Page 1 of 1

LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Fri Apr 21, 2017 12:26 pm
by Hennie Oelofse
Goeie dag manne,

Ek en my vrou het sopas ons eerste huis gekoop. (Dit gaan maar rof!! :laugh: )

Ek is tans besig om my sekuriteit so bietjie op te skerp, en wil bietjie raad vra vir die manne wat al jare hulle eie eiendomme het en weet waar is die "weakspots".

Daar is alreeds n ou alarm, wat ek nou laat opgradeer het na n paradox systeem met beams aan die buitekant het asook oogies in elke vertrek ens. Ek het ook maar n kamara systeem laat insit en daar is 8 string elektriese draad om die eiendom.

Ek het alreeds 4 LED flood lights op rondom my huis, van daai wat aangaan as daar beweeging is.


Wat kan julle voorstel kort ek sekuriteits gewys?

My erf is bietjie donker in die aande, veral agter waar daar n groot stuk erf is en n besige pad agter die muur. (Precast walls, wat my bietjie bekommer)

Ek wil graag n 10watt LED Flood light voor by my garage op sit en n 20watt LED Flood light agter waar my erf groot is, ek wil hê hulle moet sommer reg deur die aand skyn.

Nou is ek net bietjie bekommerd oor my krag verbruik wat kan deur die dak skiet met die ligte wat heel nag skyn... Is daar manne wat van hierdie ligte ook gebruik dalk?

Kom ons help mekaar met idees om ons huise te beveilig... Ek hoor gereeld lelike stories oor huisbraak, ek wil nie deel van die statestiek word nie!

Groete,

Hennie Oelofse

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Fri Apr 21, 2017 1:23 pm
by Pvdw
Net om jou naastenby 'n idee te gee van daai 10 en 20W ligte. Saam gebruik hulle 30W so dit gaan 30 uur en 20min vir hulle neem om 1kWh te gebruik. Indien hulle 8 ure per nag brand sal dit amper 4 nagte neem. Gemiddelde koste van 1kWh is so rondom R2. Dus kan jy kyk na so 50c/aand vir 1x10W en 1x20W. Dis net 'n rowwe beramong maar dit sal jou 'n idee gee.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Fri Apr 21, 2017 1:29 pm
by junglejulian
Probeer sover moontlik Senergy se Led ligte koop.hul het beter Led chips in as meeste china mall fabrikate en het n 2 jaar waarborg.hul is ook bekostigbaar.As jy nie tans sukkel met die bestaande Led ligte nie behoort jy reg te kom.soms as die kragtoevoer vanaf Eskom nie stabiel of die regte frekwensie is nie sal die ligte flikker.jy kan dan n klein rectifier insit wat so R30 kos wat help.veral by Led downlight ligte.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Fri Apr 21, 2017 1:33 pm
by ruaanb
10 rottweilers.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Fri Apr 21, 2017 3:27 pm
by Hennie Oelofse
Pvdw wrote:Net om jou naastenby 'n idee te gee van daai 10 en 20W ligte. Saam gebruik hulle 30W so dit gaan 30 uur en 20min vir hulle neem om 1kWh te gebruik. Indien hulle 8 ure per nag brand sal dit amper 4 nagte neem. Gemiddelde koste van 1kWh is so rondom R2. Dus kan jy kyk na so 50c/aand vir 1x10W en 1x20W. Dis net 'n rowwe beramong maar dit sal jou 'n idee gee.
Ooh ok, dit is darem glad nie te bad nie... darem nie honderde rande ekstra n maand nie.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Fri Apr 21, 2017 3:40 pm
by Carl
AC DC het 'n spesiale aanbieding op 50W LED gehad met 'n waarborg. Lig is goed.

Is jou alarm stelsel draadloos??

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Fri Apr 21, 2017 4:01 pm
by Hennie Oelofse
Carl wrote:AC DC het 'n spesiale aanbieding op 50W LED gehad met 'n waarborg. Lig is goed.

Is jou alarm stelsel draadloos??
Hi Carl,

Dankie sal bietjie kyk op hulle website. Nee, die hele stelsel is wired.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Thu May 04, 2017 8:10 am
by Jjjbay
Goeie kwaliteit beams buite... Koppel jou elektriese heining ook op jou alarm... En kry vir jou n Klein hondjie met n groot bek wat binne die huis kan slaap.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Sat May 06, 2017 9:01 am
by Springkudu
junglejulian wrote:Probeer sover moontlik Senergy se Led ligte koop.hul het beter Led chips in as meeste china mall fabrikate en het n 2 jaar waarborg.hul is ook bekostigbaar.As jy nie tans sukkel met die bestaande Led ligte nie behoort jy reg te kom.soms as die kragtoevoer vanaf Eskom nie stabiel of die regte frekwensie is nie sal die ligte flikker.jy kan dan n klein rectifier insit wat so R30 kos wat help.veral by Led downlight ligte.
Baie goeie verduideliking die, baie dankie. Ek kan ook net beaam wat JungleJulian gesê het, Senergy is die beste kwaliteit/waarde vir geld ligte, moet nie jou tyd mors met goedkoop Chinese goed, ek het daai pad gestap en laasmaand het ek AL my Chinese ligte vervang met Senergy, die verskil is BAIE groot. Om jou 'n idee te gee ek het langs die kant van my huis (Lang nou stuk) 4 chinese 10W LED ligte gehad, ek het hulle net so vervang met 4 x 10W Senergy ligte, op die einde van die dag kon ek eintlik net twee Senergy ligte ingesit het, die kwaliteit van hulle lig is dubbel indien nie 3 keer beter as die cheapies.

