Page 1 of 1

Op soek na veeldoelige mes

Posted: Sun May 07, 2017 11:10 pm
by Jjjbay
Ek is op soek na een goeie veeldoelige mes. Bok afslag, biltong kerf en sommer my steak eet indien nodig. Ek ken nie juis messe nie en wil nie iets koop wat nie gaan hou nie. Kan julle manne my dalk raad gee waarna ek moet kyk asook pryse asb. Natuurlik waar om te koop ook asb.

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Sun May 07, 2017 11:21 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het nie rerig messe kennis nie, maar ek gebruik 'n CRKT, freerange kommer...knipmes met guthook.....ek hou van sy grip, guthook is handig innie veld vir penstrek, hy maak vining skerp teen 20 grade en vou gemaklik op en sy skede (vaarvan ek nie hou nie...moet nog n leer een laat maak), le dwars oor jou beld.
Hulle is nou seker so R800.

Cheers

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 5:48 am
by Ockert1992
More

As ek weer moet koop sou ek kyk na die Kershaw lonerock. Hy is beskikbaar met of sonder guthook. Het 'n lekker rubber grip en sy lem het n goeie profiel vir slag.

As jy dalk nog iewers een kan kry kan jy ook kyk na die Kershaw Black Gulch. Dit is 'n bitter lekker mes vir jag, slag en algemene gebruik. Ek het twee van hulle en sal hulle nie sommer ruil nie. Die reeks is egter gediscontinue.

Geniet die soektog. Altyd lekker om 'n nuwe mes te koop.

Groete
Ockert

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 6:39 am
by Supacow
Ontario Rat1 in D2 staal. Ook R800 prysklas. Goeie waarde

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 6:44 am
by Frikkie Coetzee
Ek is mal oor die RAT. Ek het die 1 en die 2.

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 6:57 am
by Supacow
Ek wag vir die 2 om in D2 beskikbaar te raak ;)

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 7:27 am
by Viking
As jy nie n arm en n been wil afstaan nie gaan kyk na die DOW reeks messe - dis waarde vir geld.

http://www.knivesforafrica.co.za/c1/Fixed-Blades.aspx

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 7:44 am
by Giepie
Messe wat regtig waarde vir geld is, is die Coast messe. Hierdie een dra ek elke dag saam vir 2 jaar al. al geslag daarmee, eet, algemene sny werk ens. Nog net nodig gehad om twee keer te slyp, bly lank skerp. Kyk daardie prys. In kwaliteit hardloop hy maklik vir my saam met die CRKT en Buck messe.
http://www.sharpedge.co.za/coast-lx315- ... ck-blister

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 7:49 am
by Aceofspades
Ek gebruik nou al die afgelope paar jaar 'n Stanley Quickslide Sport. Dis nie 'n "jagmes" nie, maar werk goed vir my. Ek sny elke dag enigiets van karton tot elektriese draad tot partykeer burrs van staal af rn dan 'n biltongtjie so nou en dan. Dis 'n matmes aan die een kant en 50/50 serated/gladde lem aan die ander kant. Hulle is goedkoop genoeg om nie voor jammer te wees nie en ek het gewoonlik een in stock vir as myne wegloop op 'n manier. En dan het ek 'n klein Opinel messietjie maar net as 'n backup iwb.

Sent from my HUAWEI LUA-L21 using Tapatalk

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 11:09 am
by Jjjbay
Baie dankie julle! Ek sal almal so bietjie Google en loer waar ek hulle kan kry!!

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 11:10 am
by Ranger
What's the budget?

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 11:14 am
by spekieries
Ek kan ook getuig vir die Ontario Rat 1.

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 8:36 pm
by Jjjbay
Ranger wrote:What's the budget?
Man, budget is so in die lyn van R1000.00

N bietjie op of af gaan nie n verskil maak nie

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Mon May 08, 2017 8:58 pm
by DiscoBiscuit
Koop 3 Opinel messe, nommer 8,10 en 12. Dit sal jou onder R1000 kos en jou vir baie lank happy hou. Hulle hou 'n "edge", lig om saam te dra. Jy kry hulle in stainless en carbon steel. Stainless werk lekker, carbon is baie taai, maar die roes pla.


Groete,

Herman.

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Sat May 13, 2017 12:47 pm
by Pieter_Brink
Indien jy sou belangstel in n handgemaakte Joseph Rogers of n Puma, se maar ons kan gesels.

Pieter

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Sat May 13, 2017 1:22 pm
by Dirkvh
Ek het vir jou 'n ongelooflike sterk Kershaw. Hulle noem hom die Kershaw 1050 Folding Field knife, en is in Japan in die 80's vervaardig.

Hierdie een het nog glad nie gewerk nie, ek het dit by 'n versamelaar, Howard Wolff, in die Kaap gekoop so paar jaar terug. Ek sal jou 'n waarborg gee dat jy hom nie sal breek of op gebruik in jou leeftyd nie.

R1150, stuur my 'n whatsap as jy sou belang stel.

Lekker dag
Dirk
081 533 4708

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Sat May 13, 2017 2:30 pm
by LoopSoosStroop
Haha, omtrend soveel antwoorde as manne, jy kan netsowel raad vra oor kaliber of bakkie. Ek dra 'n CRKT M16-13Z elke dag, en dis 'n great allrounder. Nou nog nie bok geslag met hom nie, maar glo nie hy sal sukkel nie. So R700 hang af waar jy koop.

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Sat May 13, 2017 5:55 pm
by tripodmvr
As jy seg veeldoelig dan is my Victorinox mes die antwoord. Sny van wat nodig is, skroewedraaier en nog vele meer. Hy is pal in my sak.

Re: Op soek na veeldoelige mes

Posted: Sat May 13, 2017 6:33 pm
by Pvdw
Gaan vat,voel, vryf en hanteer so paar messe. Elke man se hand is anders. Ek bv glo ek sal regkom met die RAT 1 hierbo beskryf as ek net na die prente kyk. Volgende persoon hou nou weer nie van daai diep inkeep vir jou wysvinger nie. Oom Tripod se Victorinox iriteer my nou weer grensloos met al daai gadgets en als voel soos plasiek alhoewel ek weet dis puik messe.