Page 1 of 1

Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Fri May 12, 2017 4:09 pm
by Jaco B
Hi.

Weet enige iemand van n goeie pcp luggeweer wat te koop is.

My Pa se gat jeuk en hy nou lus vir so iets.

Enige voorstelle oor moets en moenies sal ook waardeer word.

Dankie

Jaco

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 12:35 am
by JPS
Jaco waarvoor wil hy die pcp gebruik word?

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 2:04 am
by Frikkie Coetzee
Jan. Kan jy ook nie slaap nie???

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 9:05 am
by Jaco B
Hi JPS

Hy wil tarentale en kolganse skiet op so 5-10m by sy huis. die voêls skuit sy hele driveway vol.

Hy kyk op die oomblik na Artemis cr600w. Ken jy die geweer of moet hy eerder soek vir n tweedehandse cz of so.

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 12:34 pm
by Karooklong
Hi Jaco my neef het 'n FX Streamline 5.5 mm - volgens hom absoluut bevange !

Hy skiet x 20 skote op 35 meter 14mm groep en 11 skote op 68m 23mm groep!

Maak hy is glo duur!

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 1:40 pm
by tripodmvr
Jaco B wrote:Hi JPS

Hy wil tarentale en kolganse skiet op so 5-10m by sy huis. die voêls skuit sy hele driveway vol.

Hy kyk op die oomblik na Artemis cr600w. Ken jy die geweer of moet hy eerder soek vir n tweedehandse cz of so.
Ek het so 5,5mm Artemis en met die regte koeëls skiet hy akkuraat op 25m. Spoed by loop is so 820vps met 18gr koeëls. Met kopskote sal hy hulle maklik doodkry.

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 1:43 pm
by Jaco B
Dankie manne, sal my inlig oor die Artemis. Hy soek juis n 5.5mm.

Watter pellets werk lekker met die Artemis?

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 2:03 pm
by tripodmvr
Elke windbuks het maar sy geite. Gamo is seker nie die beste nie, maar hul Hunter werk in myne.

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 2:06 pm
by TSG
Jaco B wrote:Hi.

Weet enige iemand van n goeie pcp luggeweer wat te koop is.

My Pa se gat jeuk en hy nou lus vir so iets.

Enige voorstelle oor moets en moenies sal ook waardeer word.

Dankie

Jaco
Hi Jaco B

I sell the Air Arms range of PCP rifles.

The S510 Ultimate Sporter is available.
https://www.air-arms.co.uk/showroom_pro ... te-sporter.

Let me know if this option interests you.

Cheers
Kurt

Sent from my SM-G935F using Tapatalk

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 2:32 pm
by Trompie
Jaco B wrote:Hi.

Weet enige iemand van n goeie pcp luggeweer wat te koop is.

My Pa se gat jeuk en hy nou lus vir so iets.

Enige voorstelle oor moets en moenies sal ook waardeer word.

Dankie

Jaco
Jaco

Wat is jou pa se budget? Want jy moet in ag neem pcp kort of scuba bottel of pomp om vol te maak so daai moet by die budget ingewerk word

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 2:35 pm
by Jaco B
Kan die gewere met n lug kompressor ook vol gemaak word?

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 2:49 pm
by JPS
Hi Jaco,

Ek dink jy gaan swaar trek om pcp met kompressor vol te maak.

Soos TSG se 'n air arms S510 gaan goei balans tussen gee van bekostigbare maar baie goeie pcp wat bitter akkuraat is.

Die PcP waarna julle kyk ken ek nie eerstehands nie maar het al paar mense gesien gebruik hom met sukses en teen intree vlak prys. Gamo verkoop test box pellets met 6 of 8 verskilende pellets (gewig ens) wat jy kan koop om die geweer mee te toets en te sien watter een hou die spesifieke geweer van dus hoef jy nie klomp vol boksies te koop om te toets tot jy iets kry nie.

Groete

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 3:07 pm
by Jaco B
Wat kos n bottel of pomp vir pcp? Julle moet maar verskoon maar ek weet eintlik tokkel van pcp...julle insette word groot waardeer.

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 3:15 pm
by tripodmvr
Jaco B wrote:Wat kos n bottel of pomp vir pcp? Julle moet maar verskoon maar ek weet eintlik tokkel van pcp...julle insette word groot waardeer.
Jy moet 'n hoë druk koppelingstuk ook kry wat in die bottel inskroef en dan 'n passtuk het wat in die geweer se silinder inpas. Dit was R1650 se uitgawe en die bottel het ek 2de hands vir R1500 gekoop. Die bottel moet jaarliks getoets word. Volle toets was R450 by duikklub.

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 3:19 pm
by Jaco B
Dankie, ek sal my Pa inlig, maar ek dink hy sal moet twee keer dink voor hy sy springer verruil vir pcp.

Sy besluit..

Dankie aan almal vir die raad en inligting.

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sat May 13, 2017 5:46 pm
by TSG
Jaco I replied to you PM. I forgot to say email me so I can send you further info on Monday after my meeting with the Rep.

Cheers
Kurt

Sent from my SM-G935F using Tapatalk

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Sun May 14, 2017 2:24 pm
by Dirkvh
Vir daai afstand sal 'n springer in .20 of 5.5mm goed werk. Daar is 'n mooi Weihrauch HW97KT .20 te koop op www.airifle.co.za met teleskoop en pellets.

Re: Goeie pcp luggeweer gesoek

Posted: Mon May 15, 2017 7:32 am
by Trompie
Dirkvh wrote:Vir daai afstand sal 'n springer in .20 of 5.5mm goed werk. Daar is 'n mooi Weihrauch HW97KT .20 te koop op http://www.airifle.co.za met teleskoop en pellets.
En dis ñ baie goeie en akkurate springer

Sent from my SM-G920F using Tapatalk