Page 1 of 1
Jagplek gesoek
Posted: Fri Mar 31, 2017 11:16 am
by Johan7
Jagplek gesoek hier teen die weskus - vanaf Springbok se wereld tot in die Kaap - enige plek langs die N7. Op soek na BWB / SWB / springbok / gemsbok.
Re: Jagplek gesoek
Posted: Fri Mar 31, 2017 11:36 am
by joe rocket
Google donkieskraal praat met sarel. Weet nie of hulle gaan jag nie dit is baie droog.
Re: Jagplek gesoek
Posted: Fri Mar 31, 2017 12:19 pm
by Johan7
Dankie Joe. Ja deksels, hier bo is dit verskriklik droog, so hier wil die manne klaar nie laat jag nie, tensy die wereld kom wegspoel. Gedink die manne af Kaap toe sal beter veld he. Dankie, sal Sarel bel.
Re: Jagplek gesoek
Posted: Mon Apr 03, 2017 8:35 am
by Johan7
Joe,
Donkieskraal laat nie meer jag nie. As iemand anders weet van 'n plek, laat weet asseblief!
Re: Jagplek gesoek
Posted: Mon Apr 03, 2017 2:35 pm
by Boesman10
As jy weg wil beweeg van die N7 na die N1 rigting Beaufort Wes dan kan ek jou help. Nog net 3 datums beskikbaar vir die jaar -
master@wetdog.co.za.
Re: Jagplek gesoek
Posted: Mon Apr 03, 2017 2:57 pm
by Johan7
Boesman, jislaaik jong, dis ver! Laat jy self jag - is dit op jou grond?
Re: Jagplek gesoek
Posted: Mon Apr 03, 2017 3:05 pm
by GreyGhostGear
Johan7 wrote:Boesman, jislaaik jong, dis ver! Laat jy self jag - is dit op jou grond?
Hi Johan,
Dit is nou nie 'n antwoord of uitkoms nie, maar ek wonder sommer, is dit nie vir julle manne van daardie kontrei nader en goedkoper om sommer Grunau/Karasburg se kant toe te staan nie?
Ek verstaan jou pyn, want ons ry ook maar wyd - tussen 1200km en 1800km roundtrips elke slag. Maar die ry en beplan is mos maar deel van die lekker.
Groetnis
Re: Jagplek gesoek
Posted: Mon Apr 03, 2017 3:47 pm
by Johan7
GreyGhostGear wrote:Johan7 wrote:Boesman, jislaaik jong, dis ver! Laat jy self jag - is dit op jou grond?
Hi Johan,
Dit is nou nie 'n antwoord of uitkoms nie, maar ek wonder sommer, is dit nie vir julle manne van daardie kontrei nader en goedkoper om sommer Grunau/Karasburg se kant toe te staan nie?
Ek verstaan jou pyn, want ons ry ook maar wyd - tussen 1200km en 1800km roundtrips elke slag. Maar die ry en beplan is mos maar deel van die lekker.
Groetnis
Dis dalk nie 'n slegte idee nie! Ek het 'n pel wat nou al lank aan my kou om saam te gaan Karasburg toe, maar ek sien nog heeltyd op teen die permitte en dinge, maar dalk moet ek dit tog oorweeg. Hy se ook daai omie het als wat ek nodig het, so ek sal herbesin. Dankie vir jou voorstel. Ek moet nou net positief dink en dat hierdie ding op my begin groei....
Kan jy glo - Donkieskraal hier by ons laat weet my vanoggend nadat ek navraag gedoen het hulle laat nie meer jag nie, jammer. Half twaalf kom hier 'n mail by my aan van Kaapjag af - lekker jagpakket te wen met koedoe, blesbok en wat als ter waarde van R25000. Raai waar? Donkieskraal!!!
Re: Jagplek gesoek
Posted: Mon Apr 03, 2017 3:58 pm
by Jurgen Visser
Ek nou ook daai mail gekry van Donkieskraal advertensie op kaapjag , nogal gewonder oor dit , maak my bang
Re: Jagplek gesoek
Posted: Mon Apr 03, 2017 5:05 pm
by ruaanb
Kaapjag se kompetisie pakket is lank vooraf gereel so rustig wees manne.
Re: Jagplek gesoek
Posted: Mon Apr 03, 2017 9:31 pm
by Gawie(13mm)
ruaanb wrote:Kaapjag se kompetisie pakket is lank vooraf gereel so rustig wees manne.
Ek kan bevestig dat nie Zuma of enige van die Guptas aandele in Donkieskraal besit nie.
Soos GGG sĂȘ, doen die Namib ding. Jy sal nie spyt wees nie.
Re: Jagplek gesoek
Posted: Tue Apr 04, 2017 8:17 am
by Johan7
Dankie Gawie, ek werk klaar daaraan, want hier by ons sal as dit nou kom reen nie veel beteken nie. Die boere ry al klaar water aan na Calvinia, die dorp is sonder water. Ek sien die regering wil 'n El Nino aankondig vir die streek. My swaer wat in die Boesmanland boer se hy slaap nie snags nie - hulle het juis nou 'n hengse stuk plaas by aangekoop en hy se hy sien net hoe die skaap le as hy saans sy oe toemaak. Dis 'n bitter sleg situasie.
Re: Jagplek gesoek
Posted: Tue Apr 04, 2017 10:14 am
by Boesman10
Johan7 wrote:Boesman, jislaaik jong, dis ver! Laat jy self jag - is dit op jou grond?
Ek sien as jy Calvinia om ry is dit 560 km Beaufort Wes toe.
Re: Jagplek gesoek
Posted: Tue Apr 04, 2017 10:42 am
by Johan7
Boesman, ek PM jou!