Page 1 of 1
320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 06, 2017 6:33 am
by OomMatt
Dag trotse mede eienaars
Die dae toe ek nog n string gewere gehad het , het die passie begin met eksperimente , met verskeie koeels op my gewere
Nog nie klaar nie
Het een van julle al die 320gr RN probeer op julle 9.3
Indien wel , vertel asb van spoed en akuraatheid
En ook as jy met die koeel gejag het , moet jy alles vertel
Ek gaan vandag vir my so paar 320gr's RN koop en begin speel met Marius se hulp
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 06, 2017 8:57 am
by Johan van Wyk
Die 320gr 9,3 Woodleigh is gemaak vir die .360 No 2 NE. Ek ken iemand in Aussie wat letterlik honderde waterbuffels met hulle geskiet het en betrokke was by die ontwikkeling van baie van Woodleigh se koeels. Die 320-greiner penetreer uitstekend teen so 2 200-2 300 vps en gewigretensie is gewoonlik ook goed.
De groter vraag gaan wees watse spoed mens uit `n 9,3x62 kan kry met die 320-grein koeel en plaaslike dryfmiddels.
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 06, 2017 12:43 pm
by OomMatt
Wel kom ons kyk
Ek het nou net gaan koop en met Marius gepraat en gaan binne die volgende paar weke begin met toetse
Jag die naweek eers weer bietjie , volgende naweek weg , en naweek daarna sal ek nie kan nie
Maar sal beslis hier almal op hoogte hou
Begin toetse sal soos volg wees
S341 - spoed volgens QL +/- 2310vps / druk by 60 000psi volgens QL - beste opsie (S355 met spoed van 2335vps op node is druk 62 000psi met oor vol dop 108% / S335 verlaag spoed)
Marius kan hier meer help , ek volg hom soos n bloed hond
Spoed toetse eerste - 1 van elk
54.0gr
55.0gr
56.0gr
Sal gou vannaand Max TPL (kamer) meet om patroon lengte finaal te kan bepaal
Laat weet julle
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 06, 2017 3:02 pm
by Johan van Wyk
OomMatt wrote:Begin toetse sal soos volg wees
S341 - spoed volgens QL +/- 2310vps / druk by 60 000psi volgens QL - beste opsie (S355 met spoed van 2335vps op node is druk 62 000psi met oor vol dop 108% / S335 verlaag spoed)
Marius kan hier meer help , ek volg hom soos n bloed hond
Spoed toetse eerste - 1 van elk
54.0gr
55.0gr
56.0gr
Sal gou vannaand Max TPL (kamer) meet om patroon lengte finaal te kan bepaal
Laat weet julle
Ek sal stom van verbasing wees as jy in die omgewing van 2 300 vps met die 320's in `n 9,3 kry met druk wat hoegenaamd as aanvaarbaar bestempel kan word. Let wel, ek beweer nie dit kan nie, net dat dit nie baie waarskynlik is nie.
`n Vriend van my het die 320's in sy 9,3x62 probeer met min of meer alle plaaslike dryfmiddels wat moontlik in die 9,3 kan werk en 2 100 vps was DIT uit `n Mauser met 24" loop.
Die 320's is lank en neem baie spasie op wat andersins deur dryfmiddel gebruik sou kon word. Sit doppe met dik wande by wat nog meer spasie opneem en die raaisel verdiep verder. Soos genoem, die 320's is gemaak vir die .360 No 2 NE wat in vergelyking met die koeel wat hy skiet `n massiewe dop het en dus ook geen probleme het met kruitspasie nie. Hulle sal goed werk in die 9,3x64 ook.
Hou ons maar op hoogte.
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 06, 2017 9:04 pm
by Skier
OomMatt,
Die 320gr Woodleigh RN oefening is reeds probeer in my FN Mauser 9.3x62. Met 53,5gr S355 kon die koeel uit die 24" loop 2075fps haal, waartydens ek weereens besef het dat die x62 uitstekend vaar met 300gr (Swift-A-Frame @ 2250fps) en 286gr (Woodleigh PP @ 2360fps) koeels. Die lang 320gr koeel is welliswaar 'n mooi gesig, maar gaan sukkel om bruikbare spoed uit die x62 te behaal.
Hou ons op hoogte asb.
