Page 1 of 1

Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 1:17 am
by Jjjbay
Het iemand dalk vir my engine raad en by stand vir dropshot hengel hier in die Oos Kaap

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 6:38 am
by LUAN
Hier is n paar ouens in Pe wat ken van dropshot. Ongelooflik hoeveel vis hulle vang.

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 7:33 am
by avo
JJJBAY,
gaan gesels met die eienaar van hengelwinkel by die mall in jeffereysbaai.
HY het al springbok kleure in soutwater hengel. Hy sal jou mooi kan help.

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 8:56 am
by joe rocket
Koop paddle tails, wit en groen met blinkertjies leervis en kabeljou kan dit nie uitlos nie.

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 11:00 am
by Jjjbay
Dankie julle! Ek sal so maak... Op die oomblik probeer ek die berkley sandworms...nie soveel sukses nie

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 2:18 pm
by ruaanb
http://fishafrica.co.za/ - dan koop jy hulle dvd's - die ouer garde sal vir Chad Alcock die rugbyspeler onthou en dan is sy broer die eintlike meester hengelaar betrokke. Alles wat jy wil weet en waar ook nog.

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 2:45 pm
by Stephan86
Jjjbay ek neem aan jy het reeds die gerei wat nodig is.

Soos hierbo genoem werk paddle tails soos 'n bom, so ook ander plastiese vissies. Maak seker jy het ook jig heads en en dalk iets soos n Zara spook of ander "top water lures".

Ek het al baie goeie resultate in die Krom rivier by die mond, by St Francis se ligtoring en daar rondom die rotse gehad.

Raak deel van Sealine forum jy sal baie daar kan leer en daar is 'n klomp manne van jou omgewing.

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 4:07 pm
by LUAN
Paddle tails is n goeie begin want jy hoef nie veel te doen hy maak sy eie aksie in die water jy hoef net te katrol niks jerking en aksies nodig. //uploads.tapatalk-cdn.com/20170524/53664793d46e927a744dd317f10669c1.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170524/95f634f3b59f54a9d68c309387a8cd58.jpg

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 8:52 pm
by Jjjbay
Dankie vir die raad ouens! Ek wardeer! Ek gaan maandag dear pe toe... Sal bietjie gaan loer na daai paddle tails etc

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 8:53 pm
by Jjjbay
LUAN wrote:Paddle tails is n goeie begin want jy hoef nie veel te doen hy maak sy eie aksie in die water jy hoef net te katrol niks jerking en aksies nodig. //uploads.tapatalk-cdn.com/20170524/53664793d46e927a744dd317f10669c1.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170524/95f634f3b59f54a9d68c309387a8cd58.jpg
WOW is dit jou vangste?

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Wed May 24, 2017 10:33 pm
by LUAN
Boonste is myne en onder is my vriend seker een van die beste dropshot hengelaars in Pe hy vang so baie vis op kunsaas jy sal dit net glo as jy dit sien. Kan jou sy kontak stuur dan kan hy jou help met die regte keuses kunsaas en dinge.

Re: Drop shot in die Oos kaap

Posted: Thu May 25, 2017 10:46 pm
by Jjjbay
Baie dankie!!!