Page 1 of 1
Enduro bikes vir kinders
Posted: Tue Mar 07, 2017 5:15 pm
by Beer (Christo)
Ek soek iets om saam met my seuns te doen. Hulle sal saam jag. maar nie leif vir lang dae op die skiet baan nie.
Weet julle van plekke in en om Johannesburg / Fourways waar ons van die motorfietse kan huur, ry en sien of die gogga byt.
Sal eers wil sien of hulle dit gaan geniet voor ek geld in fietse en toerusting spandeer..
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Tue Mar 07, 2017 6:10 pm
by Giepie
Hoe groot is jou seuns? Probeer ADA, Maropeng/Kromdraai omgewing.
http://www.adasa.co.za/
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Tue Mar 07, 2017 6:38 pm
by Beer (Christo)
Hulle is nou 7 en 9.
Die advies wat ek gekry het is om na die Honda CRF125 of die tweede handse CRF 100's te kyk. Ek het vandag 'n handelaar gebel en gese ek stel belang om fietse te koop, maar soek 'n plek om te toets. Hulle het gese hulle sal betaal vir die training as ek hulle per epos laat weet ek stel belang.
Ek sien hierdie mense hardloop 'n Honda akademie. Dis seker dieselfde.
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Tue Mar 07, 2017 10:21 pm
by Giepie
Waarskynlik selfde plek. Geniet dit, groot voorreg.
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Fri Mar 17, 2017 12:26 pm
by tau
Is jy reg om $ te bloei?? Spot net my beste tye gehad op 'n scooterbike.
Kan hulle al ry?
9 jarige KX 65
7 jarige Pw50
Albei great om mee te begin, die 65 is net bietjie giftig as jy nie kan ry nie. Die CRF's is helemal te swaar.
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Fri Mar 17, 2017 1:43 pm
by Beer (Christo)
ja my keel het toegetrek toe ek die nuwe bike pryse sien.
Ek het gesien die CRF110 weeg amper 80kg. Iemand het ook 'n PW 80 voorgestel?
Sal bietjie loer na die KX 65.
Ek dink my oorspronkilke gedagte was om nie gou weer fietse te koop nie, maar dit gaan nie help ek sit hulle op te groot fietse en dan hskrik dit hulle af nie
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Fri Mar 17, 2017 1:44 pm
by Beer (Christo)
n nee hulle kan nog nie ry nie.
Hulle is algemaklik met die gokarts, so ek glo nie hulle sal te lank vat nie
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Fri Mar 17, 2017 2:51 pm
by tau
Ok kry dan PW50 vir kleintjie (my laaitie ry al syne vandat hy 4 is. hy raak April 7)
Ek het self na my QR50 'n PW80 gehad. DIt is 'n goeie plan. Soek 'n ou een net om hom gemaklik te kry, maar weet vanaf die begin die KX65 is die volgende stap. Hulle is ongelukkig in 2012 discontinued, maar hulle is vrek taai en beter vir enduro as die KTM65 vir 'n beginner.
Die KTM is dan later die antwoord as jy die kinders kans wil gee, maar hulle performance kom met 'n hoër onderhouds koste en vlak as die PW's en KX. EK persoonlik gaan vir my mannetjie volgende jaar skuif na 'n netjiese KX 65. Vir enduro is hulle verrigting goed genoeg en hulle is bulletproof.
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Wed May 17, 2017 7:43 am
by vossie1
As jy vroeer gepraat het ek het my PW50 R5000 en my PW 80 R7000 verkoop PW80 was in uitstekende toestand. Ek het vir my seuns 3 en 5 die Oset electrical bikes gekoop, ons bly in n eatate en die petrol bikes raas te veel maar die elektriese bike move en jy kan hulle nie hoor nie, hulle kan verstel met reostat vinnig of stadig. Baie duur maar goedkoper as petrol en kyk bietjie die truuks wat hulle doen met die fietse. Niks beat n petrol gevoel nie maar dis n opsie vir dorp.
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Wed May 17, 2017 8:15 am
by Beer (Christo)
Ek het toe 'n mooir PW80 vir hulle gekry vir R8k. Hulle kon nie baie ry verlede naweek a.g.v die reen nie.
Sodra die oudste gemaklik is op die PW80, sal ons begin kyk na die volgende stap.
Ek het darem vir my 'n mooi 2006 Honda CRF450x opgespoor. Ons moet net die prys vasmaak.
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Tue Jan 14, 2020 1:51 pm
by Beer (Christo)
Tyd stap aan.....
My oudste (12) is tans op 'n KTM 85sx (small wheel), maar jong boet is te groot vir sy KTM65sx en will nou die 85 oorvat. Ouboet het Desember my 300 gery, maar is nog bietjie klein (kort).
Hy moet maar in sy volgende fiets ingroei (soos ons skoolskoene toe ek 'n kind was). Dit help nie ek koop 'n 85 big wheel nie.
Ek het gedink om 'n KTM 150xcw te kry en dalk 'n lower kit.
Is daar van julle wat al 'n 150 gery het? Dit lyk asof hy so 10kg minder weeg as die 250?
Nou wonder ek of ek nie maar net 'n 250 moet soek nie? Dan kan hy sy volgende fiets koop met sy eie geld....
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Wed Jan 15, 2020 11:50 am
by Riebeeker
tau wrote: Fri Mar 17, 2017 12:26 pm
Is jy reg om $ te bloei?? Spot net my beste tye gehad op 'n scooterbike.
Kan hulle al ry?
9 jarige KX 65
7 jarige Pw50
Albei great om mee te begin, die 65 is net bietjie giftig as jy nie kan ry nie. Die CRF's is helemal te swaar.
Watter bike vir 'n 14-jarige?
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Wed Jan 15, 2020 12:19 pm
by vossie1
Ek sou se n goeie CRF 100 OF CRF 125 sal kan werk.
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Wed Jan 15, 2020 12:55 pm
by Hein22
CRF125 behoort die regte frame grootte te wees vir sy ouderdom en is 'n rustige fiets as hy nou eers begin ry.
Re: Enduro bikes vir kinders
Posted: Wed Jan 15, 2020 5:10 pm
by Beer (Christo)
Vir 'n 14 jarige sal 'n CRF 100 of 125 dalk vinnig vervelig raak. Dit hang maar van die kind af. My seuns is nie 'daredevils' nie en my 12 jarige sal definitief verby 'n CFR125 wees. Hy verkies ook die 2 strokes omdat dit ligter is. Afhangend van fisiese groote van die kind kan jy amper kyk na 'n groot frame fiets kyk.
Iets dalk eerder soos 'n CRF150r of 'n KTM of Kawa 85 big wheel. Dit bly maar 'n persoonlike ding