Groete
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Sun Jun 25, 2017 6:48 pm
by OomMatt
Johan van Wyk wrote:OomMatt wrote:Begin toetse sal soos volg wees
S341 - spoed volgens QL +/- 2310vps / druk by 60 000psi volgens QL - beste opsie (S355 met spoed van 2335vps op node is druk 62 000psi met oor vol dop 108% / S335 verlaag spoed)
Marius kan hier meer help , ek volg hom soos n bloed hond
Spoed toetse eerste - 1 van elk
54.0gr
55.0gr
56.0gr
Sal gou vannaand Max TPL (kamer) meet om patroon lengte finaal te kan bepaal
Laat weet julle
Ek sal stom van verbasing wees as jy in die omgewing van 2 300 vps met die 320's in `n 9,3 kry met druk wat hoegenaamd as aanvaarbaar bestempel kan word. Let wel, ek beweer nie dit kan nie, net dat dit nie baie waarskynlik is nie.
`n Vriend van my het die 320's in sy 9,3x62 probeer met min of meer alle plaaslike dryfmiddels wat moontlik in die 9,3 kan werk en 2 100 vps was DIT uit `n Mauser met 24" loop.
Die 320's is lank en neem baie spasie op wat andersins deur dryfmiddel gebruik sou kon word. Sit doppe met dik wande by wat nog meer spasie opneem en die raaisel verdiep verder. Soos genoem, die 320's is gemaak vir die .360 No 2 NE wat in vergelyking met die koeel wat hy skiet `n massiewe dop het en dus ook geen probleme het met kruitspasie nie. Hulle sal goed werk in die 9,3x64 ook.
Hou ons maar op hoogte.
Net weer dankie aan Marius se hulp
Het begin met spoed toetse
S341
CCI 250
54.0gr
55.0gr
56.0gr
57.0gr
Spoed verkry en vir Marius gestuur
Kalibrasie gedoen , met ladings voorstelle
Het vandag gaan toets met
59.0gr = 2298 , 2308 , 2310vps
59.3gr = 2308 , 2317 , 2316vps
59.6gr = 2315 , 2329 , 2313vps
59.9gr = 2327 , 2341 , 2325vps
Akkuraatheid verkry was fenominaal met 59.3gr op 100m
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Sun Jun 25, 2017 6:53 pm
by OomMatt
Ek sal graag al julle 320gr Woodleigh's 320gr RN SN wil koop , so ook as iemand weet waar ek kan kry se me
Dankie Marius
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Sun Jun 25, 2017 7:37 pm
by Jurgen Visser
dit lyk werklik belowend oom Matt
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Sun Jun 25, 2017 7:38 pm
by Flip Nel
OomMatt wrote:Johan van Wyk wrote:OomMatt wrote:Begin toetse sal soos volg wees
S341 - spoed volgens QL +/- 2310vps / druk by 60 000psi volgens QL - beste opsie (S355 met spoed van 2335vps op node is druk 62 000psi met oor vol dop 108% / S335 verlaag spoed)
Marius kan hier meer help , ek volg hom soos n bloed hond
Spoed toetse eerste - 1 van elk
54.0gr
55.0gr
56.0gr
Sal gou vannaand Max TPL (kamer) meet om patroon lengte finaal te kan bepaal
Laat weet julle
Ek sal stom van verbasing wees as jy in die omgewing van 2 300 vps met die 320's in `n 9,3 kry met druk wat hoegenaamd as aanvaarbaar bestempel kan word. Let wel, ek beweer nie dit kan nie, net dat dit nie baie waarskynlik is nie.
`n Vriend van my het die 320's in sy 9,3x62 probeer met min of meer alle plaaslike dryfmiddels wat moontlik in die 9,3 kan werk en 2 100 vps was DIT uit `n Mauser met 24" loop.
Die 320's is lank en neem baie spasie op wat andersins deur dryfmiddel gebruik sou kon word. Sit doppe met dik wande by wat nog meer spasie opneem en die raaisel verdiep verder. Soos genoem, die 320's is gemaak vir die .360 No 2 NE wat in vergelyking met die koeel wat hy skiet `n massiewe dop het en dus ook geen probleme het met kruitspasie nie. Hulle sal goed werk in die 9,3x64 ook.
Hou ons maar op hoogte.
