Page 1 of 1
375 met Red dot!!
Posted: Mon Mar 20, 2017 7:54 am
by vossie1
More Meneere ek het toe die red dot op my 375 gaan toets Saterdag en is heel in my skik met die resultaat,ek het n paar fotos aan. Op 100 meter was dit nogal moeilik om die oranje plakker te sien op die red dot se agtergrond, die plakker is 2moa op 100m so ek het maar gemik so goed ek kon en die groep is so 7cm hoog op 100m en lyk glad nie sleg nie sal hom beslis nog kleiner kan kry met n beter agtergrond teiken. 25m was ook baie maklik en lyk goed. ek het n tennisbal groote klip op 165m eerste skoot raak geskiet. Ek moet se dit lyk aardig op die roer maar dit is baie funktioneel en maklik om met alby oe oop te skiet. Gaan hom more op Zebras en rooibokke toets.
Re: 375 met Red dot!!
Posted: Mon Mar 20, 2017 8:15 am
by DWB
Lekker Vossie,
Ek geniet myne ook bitter baie!
Re: 375 met Red dot!!
Posted: Mon Mar 20, 2017 8:25 am
by spekieries
Vossie en Deon wie vervaardig die "red dot's" wat julle op het? Ek vermoed ek sal eers 'n pigatiny (spelling) op my Howa moet sit.
Re: 375 met Red dot!!
Posted: Mon Mar 20, 2017 8:37 am
by Giepie
Daar is verskillende make, Aimpoint, Bushnell, Lynx, Leupold, om net paar te noem. Ekself het het 'n Bushnell TRS-25. Het jou Howa Weaver tipe mounts op? Dan sal dit daarop pas. Ek het Weaver tipe mounts op my 375 waarop my teleskoop pas, maar met Leupold QRD ringe, so ek kan maklik wissel tussen die reddot en teleskoop.
Re: 375 met Red dot!!
Posted: Mon Mar 20, 2017 8:40 am
by vossie1
Ek het die Aimpoint H2 op en dit is n goeie stuk gereedskap sover.
Re: 375 met Red dot!!
Posted: Mon Mar 20, 2017 8:42 am
by DWB
Ek het die Aimpoint Micro H1 op myne (404).
Dit is seker onder die bestes as dit by Red Dots kom.
Hy sal op 'n Weaver mount op die Howa pas.
Re: 375 met Red dot!!
Posted: Mon Mar 20, 2017 8:55 am
by spekieries
Ek besef daar is baie fabrikate. Ek wou maar net hoor watter werk goed. Ja Deon Aimpoint moet seker van die beter fabrikate wees want ek sien hy kom met 'n redelike prys. Het iemand ondervinding met die Lynx red dots. Giep in watter prysklas val daai Bushnell. Is al hierdie "sights" een op een vergroting. Hoe lank is die battery leeftyd. Nee Giep my .375 Howa het plat blokkies op waarop die ringe gemonteer is. Deon gaan jy volgende week BASA?
Re: 375 met Red dot!!
Posted: Mon Mar 20, 2017 12:50 pm
by Meteor
Die Bushnell TRS 25 is waar ek sal begin vir waarde vir geld. Hulle kos omtrent R2500 maar pryse is op vandat ek gekyk het.
Volgende stappie is die Burris Fastfire, Doctor teen omtrent R4000.