Page 1 of 2
IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 3:57 pm
by Zuku
Help asb. Ek het hierdie Musgrave 308w (ser no begin met R 825....) in 1985 geruil en is nog steeds in my besit. Sal graag wil weet watter jaar en model naam dit is en watter, tipe slot aksie en skroefdraad "twist" dit het,
Dankie by voorbaat
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 4:09 pm
by Ashley
Die model of die kaliber?
Die model sou ek sê lyk baie na aan my Model 90. Het jy dalk n nader foto van die aksie?
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 4:14 pm
by Edu
Kan nie mooi die aksie sien nie maar dit lyk soos 'n Santa Barbara.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 4:19 pm
by musgrave270
Stem saam Edu. lyk soos die Santa Barbara.
Twist kan jy self meet. Jy kan Gerrie Coetzee Vuurwapens in Bfn Kontak. Hul het 'n man daar wat Musgraves ken. hy behoort jou meer oor die geweer te kan vertel.
Groete
Ruan
Bfn
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 4:24 pm
by Viking
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 6:46 pm
by joe rocket
Lyk vir my ook na die Santa Barbara neem n foto van agter die slot.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 7:21 pm
by Jurgen Visser
Dit is 'n Santa Barbara aksie , ek Musgrave 243 ook met 'n Santa Barbara aksie
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 7:32 pm
by Danie01
Hoe verskil Santa Barbara van die Mod80? My pa se 243 lyk net so as ek reg kyk en dis n Mod80, staan op hom.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Tue May 30, 2017 7:38 pm
by DawieKotze
Yip - Santa Barbara. Hulle nommers begin almal met 'n R..
Ek het identiese 308 en sy twist is 1:12.
Die SB aksies is 'n baie goeie K98 copy (party mense reken beter) en die oorslaan veiligheids knip wat agter op die slot gesit het, is verander na 'n veiligheidsknip wat nou aan die regterkant van die slot sit.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Wed May 31, 2017 8:03 am
by swc-tr
Zuku die geweer in jou fotos het bekend gestaan as die Musgrave Vrystaat Mk III, met Santa Barbara aksie en Musgrave loop.
In .308Win kaliber het hulle 1-12" twist lope gebruik, die gewere was beskikbaar van 1974/5 tot 1980, totdat Musgrave die Model 80 begin maak het.
LW. Hierdie is nog egte Musgraves wat in Bloemfontein gemaak was.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Wed May 31, 2017 9:25 pm
by Alwin
DawieKotze wrote:Yip - Santa Barbara. Hulle nommers begin almal met 'n R..
Ek het identiese 308 en sy twist is 1:12.
Die SB aksies is 'n baie goeie K98 copy (party mense reken beter) en die oorslaan veiligheids knip wat agter op die slot gesit het, is verander na 'n veiligheidsknip wat nou aan die regterkant van die slot sit.
As ek dit reg het, is die Santa Barbara aksie dieselfde ding as die kommersiële FN Mauser aksies. Hulle het glo die masjienerie by FN gekoop en die aksies in Spanje vervaardig volgens dieselfde spesifikasies. Ek het al gehoor dat sommige van die aksies dalk nie reg verhard is nie, maar dit mag dalk net ongegronde gerugte wees. Later is die masjienerie gekoop deur Zastava in die destydse Joego-Slawië. Kyk maar na die Zasatva aksie, lyk net dieselfde as die SB en FN Mauser.
Dit is dus nie 'n K98 copy nie, maar 'n heelwat verbeterde aksie. Die SB is waarskynlik die beste aksie (met magasyn) wat Musgrave gebruik het om hulle gewere op te bou.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Thu Jun 01, 2017 3:00 am
by Frikkie Coetzee
Danie. Gaan kyk bietjie weer na jou pa se geweer. Die SB en die mod 80 lyk glad nie na mekaar nie. Die SB het n controlled feed Mauser tipe non rotating extractor, die veiligheidsknip is op ander plek. Die slotte lyk anders.
Alwin. Jou laaste stelling dat die SB waarskynlik die beste aksie met magasyn wat Musgrave gebruik het is eenvoudig verkeerd. Die RSA magasyn aksies,die mod 80 mod 83 mod 90 en model 2000 is almal beter aksies. As jy bedoel het Mauser tipes, dis ook n debateerbare punt. Die SB aksies was swak gemaakte aksies. Musgrave het hulle gekoop via Brazilie om sanksies te ontduik. Musgrave het bv baie VZ24 aksies gebruik ook lank voor Ermelo dit gedoen het. Die aksies was baie goed gemaak en was pre WW2 meestal. Ek het ook al gesien op DWM aksies. Ek het een in 7x57 gehad.
Die SB aksies is dalk FN klone maar daar bestaan baie vrae oor hulle kwaliteit. Google bietjie. Dit beteken nie die gewere was nie geskik vir hulle aanwending nie. Net dat dit baie debateerbaar was of hulle beter is as ander aksies.
Ek het al n paar deur my hande gehad en ongelukkig kan n mens nie die metaal se sterkte ens met die oog meet nie. Ek sal nie huiwer om een te koop nie maar die keuse gegee sal ek baie ander Musgrave modelle verkies.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Thu Jun 01, 2017 3:36 pm
by Alwin
Frikkie Coetzee wrote:...

Hallo Frikkie. Wel, dis seker maar net my opinie? Jy mag maar verskil.
Ek het al gehoor van die "swak" SB aksies. Presies wat so swak is aan hulle bly maar vaag. Het jy meer feite? Ek het nog nooit ene teëgekom wat lol nie.
Ek is heel vertroud met die oopgesnyde RSA en mod 80, 83 en 90 aksies. Hulle mag goeie aksies wees, maar nie heeltemal sonder "kwessies" nie. Ek hou nogal van die RSA. Die mod 80-90 lyk vir my na 'n opgegradeerde Winchester mod 70 (na '64) kloon, met beter vakmanskap. Dus ook glad nie sleg nie, maar ook nie perfek nie.
Miskien hou ek net om een of ander onverklaarbare rede van die "controlled feed" tipes.
Groetnis
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Thu Jun 01, 2017 4:20 pm
by Frikkie Coetzee
Alwin Controlled feed is n keuse en voorkeur. Dit is dalk wat jy nodig het vir jou skiet. Dit maak nie noodwendig die aksie beter nie. Die RSA tipe aksies is controlled feed aksies en hierdie aksies se kwaliteit is aansienlik hoer as die SB aksies. Musgrave se selfgemaakte aksies was oorweegend uitstekend afgewerk en behoorlik verhard. As mens die patriotisme faktor uithaal en dit logies benader sal meeste mense eerder die RSA tipe aksie kies vir n pasmaak geweer as die SB.
Die pushfeed Musgraves het dalk ooreenkomste met die Winchesters en as ek reg onthou gebruik hulle ook Winchester telskoop basisse. Ek dink dit is redelik waar die ooreenkomste eindig.
Ek se nie die SB aksie is SLEG nie maar ek sal verseker nie beskryf as die beste aksie wat Musgrave gebruik het nie. Daar is eenvoudig te veel vrae oor so n stelling. As dit gaan oor die kwaliteit van n aksie gaan dit oor die boukwalitiet van die aksie, nie die subjektiewe voorkeur daarvan nie.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 8:42 am
by Alwin
Frikkie Coetzee wrote:Alwin Controlled feed is n keuse en voorkeur...
Ek se nie die SB aksie is SLEG nie maar ek sal verseker nie beskryf as die beste aksie wat Musgrave gebruik het nie. Daar is eenvoudig te veel vrae oor so n stelling. As dit gaan oor die kwaliteit van n aksie gaan dit oor die boukwalitiet van die aksie, nie die subjektiewe voorkeur daarvan nie.
Ja, jy is reg.
Controlled feed is beslis nie 'n vereiste op 'n mediumkaliber geweer nie. Op grootkalibers vir gevaarlike wild is dit debateerbaar.
In terme van boukwaliteit is die SB aksies net beter as die 2deWO surplus K09 aksies wat hulle gebruik het. Die plaaslike aksies se boukwaliteit is beslis beter.
Ek het egter nie net na boukwaliteit gekyk nie, maar ook na subjektiewe faktore soos gebruikersvriendelikheid. Hier speel persoonlike voorkeure 'n groot rol. Die FN Mauser/SB/Zastava ontwerp is 'n goeie aksie met heelwat verbeteringe op die K98, wat steeds algemeen as die maatstaf gebruik word. Ek wonder soms oor hulle slotspoed, maar relatief min mense weet wat dit is of hoe dit hulle skietvernuf kan beînvloed.
Ek glo nie Musgrave sou die SB aksies gebruik het, as hulle swak of onveilig was nie. As enigiemand plaaslik probleme gehad het a.g.v. 'n swak SB aksie op 'n Musgrave fabrieksgeweer, sou ek graag daarvan wou hoor.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 8:52 am
by Morne77
More Julle,
Wil nie die Tread hi jack nie, Wil net hoor watter aksie is die een op die foto, en waar pas hy in die prentjie. Het nou nie hier by my n beter foto.
Lekker dag
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 8:55 am
by Morne77
Jammer, Ek sien die foto is onderste bo.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 9:03 am
by Supacow
Dis n onderstebo RSA
Baie skaars

Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 9:30 am
by Frikkie Coetzee
Dis n Lyttleton aksie. Selfde as die RSA aksies. Van ( en ek is onseker oor dit) die ouer aksies het gese Rep van Suid Afrika op kant. Vandaar die RSA benaming.
Alwin. Ek stem saam. Die gewere was nie onveilig nie.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 10:19 am
by Alwin
Morne77 wrote:More Julle,
Wil nie die Tread hi jack nie, Wil net hoor watter aksie is die een op die foto, en waar pas hy in die prentjie. Het nou nie hier by my n beter foto.
Lekker dag
Onderstebo Lyttleton RSA asie, oopgesny en met magasyn. Die oorspronklike RSA is 'n enkelskoot vir Bisley skiet.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 10:43 am
by Morne77
Baie dankie, Is dit n goeie aksie?
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 1:19 pm
by Hein M.
Frikkie Coetzee wrote:Alwin Controlled feed is n keuse en voorkeur. Dit is dalk wat jy nodig het vir jou skiet. Dit maak nie noodwendig die aksie beter nie. Die RSA tipe aksies is controlled feed aksies en hierdie aksies se kwaliteit is aansienlik hoer as die SB aksies. Musgrave se selfgemaakte aksies was oorweegend uitstekend afgewerk en behoorlik verhard. As mens die patriotisme faktor uithaal en dit logies benader sal meeste mense eerder die RSA tipe aksie kies vir n pasmaak geweer as die SB.
Die pushfeed Musgraves het dalk ooreenkomste met die Winchesters en as ek reg onthou gebruik hulle ook Winchester telskoop basisse. Ek dink dit is redelik waar die ooreenkomste eindig.
Ek se nie die SB aksie is SLEG nie maar ek sal verseker nie beskryf as die beste aksie wat Musgrave gebruik het nie. Daar is eenvoudig te veel vrae oor so n stelling. As dit gaan oor die kwaliteit van n aksie gaan dit oor die boukwalitiet van die aksie, nie die subjektiewe voorkeur daarvan nie.
Baie goeie antwoord. Die SB, wat van Spaanse afkoms is, se afwerking was nie altyd na wense nie. Dit is egter goeie aksies vir werksgewere. Parke Hale in Engeland - en sommige Amerikaanse fabrikate het ook destyds hierdie aksies, vir sommige van hulle modelle gebruik.
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 1:36 pm
by Frikkie Coetzee
Morne77 wrote:Baie dankie, Is dit n goeie aksie?
Ja
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 2:12 pm
by Armand Steenkamp
Die RSA ,mod80,83 en 90 is in my opini ook beter as die santabarbara. Ek het al van hulle gehoor wat gladnie verhard was nie.. maar dis ook maat net hoorse. En ook maar net my opini.
Groetnis
Re: IDENTIFISEER DIE MUSGRAVE
Posted: Fri Jun 02, 2017 4:05 pm
by Zuku
Hi Almal
Dankie vir al die terugvoer, Hier is die fotos van die slot aksie van nader
Lekka dag