Page 1 of 1
HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Sun Apr 23, 2017 6:26 pm
by LoopSoosStroop
Ek het gister bietjie my HACT sneller beetgekry. Ek het die pennetjie agter die sneller met 'n 3 mm drill rod vervang, maar hy het steeds so bietjie voortrek. Vir die ouens wat dit al gedoen het, watter groote het julle gebruik? is 3.5 mm steeds veilig?
Nadat ek alles gepolish het en so bietjie meer as 'n draai van die groter veer afgeknip het breek hy nou seepglad op 1090 gram. Sal hom graag nog so bietjie ligter wil kry, sê so 800 gram. Hoeveel kan mens wegvat van daardie veer?
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Sun Apr 23, 2017 6:41 pm
by tripodmvr
Andre308 is die kenner op daardie gebied.
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Sun Apr 23, 2017 6:49 pm
by Gawie(13mm)
Ek sou nie verder aan die veer knip nie.
Jy mag dalk net oor die afgrond gaan.
Boorpunte is relatief goedkoop. Probeer 3.2 en dan 3.5 mm.
Dit is een van die redes hoekom ek nie hou daarvan om aan HACT te krap nie. Amper soos 'n dame; meer streel en minder krap.

Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Sun Apr 23, 2017 7:17 pm
by LoopSoosStroop
Dankie Gawie. Adersins het ek gedink om die voortrek eers so te los, sal seker nie te verskriklik pla nie.
Ek is nie 'n kenner oor vere nie. Wat gebeur met 'n veer as mens draaie afknip en hom dan uitrek tot oorspronklike lengte? Is die "spring rate" dan effektief laer? My logika sê so, want dan word minder staal saamgepers vir 'n sekere lengte se kompressie?
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Sun Apr 23, 2017 7:20 pm
by Berra .204
Ek het die veer vervang met 'n ligter 4mm veer. Nie die voortrek weggevat nie, ek hou daarvan sodat ek eers sneller lekker op vinger voel, as hy dan haak is dit naby. Myne breek so op 650gram en het nog nooit probleme gehad nie. Ekt ook niks gepolish nie, was te bang en neuk iets op. Ekt altwee by howas so gemaak en al so 2500 skote deur een en 1500 deur ander.
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Sun Apr 23, 2017 7:46 pm
by 6.5/284Norma
Berra .204 wrote:Ek het die veer vervang met 'n ligter 4mm veer. Nie die voortrek weggevat nie, ek hou daarvan sodat ek eers sneller lekker op vinger voel, as hy dan haak is dit naby. Myne breek so op 650gram en het nog nooit probleme gehad nie. Ekt ook niks gepolish nie, was te bang en neuk iets op. Ekt altwee by howas so gemaak en al so 2500 skote deur een en 1500 deur ander.
Stem saam. het ook net 'n "papper" veer ingesit en die trek is baie ligter.
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Mon Apr 24, 2017 6:06 am
by Armand Steenkamp
Laat weet as jy die regte dikte het. Die voortrek pla my nie regtig nie. Ek het so bietjie meer as n coil van die spring afgeknip en nou is die sneller regtig vir my skitterend. Hou in gedagte ek is nie veel gewoond nie en het leer skiet met n Mk1 303
Groetnis
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Mon Apr 24, 2017 6:28 am
by Gawie(13mm)
Armand Steenkamp wrote:Laat weet as jy die regte dikte het. Die voortrek pla my nie regtig nie. Ek het so bietjie meer as n coil van die spring afgeknip en nou is die sneller regtig vir my skitterend. Hou in gedagte ek is nie veel gewoond nie en het leer skiet met n Mk1 303
Groetnis
Armand, dit is juis die probleem met die snellers; as jy dit so kan noem.
Ons is nie veronderstel om aan hul te krap nie, maar tog doen ons dit.
Ongelukkig is nie twee van die snellers 100% dieselfde nie en en kos dit meet en pas om die korrekte dikte pen te kry wat vir 'n spesifieke sneller werk. Om hierdie rede is bly dit maar 'n "shlep" vir die "tegnikus".

Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Mon Apr 24, 2017 6:32 am
by Armand Steenkamp
Gawie(13mm) wrote:Armand Steenkamp wrote:Laat weet as jy die regte dikte het. Die voortrek pla my nie regtig nie. Ek het so bietjie meer as n coil van die spring afgeknip en nou is die sneller regtig vir my skitterend. Hou in gedagte ek is nie veel gewoond nie en het leer skiet met n Mk1 303
Groetnis
Armand, dit is juis die probleem met die snellers; as jy dit so kan noem.
Ons is nie veronderstel om aan hul te krap nie, maar tog doen ons dit.
Ongelukkig is nie twee van die snellers 100% dieselfde nie en en kos dit meet en pas om die korrekte dikte pen te kry wat vir 'n spesifieke sneller werk. Om hierdie rede is bly dit maar 'n "shlep" vir die "tegnikus".

