Page 1 of 2
300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:19 am
by Swede
Ek is beperk tot 300m by ons baan, watter groote gong is die regte een om te gebruik
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:24 am
by Arnold
Swede wrote:Ek is beperk tot 300m by ons baan, watter groote gong is die regte een om te gebruik
Hoe maklik wil jy hom raak skiet

Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:35 am
by Swede

ja dus nou 'n ander vraag, wil dit skiet met my stokke( SA Jagter) uit die le posisie.
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:35 am
by douw
Arnold wrote:Swede wrote:Ek is beperk tot 300m by ons baan, watter groote gong is die regte een om te gebruik
Hoe maklik wil jy hom raak skiet


Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:36 am
by henried
Ek en my seuns skiet die een, hy werk soos 'n droom.
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:38 am
by Swede
henried wrote:Ek en my seuns skiet die een, hy werk soos 'n droom.
Dit lyk goed, wat is die mates daarvan
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:42 am
by LRLaubscher
Ek sou sê 150mm is n goeie challenge.
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:43 am
by henried
Swede wrote:henried wrote:Ek en my seuns skiet die een, hy werk soos 'n droom.
Dit lyk goed, wat is die mates daarvan
Dis vol grote, soos die SA jagter springbok teiken as ek dit reg het.
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:58 am
by Swede
LRLaubscher wrote:Ek sou sê 150mm is n goeie challenge.
Dankie
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:58 am
by Swede
henried wrote:Swede wrote:henried wrote:Ek en my seuns skiet die een, hy werk soos 'n droom.
Dit lyk goed, wat is die mates daarvan
Dis vol grote, soos die SA jagter springbok teiken as ek dit reg het.
Dankie
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:01 pm
by Jean Marais
Ek dink dis lekker om na bv 'n springbok gong teiken te skiet vir speel. Vir oefen voor 'n jag, sou ek egter eerder na 'n 150-200mm ronde gong kyk. Die rede is dat as jy hom raakskiet, is jy seker van 'n doodskoot in die hart/long area. Op die springbok gong kan jy egter 'n "kwesskoot" ook raakskiet in die pensarea.
Vir brein/kopskote, niks groter as 100mm ronde gong nie.
Let wel, dis my nederige opinie.
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:14 pm
by Pvdw
Ek skiet gereeld oor stokke na gonge. Ek vind die 150mm maklik op 200m en die 100mm is vir my 'n uitdaging met so +/- 50-60% sukses op 'n goeie dag.
Op 300m raak die bewe vir my rof en sukkel ek met die 200mm gong. Skiet hom so 50% kere raak op 300m, soms minder

. Die 150mm gong oor die stokke is vir my persoonlik nie eers 'n opsie op 300m nie.
My jongste seun 19 roer weer die 200mm gong 4/5 keer op 'n gemiddelde dag op 300m. Nog nie die 150mm daar prober nie.
Ek hoop dit gee jou beter idee van wat om te kies en hoe ander manne ook maar sukkel.

Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:30 pm
by Capt. Yoda
Ruil die stokke vir n bipod of cruiser en die gong vir golfballe, ander sou ek ook een van Jacques se bokke vat. As jy nie op 300m deur joy scope kan sien wa jy hom skiet nie gaan jy sukkel om op 300m te skiet. Die groter tyken gee jou n baie beter idee van waar jy skiet en jy kan altyd n swart kol op hom verf en net na die kol skiet
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:31 pm
by Swede
)
Capt. Oblivious wrote:Ruil die stokke vir n bipod of cruiser en die gong vir golfballe

ek maak so, so gepraat van bipod wat is 'n bekostigbare bipod, nou nie daai een op jou Sako nie

Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:38 pm
by Eugene
Sit eerder 'n 500mmx500mm plaat op elke afstand en verf 'n moa grootte kol daarop. Dit gaan vir jou meer terugvoer gee oor waar jou skote is, as bv 'n 4" gong op 300m. Dis lekker om daai klein gongetjie raak te skiet, maar al mis jy dit net-net, gaan jy nie weet waar jy dit gemis het nie....
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:40 pm
by LoopSoosStroop
Ek het 'n 400 mm SQ gong met 'n 100 mm ronde "cut out" in die middle, met dan 'n klein gong wat daarin hang (skarnier eintlik).
Voordeel daarvan is dat dit maklik is om verskillende kleure te verf, so die kol of middelste gong verf ek rooi en die res wit, lekker mik plek. Die res van die wit gong stel my dan in staat om my mis skote ook te sien.
NM500.jpg
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:41 pm
by LoopSoosStroop
Maar ek moet sê, daardie bok gonge lyk lekker.
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:47 pm
by MrBartlein
'n 8" ronde gong gaan jou genoeg opdraande gee met wind ens. Dis nie lekker om alewig mis te skiet as as die elemente teen jou is. Kry liewer iets wat jy elke keer raak kan skiet dat jy kan leer watter invloed wind ens op jou skoot gemaak het. n Mis Skoot vertel jou niks en dis n mors van geld en moeite. Jy kan die gong tot 500m effektief aanwend in windstil toestande. Al gesien ouens gebruik hom tot 650m maar ek val nie in daai klas.
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:55 pm
by Swede
Capt. Oblivious wrote:Ruil die stokke vir n bipod of cruiser en die gong vir golfballe, ander sou ek ook een van Jacques se bokke vat. As jy nie op 300m deur joy scope kan sien wa jy hom skiet nie gaan jy sukkel om op 300m te skiet. Die groter tyken gee jou n baie beter idee van waar jy skiet en jy kan altyd n swart kol op hom verf en net na die kol skiet
Ek het dan 'n Rudolph! kan mooi sien.
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:59 pm
by Swede
Dankie vir al die insette
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 1:03 pm
by MrBartlein
Swede wrote:Capt. Oblivious wrote:Ruil die stokke vir n bipod of cruiser en die gong vir golfballe, ander sou ek ook een van Jacques se bokke vat. As jy nie op 300m deur joy scope kan sien wa jy hom skiet nie gaan jy sukkel om op 300m te skiet. Die groter tyken gee jou n baie beter idee van waar jy skiet en jy kan altyd n swart kol op hom verf en net na die kol skiet
Ek het dan 'n Rudolph! kan mooi sien.
Ja nee. Sommer mooi sien hoe jy mis skiet ook

Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 1:07 pm
by MrBartlein
Swede so tussen jou en my. Ek het begin by n 8" ronde gong en hom nogal goed gepeper maar ek het geeindig my n 20" vierkantige plaat om my lewe makliker te maak
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 1:15 pm
by Swede
MrBartlein wrote:Swede so tussen jou en my. Ek het begin by n 8" ronde gong en hom nogal goed gepeper maar ek het geeindig my n 20" vierkantige plaat om my lewe makliker te maak
Ek dink ook dit is die regte roete!
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 1:19 pm
by MrBartlein
Yip! Bekker staal Vereeniging 12.5mm 20 x20" hy weeg om en by 20kg en jy is gesettle
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 1:23 pm
by henried
Ek gebruik die gong vir leer ook.
As die wind waai, veral met die 223, begin ons in die middle van die bok, sodat ons kan sien wat die wind maak.
Om 'n klein gong mis te skiet leer ons niks.
Voor ons jag in 2016, kon my seun 10/10 op die springbok skiet, van sy groepe was groot, maar geen kwes skote nie. Hy was dus gemaklik om sy blesbok op 250m te skiet tydens on jag.
Die beste ding van 'n gong is die selfvertoue wat jy kry, dis die beste ding wat ek kon gekoop het vir oefen.