Ek het self 'n baie donker kol agter in my jaard wat my baie pla, as ek in my braaikamer sit kyk ek deur die glas in my pik donker agterjaard in, so dit is iets wat ek ook sal moet doen, ek sal verseker 'n 10W lig daa insit, 20W is te sterk (EK praat nou van Senergy).

Sterkte met alles, dit bly maar sad om te dink jy moet soveel geld spandeer om veilig te wees, met al die veiligheid maatreels wat jy in plek het gaan jy daren genoeg alarm kry voor hulle inkom.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Sat May 06, 2017 10:19 am
by Sangoma (IAN)
Julle kan gerus ook kyk na ons nuwe Ellies reeks ALS Led Floods.
Ingeboude dag/nag sensor wat outomaties af skakel sodra die son uit kom en outomaties aan skakel sodra dit donker word.

5 jaar waarborg

10-200W modelle

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Sat May 06, 2017 5:44 pm
by Diesel Dog
Hennie Oelofse wrote:Goeie dag manne,

Ek en my vrou het sopas ons eerste huis gekoop. (Dit gaan maar rof!! :laugh: )

Ek is tans besig om my sekuriteit so bietjie op te skerp, en wil bietjie raad vra vir die manne wat al jare hulle eie eiendomme het en weet waar is die "weakspots".




Wat kan julle voorstel kort ek sekuriteits gewys?


Groete,

Hennie Oelofse
Ek leef seker in n "fools paradise " maar so sal ek nie kan woon nie.My voorstel sal wees, n ander Provinsie .

DD

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Sat May 06, 2017 7:35 pm
by OosKaapJagter
Groot hond of honde buitekant. Soos Jjjbay sê, 'n klein hondjie binnekant wat nie gif gegee kan word nie.

Die nuutste tendens by ons is dat die inbrekers helder oordag, gewoonlik vroegoggend, met 'n koevoet die voordeur en veiligheidshek oopforseer. Die huismense is gewoonlik by die werk. Hulle storm in, gryp waardevolle items en is gewoonlik weg voor die alarmmaatskappy se mense opdaag. So ekstra veiligheidsdeur binnekant kan nie skade doen nie. As jy tuis is, het jy meer tyd om jou wapen te kry. As jy nie tuis is nie, kan die ekstra tyd om in te kom hulle genoegsaam ophou dat die spul tou opgooi.

Pasop vir jou eie arbeid. Hulle kan inligting oordra, aktief deelneem of doodeenvoudig oorval word.

As jy in Gauteng bly moet jy die letters van jou provinsie herrangskik om die volgende 3 woorde te vorm: "Get a gun". Dit is egter nie nodig om dit vir manne op hierdie forum te sê nie.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Mon May 08, 2017 10:12 am
by Springkudu
Kry vanoggend 07:00 oproep van my skoonma, sy het 03:45 wakker geword met 'n geluid buite hulle slaapkamer venster, sy het gedink sy verbeel haarself, 1 minuut later sien sy hoe tatta die grodyn wegskuif en in haar oe kyk (Hulle het diefwering op die venster, het met venster oop geslaap). Sy het toe natuurlik begin gil en skree vir my skoonpa om die panic knoppie te druk, hy het wakker geword maar nie lekker geweet wat aangaan (kan nogal dink as mens so moet wakker word). My skoonma het toe op gespring en knoppie gaan druk asook die buurtwag laat weet. Tatta is toe daar weg oor die muur asof daar nie 'n muur bestaan nie.

Maak my so die M*&R in dat mens deur sulke goed moet gaan!!! Daar is so venster of twee by my wat ook nog nie diefwering op het (Mens stel dit mos altyd uit tot iets gebeur), sommer dadelik my vrou gebel en gesê ons sal moet plan maak.

Daar kom 17:00 vanaand iemand hulle sien wat my alarm gedoen het, hy werk alleen, is baie baie goed geprys en die kwaliteit van sy werk is uitstekend!!!

Pasop maar manne, dit gaan rof daar buite

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Mon May 15, 2017 8:25 am
by Hennie Oelofse
Dankie vir al die inligting manne,

Ek het nou kamaras, LED floods, Takex beams op en ons kry hierdie naweek n klein worsie wat binne in die huis gaan slaap.

As ek nou bietjie raad kan raad gee, ek is nou deur die hele exercise.... Gaan kyk maar na Takex beams. Hulle vang 180 grade op, tot en met 22 meter. (Hulle adverteer 12 meter, maar myne vang op plekke meer as 20 meter op. Ek het soos n slang op die gras gekruip om te probeer om verby hulle te kom maar ek kon nie. Goeie goed daai!!! R 1700.00 by communica nou! Jou ander goed gee jou dalk n "sense of security", maar daai beams laat my veiliger voel as enige iets anders.

Groete,

Hennie.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Mon May 15, 2017 8:44 am
by Springkudu
Daarsy Hennie, veilig wees. Lekker ding van die beams is jy kan dit aktiveer wanneer jy by die huis is, dus kan jy die hele huis binne beweeg en gerus wees dat daar buite beams is wat iemand kan optel wat rondsluip terwyl jy by die huis is.

Re: LED Flood lights en algemene sekuriteit rondom die huis.

Posted: Mon May 15, 2017 9:41 am
by Hennie Oelofse
Springkudu wrote:Daarsy Hennie, veilig wees. Lekker ding van die beams is jy kan dit aktiveer wanneer jy by die huis is, dus kan jy die hele huis binne beweeg en gerus wees dat daar buite beams is wat iemand kan optel wat rondsluip terwyl jy by die huis is.
Hi Springkudu, dit is juis die lekker ding! Mens moet maar doen wat jy kan deesdae om veilig te bly.