Page 1 of 1

12 GA CZ MALLARD OVER & UNDER 28" SHOTGUN

Posted: Tue Apr 25, 2017 8:19 am
by sako 30-06
More almal

Vir een of ander rede hak ek die heeltyd vas by die geweer.
Ek wil graag n haelgeweer koop maar R30 000 is vir my op die stadium bietjie baie.

Hoe goed is die CZ, gaan ek my geld mors of moet ek maar eerder bietjie langer spaar vir die Beretta?

Re: 12 GA CZ MALLARD OVER & UNDER 28" SHOTGUN

Posted: Tue Apr 25, 2017 8:24 am
by Boersonderroer
Wat wil jy skiet en hoeveel keer gaan jy skiet? As jy elke naweek 100 kluie skiet spaar maar eerder. As jy net een keer 'n maand so 50 kluie skiet is daar niks fout met die geweer nie.

Re: 12 GA CZ MALLARD OVER & UNDER 28" SHOTGUN

Posted: Tue Apr 25, 2017 8:35 am
by sako 30-06
Boersonderroer wrote:Wat wil jy skiet en hoeveel keer gaan jy skiet? As jy elke naweek 100 kluie skiet spaar maar eerder. As jy net een keer 'n maand so 50 kluie skiet is daar niks fout met die geweer nie.
Sal verseker nie so gereeld wees nie, dalk n paar duiwe gedurende seisoen en dalk n paar kluiduiwe.

Re: 12 GA CZ MALLARD OVER & UNDER 28" SHOTGUN

Posted: Tue Apr 25, 2017 12:07 pm
by vossie1
Het die mallard auto ejectors, ek het die Cz redhead wat nou nie meer gemaak word nie en dit is n baie lekker geweer met interchangeble chokes.

Re: 12 GA CZ MALLARD OVER & UNDER 28" SHOTGUN

Posted: Tue Apr 25, 2017 1:56 pm
by obasch
Kyk gerus ook na Italiaanse gewere soos Franchi Feeling, Bettensoli, FAIR en Zoli

Re: 12 GA CZ MALLARD OVER & UNDER 28" SHOTGUN

Posted: Tue Apr 25, 2017 3:35 pm
by johannvdg
sako 30-06 wrote:
Boersonderroer wrote:Wat wil jy skiet en hoeveel keer gaan jy skiet? As jy elke naweek 100 kluie skiet spaar maar eerder. As jy net een keer 'n maand so 50 kluie skiet is daar niks fout met die geweer nie.
Sal verseker nie so gereeld wees nie, dalk n paar duiwe gedurende seisoen en dalk n paar kluiduiwe.
Dis maar hoe ons almal begin het, met Turkse haelgewere gaan dit oor QC en backup, want goedjies gaan maar breek omdat hulle nie dieselde kwalitiet rou materiaal mee werk nie.

Luister na wat Oscar sĂȘ, alhoewel die Zoli dalk so 'n bietjie duur mag wees.

Re: 12 GA CZ MALLARD OVER & UNDER 28" SHOTGUN

Posted: Wed Apr 26, 2017 7:36 am
by Edu
Ek weet van 'n splinternuwe Rizzini O/U wat beskikbaar is 28"
Nog nooit 'n skoot geskiet nie.

Moet my nie vra watse model dit is nie, maar ek kan uitvind.

As ek reg onthou is die prys iets soos R22-23k

Laat weet as jy belangstel dan praat ons verder.

Groete