Page 1 of 1

SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Thu Jun 01, 2017 11:38 am
by Jakkels 223
More aan almal,

SAJWV Thabazimbi bied weer die jaar n skiet kompetisie op 22 Julie 2017 aan.
Aangeheg is die Advertensie vir die kompetisie

Groete en dankie vir jul belangstelling

Jackie van Rooyen

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Thu Jun 01, 2017 11:50 am
by toelie
Sien julle daar

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Thu Jun 01, 2017 1:04 pm
by Supacow
Weer tyd om daai klippe witter te skiet

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Thu Jun 01, 2017 1:06 pm
by Supacow
Gekalibreerde 350 settings doen goed op die baan ;)

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Tue Jun 20, 2017 11:19 am
by Sangoma (IAN)
Manne, hierdie is voorwaar n baie lekker kompetisie! Ek was laas jaar daar en het dit baie geniet, alhoewel ek heeltemal uit die bus uit geval het met n silencer wat geclip het.....eish!

Die organisasie was ook great.

Sien julle weer die jaar.

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Thu Jul 06, 2017 4:09 pm
by Jakkels 223
Middag almal,

Die tyd vir die kompetisie kom nou vinnig nader.
Die pryse vir die ope klas is nou al bekend.

Vir die juniors O/13 het ons die volgende pryse:
1ste prys - .22 geweer (ouer/voog sal bevoegdheid moet he om wapen te kan lisensieer)
2de prys - Damascus staal mes
3de prys - Duursame koplig & Leopold mes

Ons is tans besig om te reel vir n goeie 1ste prys vir die Dames

Groete en dankie
Jackie van Rooyen

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Tue Jul 18, 2017 10:20 am
by Jakkels 223
More Almal,

Vir die manne/Dames wat die kompetisie gaan bywoon, n skut mag met meer as een kaliber/wapen kom skiet. Die skut mag net nie as hy/sy besig is om n baan te skiet van geweer verwissel nie.

Hoop om jul daar te sien.

Groete

Jackie

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Tue Jul 18, 2017 2:14 pm
by Hein22
Wat sou die rede wees hiervoor? Hoekom sal iemand bv van geweer verander?

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Mon Jul 24, 2017 1:06 pm
by Hendrik van Zyl
Goeie dag

Is dit moontlik dat julle vir ons die uitslae van die naweek se kompetisie kan opsit asb.

Hendrik

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Mon Jul 24, 2017 1:09 pm
by Supacow
As ek reg onthou was 880/900 die wenscore.
Dis fynskiet!

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Mon Jul 24, 2017 2:16 pm
by Frederik
Was die Johan Lottering wat gewen het?

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Mon Jul 24, 2017 4:36 pm
by toelie
Netso ja

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Mon Jul 24, 2017 4:39 pm
by Hein22
Deon De Villiers het gewen.

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Tue Jul 25, 2017 6:38 am
by toelie
voet fout

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Tue Jul 25, 2017 8:11 am
by Jakkels 223
More Almal,

Wil net vir almal wat daar was dankie se vir jul teenwoordigheid, dit word onsettend baie waardeer!!
Ek glo ek behoort so teen Donderdag die uitslae kan op sit, of anders sal dit vroeg volgende week wees.
Hoop jul het die skiet geniet!

Nagmaals dankie

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Wed Jul 26, 2017 11:08 am
by Jakkels 223
More,

Hier is die uitslae vir die dag se skiet, almal wie hul tel kaartjies ingehandig het is gelys.
Gee asb jul terugvoer of dit nou positief of negatief is.
Sal jul daarvan hou as die kompetisie voor of na die die jag seisoen gehou word?
Was die inskrywings gelde te hoog?
waarop kan ons verbeter?

Dankie vir jul ondersteuning en terugvoer

Jackie van Rooyen

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Thu Jul 27, 2017 10:54 am
by Deon de Villiers
Jackie en dink julle het 'n baie lekker resep. Dit was 'n besondere lekker skiet. Goeie variasie van posisies, teikens en afstande. As ons 'n wind gehad het sou al die lang skote nogal moelik wees maar dis deel van skiet. Hou dit so.
Die inskrywingsgeld is nie te veel in vergelyking met ander soortgelyke skiete nie.
Soos gese, laat weet ons vroegtydig direk van volgende skiete sodat ons kan help met die verspreiding en bemarking

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Thu Jul 27, 2017 1:55 pm
by Hein22
Jackie, ek hou van kompetisies waar daar min inskrywings is en dinge vinnig en vlot verloop ipv van waar daar 250 skuts is en mens sit ure op 'n skietpunt voor jy skietkans kry. Ek geniet die thaba skiet baie en gelukkig weet almal nie hoe mooi julle pryse is vir slegs R350 inskrywing nie, anders sou daar sekerlik meer mense wees. ;D

Hierdie jaar se skiet was die beste een nog, mens het die veldskiet gevoel gekry al was daar bane op die skietbaan en die buitengewone gonge was ook iets nuuts. Hoop om julle weer volgende jaar te sien.

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 22 Julie 2017

Posted: Fri Aug 11, 2017 6:46 pm
by nols
Ek dink die vakansie het die skiet bietjie gekelder! As ons hom volgende jaar
nie weer in die vakansie hou nie dan sal ons seker so paar skuts ekstra op die baan kry!
Hoeveel mense van jaracal wou kom skiet,maar moes gaan jag of vakansie hou saam die familie?