Page 1 of 1

Jag Kompetisie

Posted: Wed May 10, 2017 12:23 pm
by Eendegeweer
Die Nederduitsch Hervormde Kerk Gemeente Kathu, te Kokerboom straat 16, Posbus 200 Kathu 8446, bied weer 'n Kompetisie aan vir 'n een in 'n leeftyd moontlikheid. Kaartjies kos R250-00 per looitjie en daar is 3 (drie) pryse te wen. Die trekking vind plaas op Saterdag die 03 Junie 2017 tydens die gemeente se Kameeldoring Karnaval. Daar is tyd tot einde Oktober 2017 om die pryse te kom jag.
die pryse is as volg:

1ste - Swartwitpens Bul. Horings gemeet in Januarie 2017- 39.25 duim en basis/e 9.25 duim. SCI Score is 96.25
2de - Gemsbok
3de - Springbok, Vlakvark en 'n slagskaap.

Vir Internet kaartjies kontak asseblief vir Mev. Ina Britz te sel nommer 0603572414 of stuur 'n Epos na ina.britz@icloud.com. Die bankbesonderhede kan by haar verkry word en na bewys van betaling word u kaartjie/s elektronies aan u uitgereik.
Soos in die verlede sal sy ook almal wat deelneem per epos/sms verwittig van die uitslag van die kompetisie.
Ons gebruik die geleenthed om almal wat verlede jaar deelgeneem het weereens te bedank. Vir elke tien kaartjies wat 'n persoon/of groep verkoop kry hulle 'n komplementêre kaartjie gratis.

Groete en dankie vir die geleentheid
Ds. Hans Britz
Sel: 0810476325