitwerk.
Ek stem saam oor die Voermol/Molatek wat n by produk smous. Vir my beeste meng Ek alles self en kontrole en rou materiale is meer konstant. My skape is net te min... Ek gaan ook maar n konsultant raadpleeg oor die skape se rantsoene.
Dankie
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 2:11 pm
by Stefan Fourie
+1
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Mon Feb 20, 2017 2:42 pm
by Dawid S
Ek het 'n bruikbare spreadsheet van Voermol wat wins gewendheid van 'n voerkraal bepaal.
Dit was iewers op die net, Dr Jasper Voermol Landbou week blad maar ek kry dit nie meer op die net nie.
PM my en ek kan dit vir jul mail.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Wed Feb 22, 2017 11:45 am
by Pieter 300wm
Baie dankie vir almal se raad en menings dit help al baie. Wat is volgens julle die beste ras om te voer. Wol merinos is redelik volop beskikbar in my omgewing, maar ekt ook al gehoor hulle vat bietjie langer om mark gereed te raak as die vleis en dohne merino.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Wed Feb 22, 2017 12:28 pm
by Gernie
Ek dink enige iets met wol wat kan geskeer word, want dit is ekstra inkomste.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Wed Feb 22, 2017 3:51 pm
by Dawid S
Wol betaal medikasie en selfs deel van die vervoer.
Die wol merino van vandag groei beter, soos reeds gese vleis rasse voer die beste.
Ek is nie lief vir dorpers nie

Die dorper moet op 'n ligter massa uit gelaai word.
Die vleis/wol rasse het ek op 47-48Kg uit gelaai. Dan is jy seker op 'n veilige A2-A3 - 22kg karkas. 50Kg raak hulle te vet.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Wed Jun 28, 2017 7:38 am
by Vleisie
Praat met die manne van Telweidre voere ook, Dr Jasper Coetzee wat by voermol was, werk nou vir hulle.
Ek sĂȘ nie noodwendig hulle is goedkoper nie, ek dink net hulle het 'n beter produk. Al die boere rondom my wat pille maak en vee voer is oor Telweidre toe.
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Wed Jun 28, 2017 12:34 pm
by Stefan Fourie
LDV wrote:
Kontak n voeding consultant dat hy vir jou n rantsoen uitwerk.
LDV, het jy dalk 'n naam en nommer van 'n voeding konsultant?
Groete
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Wed Jun 28, 2017 1:45 pm
by Dewitt
Stefan jy kan my broer kontak hy is by Veekos/Feedmaster Upington hy kan jou in kontak sit met iemand by hul Charlie 0716717043
Groete
Dewitt
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Wed Jun 28, 2017 7:23 pm
by Stefan Fourie
Dewitt wrote:Stefan jy kan my broer kontak hy is by Veekos/Feedmaster Upington hy kan jou in kontak sit met iemand by hul Charlie 0716717043
Groete
Dewitt
Baie dankie, waardeer
Re: Skaap voerkraal rantsoen
Posted: Tue Sep 16, 2025 9:21 pm
by Die Uwe
Naandse manne
Ek weet die is oud, maar is daar nog enige manne hier wat skape op volvoer stelsels het asb?
Dankie