Page 1 of 1

Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 6:27 am
by pietbak
Wat is die wetlikke implikasie van wild wat deur breek na 'n buur plaas toe? Ons vermoed dat 80 Springbokke en 30 Blesbokke deur 'n gat in die draad is buur plaas toe. Dit lyk of die Kudus baklei het en 'n 1.5m gat in die Jakals proof gemaak het. Die sparre is ook uit die grond uit. Ons hoop maar dit is Kudus en nie wild stropers nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 6:42 am
by Frikkie Coetzee
Het jy n Sertifikaat van Voldoende omheining?

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 6:44 am
by pietbak
Ja. Met 2.5m wilds heining.

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 6:45 am
by Frikkie Coetzee
Dan is die wild jou eiendom en sal jy geregtig wees om dit by jou buurman te gaan vang op jou eie koste.

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 6:46 am
by pietbak
Dankie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 7:58 am
by Jean Marais
So 'n ding kan nogal 'n nare nadraai hê, veral as die verhouding met jou buurman nie op goeie voet is nie. Vir jou onthalwe hoop ek dinge werk goed uit.

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 8:04 am
by pietbak
Dankie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 8:13 am
by dsmerrills
Piet, go have a look at the Game Theft Act, 1991 in particular section 2 sub (1) (a).

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 8:27 am
by Dawie Malan
Jy kan slegs wild wat na 'n buurman deurgebreek het eien indien die wild identifiseerbaar is. Indien jou buurman nie die betrokke spesies op sy grond gehad het voor die draad gebreek is nie, maak dit maklik. So ook oorplaatjies. Die beste oplossing is om met jou buurman ooreen te kom oor die wild wat deurgebreek het en die vangkoste is natuurlik vir jou rekening.

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 8:54 am
by pietbak
Ons het 'n goeie verhouding en glo nie daar sal probleme wees as die wild nog op sy grond is nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 9:19 am
by DawieKotze
Aansluitend by so 'n probleem - sal hy geregtig wees om jou verantwoordelik te hou vir weiding wat jou wild geëet het terwyl hulle op sy grond was en hoe sal dit bepaal word?

Groetnis

Re: Wild wat deur breek buur plaas toe.

Posted: Mon May 08, 2017 9:25 am
by Dawie Malan
Aansluitend by so 'n probleem - sal hy geregtig wees om jou verantwoordelik te hou vir weiding wat jou wild geëet het terwyl hulle op sy grond was en hoe sal dit bepaal word?
Hy sal kan, Dawie, maar in hierdie geval sal dit kleinlik wees. Dit sal wel saakmaak as die diere wat deurgebreek het, gewasse beskadig het.