Page 1 of 1

Heuning

Posted: Fri Mar 24, 2017 2:57 pm
by Johan7
'n Vrou gaan kla by haar dokter dat haar man 'n bietjie lui is met die vryery.

Die dokter sê: 'Mevrou, voer hom heuning. Sit hom op 'n heuningdieet. Op sy pap, op sy toebroodjies, op sy nagereg, in melk voor hy gaan slaap. Dink maar hoeveel heuning jy by hom kan inkry. Gebruik jou inisiatief.'

Na 'n maand loop die dokter haar raak. 'Hoe gaan dit by die huis?' vra die dokter.

Sy sê: 'Nee dokter, hy zoem al, maar hy steek nog nie.'

Re: Heuning

Posted: Fri Mar 24, 2017 5:37 pm
by Diesel Dog
Sy moet na sy angel laat kyk!

DD

Re: Heuning

Posted: Fri Mar 24, 2017 5:41 pm
by Hein M.
Papspyker 8)

Re: Heuning

Posted: Fri Mar 24, 2017 6:10 pm
by wlm
Tannie was so lelik, die bye het haar eerder gebyt.

Re: Heuning

Posted: Fri Mar 24, 2017 9:41 pm
by Sean3006
Lekker lag ek nou...

Re: Heuning

Posted: Tue Oct 31, 2017 12:40 pm
by CJNaude
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: