Page 1 of 1

Gamo Deltafox - spring is pap.

Posted: Tue Feb 28, 2017 4:20 pm
by Frederik
Kan iemand my dalk verwys of sé waar ek die veer kan regmaak. Het die geweertjie 8-9 jaar terug gekoop en tussen my seun en ek oefen in die tuin is die geweer seker al deur 2000 pellets. Ek weet dit is nie die beste windbukse op die mark nie maar ek oefen lekker op klein teikens tot so 10 meter.

Waar kan ek om laat diens en regmaak in PTA?

Re: Gamo Deltafox - spring is pap.

Posted: Tue Feb 28, 2017 4:28 pm
by Gian_dP
Kontak Nicholas Yale Custom Airguns- www.kittedout.co.za. Hulle kan veer vervang, of "gas ram" insit vir jou.

Re: Gamo Deltafox - spring is pap.

Posted: Tue Feb 28, 2017 4:38 pm
by Frederik
Dankie dit is net bietjie ver uit my pad uit, soek plekkie in PTA verkieslik.

Re: Gamo Deltafox - spring is pap.

Posted: Tue Feb 28, 2017 6:28 pm
by Gian_dP
Hulle koerier het my net oor die R100 uitgewerk vir Kaapstad-Jhb-Kaapstad. Hulle diens is topklas.

Re: Gamo Deltafox - spring is pap.

Posted: Wed Mar 01, 2017 6:47 am
by Klein Chris
Bouwer Broers in Voortrekker weg?

Re: Gamo Deltafox - spring is pap.

Posted: Wed Mar 01, 2017 2:35 pm
by Swede
sit 'n gas ram in dan het jy nooit weer problem nie ;D