Oo ok. Ek sien Gaafster. Nee wat dan los ek hom net soos hy is! Die voortrek pla my nie.
Groetnis
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Mon Apr 24, 2017 6:47 am
by Hansieslim
Ekt n koperbussie gedraai met n ID van 1.5mm (as ek reg onthou) en n OD van 3.1mm (dit onthou ek 100%). Die bussie het ek oor daai pennetjie gesit. Ekt dus nie nodig gehad om aan die romp van die sneller te boor nie. Dit het die voortrek amper heeltemal weggeeem. Ekt gelees van 3.2mm maar was bang. Ek glo 3.5mm gaan te groot wees. My voortrek is nog daar maar baie baie klein en ek geniet hom so.
Elders op Jaracal het n man 'n "spacer" aan die agterkant van sy HACT sneller vasgeplak. Dit het my nogal beindruk as n alternatiwe manier.
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Mon Apr 24, 2017 8:04 am
by LoopSoosStroop
Dankie Hansieslim, ek gaan 'n 3.2 boorpunt probeer.
Ek het gelees van 'n man wat die veertjie tssen die sneller en actuator gebruik het as hoof veer, sal dit bietjie ook probeer vir interessantheid.
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Mon Apr 24, 2017 10:02 am
by Morne Van Der Merwe
More,
Ek het so stukkie plastiek geplak wat teen daai pennetjie druk, dan jy hom skuur soos jy wil , van geen voortrek tot n voor trek na keuse. Met super gom geplak, en hy sit. Sonder om gate te boor.
Groete
Morne
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Mon Apr 24, 2017 10:48 am
by LoopSoosStroop
Hoekom is julle almal so bang vir gate boor? Boor is lekker!

Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Mon Apr 24, 2017 10:53 am
by Morne Van Der Merwe
Ek kan nie reguit boor nie.

Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Thu Apr 27, 2017 3:09 pm
by LoopSoosStroop
Righto, 'n 3.5 mm boorpunt het my voortrek uitgesort. En trek gewig is nou af na 520 gram na nog 'n bietjie poleer en speel met die vere.
Wie het nou 'n "aftermarket" sneller nodig as die HACT so maklik is om aan te werk? Howa is baas.
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Fri Apr 28, 2017 6:35 am
by Morne Van Der Merwe
More,
Hoe het jy te werk gegaan om die sneller te poleer? Wat jy gebruik etc? Ek sal dit ookgraag wil doen. Het jy die veer vervang of net korter gemaak?
Groete
Morne
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Fri Apr 28, 2017 6:43 am
by LoopSoosStroop
Ek het 'n bench grinder met 'n polish wiel. Ek hou maar net die kontakvlakke van die sneller en actuator en sears teen die wiel met 'n bietjie polishing compound.
Ek glo nie dit is nodig nie. Die vlakke is baie mooi uit die boks uit.
Ek het die voortrek veer vervang met ene uit 'n Bic pen, net om die sneller "preloaded" te hou. Toe sit ek die voortrek veer in die plek van die hoof sneller veer.
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Fri Apr 28, 2017 10:12 pm
by Morne Van Der Merwe
LoopSoosStroop wrote:Ek het 'n bench grinder met 'n polish wiel. Ek hou maar net die kontakvlakke van die sneller en actuator en sears teen die wiel met 'n bietjie polishing compound.
Ek glo nie dit is nodig nie. Die vlakke is baie mooi uit die boks uit.
Ek het die voortrek veer vervang met ene uit 'n Bic pen, net om die sneller "preloaded" te hou. Toe sit ek die voortrek veer in die plek van die hoof sneller veer.
Dankie, jinne dis lekker lig die sneller.
Ek sal graag eendag my sneller wil meet.
Groete
Morne
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Fri Apr 28, 2017 10:26 pm
by LoopSoosStroop
Morne, vat net 'n botteltjie en hang hom aan die sneller met die geweer regop in 'n bankskroef. Dan gooi jy water in die bottel todat die sneller afgaan. Weeg dan die bottel en draadjie. Party ouens gebruik suiker i.p.v. water.
Re: HACT - Groote van pennetjie om voortrek weg te vat?
Posted: Sat Apr 29, 2017 6:38 am
by Morne Van Der Merwe
Baie dankie, dis nou n oulike idee, gaan dit vandag doen.
Groete
Morne