Page 1 of 1
Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 4:47 pm
by Geno
Manne,
Ek het vanoggend gou 'n pel gaan help om 'n paar oortollige bokke af te haal.
Een van die ouens daar het 'n blouwildebees bul op relatiewe kort afstand bek afgeskiet, toe is ons agterna met die Cruiser tot op omtrent 400m van hom af, en een van die ander manne gooi 3 skote waarvan 2 raak is, en die bul pak verder!
Hy begin stadiger draf, en ek klim agterop met my 6Dasher gelaai met 65gr VMax teen 'n redelike matige 3600fps en lê aan oor 'n X-Bag.
Toe die bul vassteek, range een man hom op 506m. Ek dial na my 550y merk toe, en hou 4MOA vir wind. Toe ek gemaklik is, druk ek die skoot af, en so sekond of 2 later, hoor ons die "dup"geluid. Die bul draf so ent, en val om!
Daar gekom, sien ek dat ek dubbeld soveel wind gegee het as wat ek moes, en die koeel het hom in die nek getref, en sy slag-aar uitgehaal, ipv. agter die blad. Steeds claim ek hom! Vir my tel dit as 'n first round kill. Dit was mos my eerste skoot op die spesifieke bok!
Nou ja. 6 blesbokke, 6 rooibokke, 7 bwb'e en 1x vlakvark later, is ek weer 12uur oppad huistoe gewees. Nie 'n slegte joppie vir 4 ure nie!
18582626_10154477680066994_8999031704340974727_n.jpg
Groete
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 4:52 pm
by Smitstertjies
Mooi man. Daai dasher vat nie nonsens nie! Het jy net die een lading op die dasher? Gaan jy nie iets swaarders op die geweer oorweeg vir die LA skote nie?
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 4:56 pm
by Springkudu
Baie netjies!!! Geluk, party van julle manne is darem gelukkig om so in en om die huis te kan skiet. Ek sien jy is nog 'n jong lat!!!
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 4:56 pm
by Geno
Smitstertjies wrote:Mooi man. Daai dasher vat nie nonsens nie! Het jy net die een lading op die dasher? Gaan jy nie iets swaarders op die geweer oorweeg vir die LA skote nie?
Ek het al 75gr VMax geskiet teen 3420fps en daarmee 'n blesbok op 480m, en ander een op 398m geskiet asook 'n paar in die 330-350's. My 1:12" twist loop laat nie eintlik swaarder toe nie. Juis daarom dat ek my .260AI gebou het, maar die Dasher oes dan so lekker! Die plat trajek maak dit genuine baie makliker as ek oes en jakkalse skiet. As ou jou tyd vat en mooi opset, is 'n 9twist of 8twist dasher kookwater op langafstand.
Nog paar wat ek gedash het vanoggend.
WhatsApp Image 2017-05-25 at 13.35.18.jpeg
WhatsApp Image 2017-05-25 at 13.35.18 (1).jpeg
WhatsApp Image 2017-05-25 at 13.35.18 (2).jpeg
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 5:02 pm
by ruaanb
netjies Geno!
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 5:03 pm
by Hein (Haan)
Lekker Geno ,mooi skoot daai
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 5:17 pm
by joe rocket
Mooi man! die Dasher dash giftig!
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 5:17 pm
by Aceofspades
Mooi man, gesien op Bakkiesblad, maar nie gelees nie. Baie geluk!
Sent from my HUAWEI LUA-L21 using Tapatalk
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 5:23 pm
by JPS
Baie Mooi Geno,
First round hit, ek sou hom ook claim!
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 5:29 pm
by Smitstertjies
Geno wrote:Smitstertjies wrote:Mooi man. Daai dasher vat nie nonsens nie! Het jy net die een lading op die dasher? Gaan jy nie iets swaarders op die geweer oorweeg vir die LA skote nie?
Ek het al 75gr VMax geskiet teen 3420fps en daarmee 'n blesbok op 480m, en ander een op 398m geskiet asook 'n paar in die 330-350's. My 1:12" twist loop laat nie eintlik swaarder toe nie. Juis daarom dat ek my .260AI gebou het, maar die Dasher oes dan so lekker! Die plat trajek maak dit genuine baie makliker as ek oes en jakkalse skiet.
As ou jou tyd vat en mooi opset, is 'n 9twist of 8twist dasher kookwater op langafstand.
Eendag as ek groot is

Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 5:55 pm
by Jaco B
Well done, mooi gegooi.
My maks is nog maar "net" 408yrd.

Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Thu May 25, 2017 6:03 pm
by Flip Nel
Nice mooi geskiet
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Fri May 26, 2017 10:08 am
by Carl
Mooi geskiet Geno! Jy gaan daai Suid Vrystaters wys skiet, nes ons hulle rugby lesse gee.
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Fri May 26, 2017 12:09 pm
by Heinz Petersen
Netjies Geno. Goed om van n 6Dasher n slag te hoor. Die manne kyk daai 6Dasher mis. Het self 4 koedoes begin van die maand laat bakkie ry. Nie so vêr nie, maar almal kopskote. Eers na die slagting het die eienaar uitgevind dit was n 6mm dasher waarmee ek geskiet het.
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Fri May 26, 2017 12:42 pm
by Johan7
Mooi geskiet Geno! Sjoe, ek is so jaloers om te sien hoe julle "gou" gaan bokke skiet het! Ek moet my vrek sukkel om jagplek te kry! Ek verhuis sommer!

Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Fri May 26, 2017 2:44 pm
by Bronkie
Lekker man. Mooi skoot Geno.
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Sat May 27, 2017 8:28 am
by Morne Van Der Merwe
Baie geluk Geno, mooi geskiet.
Re: Een van my lekkerste langafstand skote nog!
Posted: Fri Jun 02, 2017 6:27 pm
by CDW
Mooi geno jou maksjien
Sent from my SM-G955F using Tapatalk