Net weer dankie aan Marius se hulp
Het begin met spoed toetse
S341
CCI 250
54.0gr
55.0gr
56.0gr
57.0gr
Spoed verkry en vir Marius gestuur
Kalibrasie gedoen , met ladings voorstelle
Het vandag gaan toets met
59.0gr = 2298 , 2308 , 2310vps
59.3gr = 2308 , 2317 , 2316vps
59.6gr = 2315 , 2329 , 2313vps
59.9gr = 2327 , 2341 , 2325vps
Akkuraatheid verkry was fenominaal met 59.3gr op 100m
Dit lyk baie goed oom, daai 320gr koeels gaan lekker werk vir die bos
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Sun Jun 25, 2017 7:52 pm
by PierrieT
OomMatt,
Praat met Neil Harmse by ENTRAMARC Pty Ltd. Hulle import en verkoop direk aan die publiek.
http://www.entramarc.edx.co.za
nharmse@entramarc.co.za
011 704 6708
Groete
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Mon Jun 26, 2017 9:36 am
by Pappabeer
Wat is die druk met 59,9gr S341 agter n 320gr 9,3 koeël?
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Mon Jun 26, 2017 11:31 am
by tripodmvr
Pappabeer wrote:Wat is die druk met 59,9gr S341 agter n 320gr 9,3 koeël?
60K psi
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Mon Jun 26, 2017 12:31 pm
by Swede
tripodmvr wrote:Pappabeer wrote:Wat is die druk met 59,9gr S341 agter n 320gr 9,3 koeël?
60K psi
Hoe veilig is die lading, as dit die dag nou bietjie warm is dan raak dit potensiaal 'n probleem.
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Mon Jun 26, 2017 1:01 pm
by dsmerrills
Swede wrote:tripodmvr wrote:Pappabeer wrote:Wat is die druk met 59,9gr S341 agter n 320gr 9,3 koeël?
60K psi
Hoe veilig is die lading, as dit die dag nou bietjie warm is dan raak dit potensiaal 'n probleem.
+1 S341 is temperature sensitive
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Mon Jun 26, 2017 1:21 pm
by Johan van Wyk
Die probleem met ladings soos hierdie is dat dit op die randjie van die afgrond kan wees met `n geweer wat op `n M98-tipe aksie gebou is (en as ek reg onthou skiet die persoon wat die draad begin het met `n M98-aksie 9,3x62). Die M98 is inderdaad `n sterk ontwerp maar hulle kwaliteit kan wissel van uitstekend goed tot uitstekend swak, en laasgenoemde kom die ouens gewoonlik eers agter na so paar warm resepte deur die geweer geskiet is en die geweer homself daarna onwillekeurig in `n "take-down" model verander het.
Daar is miljoene M98 aksies voor 1914 vervaardig en nog etlike miljoene meer daarna, tot in die 1950's op sekere plekke. Van die beter kommersiele en eks-weermag aksies wat van goeie staal vervaardig is, nie laat in die oorlog vervaardig is deur slawe-arbeid nie, in goeie kondisie is, nog nie deur een of ander agterplaas "geweersmid" ge-"sporterize" is nie en ook nie deur die jare heen te veel mishandel is nie sal sekerlik hierdie tipe van stres kan vat op die lange duur, alhoewel ek nie wil probeer nie, en ook alhoewel meeste vervaardigers hulle 9,3 doppe maak vir maks 57K psi.
Soos iemand hierbo genoem het, S-341 word gou kwaad. Gelukkig is Wooleigh Weldcores redelik sag en gee hulle geredelik mee in `n loop as hulle geskiet word, wat druk laag hou - hulle is immers gemaak vir ouer gewere. Persoonlik sou ek nie hierdie resep op `n gereelde basis deur my eie geweer skiet nie, vera nie as dit `n M98 is nie. Vandag se drukvlakke is nie bedoel vir 1910 of 1945 se drukvlakke, staal of selfs boukwaliteit nie. Geen M98 is gemaak vir `n konstante pak slae van 60K psi elke keer as die skut die sneller trek nie.
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Mon Jun 26, 2017 2:09 pm
by Flip Nel
Johan van Wyk wrote:meeste vervaardigers hulle 9,3 doppe maak vir maks 57K psi.
Johan watter vervaardiger maak hulle doppe vir die 9.3 vir maks 57k psi, sover my kennis is dit maar baie die selfde dop as 30-06, 270 etc. dit word nie special swakker gemaak vir die 9.3 nie.
Geen M98 is gemaak vir `n konstante pak slae van 60K psi elke keer as die skut die sneller trek nie.
Johan, ek verstaan nie die 30-06, 270 win, 9.3x64. 375 H&H, 300 win, 8 x 68, etc. almal loop teen 60 000 psi en party baie meer en baie van hulle is in m98 gebou, dan is dit mos lopende tydbomme selfs nuwe kalibers soos 416 Hoffman en 458 win mag word op op die m98 gebou almal ver bo 60 000
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Mon Jun 26, 2017 2:51 pm
by Johan van Wyk
Flip,
Die punt is eenvoudig: ons weet nie hoe goed (of sleg - goed, hoop ek!) die betrokke Mauser se staal en/of toleransies is nie. As dit goed is, dan is dit goed. As dit minder goed is is, wel, gebruik jou verbeelding oor wat kan (let wel KAN, nie SAL nie) gebeur.
