Page 1 of 1

GAMO CFX Royal, kolf gekraak

Posted: Tue May 23, 2017 10:36 am
by Carl
Goeie more

Ek het Saterdag 'n slegte ondervinding gehad. Ek was in die motorhuis om 'n verskuilde skoot na Indian Mynahs te vat. Met die oorhaal bars die hout letterlik uit mekaar. Ek weet nie of my ladings te hoog was nie ;D Ek het die geweer van my pa ge-erf. Dalk was daar 'n kraak ek weet nie.

Ek twyfel of dit reggemaak kan word. Kan mens nuwe hout kolwe kry of moet ek by Geno 'n Boyds bestel??

Re: GAMO CFX Royal, kolf gekraak

Posted: Tue May 23, 2017 10:37 am
by Carl
Nog 'n foto

Re: GAMO CFX Royal, kolf gekraak

Posted: Tue May 23, 2017 10:47 am
by Geno
Ek het vir jou 'n CFX sintetiese model wat hier staan. Ek het hom destyds by Cobb gekry met die idee om oor te doen en vir 'n laaitie te gee wat wil leer skiet, maar het nooit daarby uitgekom nie.
Jy is welkom om hom te vat en sy kolf te gebruik.

Re: GAMO CFX Royal, kolf gekraak

Posted: Tue May 23, 2017 11:00 am
by Fishaman
Praat met St John by NY Custom Airguns 011 678 1236, dalk kan hulle jou help.

Re: GAMO CFX Royal, kolf gekraak

Posted: Tue May 23, 2017 11:29 am
by Carl
Geno wrote:Ek het vir jou 'n CFX sintetiese model wat hier staan. Ek het hom destyds by Cobb gekry met die idee om oor te doen en vir 'n laaitie te gee wat wil leer skiet, maar het nooit daarby uitgekom nie.
Jy is welkom om hom te vat en sy kolf te gebruik.
Dankie Geno. Ek sal reel op Whatsapp.

Re: GAMO CFX Royal, kolf gekraak

Posted: Sun Jun 04, 2017 7:43 pm
by yeti
Carl, as jy nie reggekom het nie, laat my weet.

Re: GAMO CFX Royal, kolf gekraak

Posted: Mon Jun 05, 2017 9:56 am
by Carl
Dankie, ek laat weet jou. Moet nog die nuwe kolf probeer.