Maksimum drukvlakke soos deur die verskillende proef-instansies voorgeskryf is net dit: maksimum. Dis nie bedoel as `n gebruikstandaard om nagestreef te word nie (alhoewel baie moderne aksies soos Ruger, Weatherby, Remington, ens, ens, dit met gemak kan doen as gevolg van goeie staal en goeie ontwerpe) maar eerder as `n rooi lyn wat vir redes van veiligheid nie oorskry behoort te word nie. Drukvlakke van winkel patrone is dus gewoonlik suid van die 60K psi kaplyn ten einde te voorkom dat hulle die onderwerp van bespreking word in die kantore van prokureurs en ander soortgelyke interresante mense.
Die 9,3 se maksimum drukvlak is so 57K psi (eintlik `n raps minder maar kom ons gebruik 57k vir doeleindes van hierdie gesprek). Vervaardigers van ammunisie en herlaaikomponente gebruik instansies soos CIP ten einde hulle produkte se ontwerp-spesifikasies vas te stel. Bruce Bertram het dit self aan my bevestig, en dit het `n koste-implikasie ook uit `n materiaal oogpunt - dink hier aan honderde duisende doppe per maand in plaas van genoeg om my en jou en vyf ander ouens aan die skiet te hou.
Dit is so dat daar baie .375's en 8x68's op standaard M98's'gebou is. Meeste gee nie moeilikheid nie (gelukkig nie) maar andere doen. Mauser (Oberndorf) self, as `n voorbeeld, het hulle 8x68's op Magnum M98's gebou. Daar is `n goeie rede daarvoor. Om `n standaard M98 aksie oop te maak om op die langtermyn met `n hoe-druk patroon te werk is iets wat nie almal ewe goed verstaan nie. Ek weet ook ongelukkig van `n hele paar Mausers wat as gevolg van hierdie probleem "set-back" gekry het, m.a.w. die derde of veiligheidsnok is ewe skielik in spel.
Ek het na aanleiding van hierdie draad vanmiddag `n geweersmid-vriend van my gebel wie se werk ek baie hoog aanslaan en wie ook toevallig so bietjie van `n Mauser fundi is. Ek kan nie al sy aanmerkinge hier herhaal sonder om `n paar ouens aanstoot te gee nie nie maar sy aanbeveling was eenvoudig: hou by 57K psi maksimum in enige standaard M98 om veilig te wees. Dis `n aksie wat ontwerp is vir die 8x57 wat teen 35K psi gewerk het en teen 55K psi geproef is in meeste gevalle.
Andere is dus welkom om dit te doen maar ek volstaan by wat ek hierbo geskryf het: `n konstante dieet van 60K psi patrone is nie `n goeie ding vir die deursnit M98 nie.
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 27, 2017 6:49 am
by OomMatt
Johan en ander
Het nou kans gehad om na julle antwoorde te kyk.
Dit was al gister middag aan my genoem dat die draad warm geword het , maar het net nie tyd gehad om te lees nie.
As n reel , nog al die jare wat ek betrokke was met wapens en ammunisie was my goue reel en beleid om nie op die grens van veiligheid te werk met wapens en amo nie.
Johan , dankie vir die raad , dus my besluit om alle verder toetse , of die gebruik van die koeels dadelik te stop
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 27, 2017 7:08 am
by TSG
OomMatt wrote:Ek sal graag al julle 320gr Woodleigh's 320gr RN SN wil koop , so ook as iemand weet waar ek kan kry se me
Dankie Marius
Hi Marius
If you have not come right with the Woodleighs email me your details
kurt@theshootingguys.co.za
Cheers
Kurt
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 27, 2017 7:37 am
by TSG
OomMatt wrote:Ek sal graag al julle 320gr Woodleigh's 320gr RN SN wil koop , so ook as iemand weet waar ek kan kry se me
Dankie Marius
Marius further to my comment earlier.
Woodleigh 9.3 320gr RN SP R1355/50 incl postage.
Cheers
Kurt
Re: 320gr Woodleigh
Posted: Tue Jun 27, 2017 4:41 pm
by Skier
OomMatt,
Ek het 30x Woodleigh 320 gr RN koeels beskikbaar indien daar verdere belangstelling is.
Groete