Page 1 of 2
Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 12:13 pm
by Henlo
Goeie middag manne, ek het op die oomblik n 243 lrp wat ek gebruik om verder afstande te skiet, hy skiet mooi daar agter maar nou wil ek n gun he wat n bok kan skiet op die verder afstande, iets met n lekker swaar koeël, ek het nou al gesearch en redelik baie gelees wat al gese is op die forum. Die 300 norma mag lyk vir my soos n goeie opsie en dan ook 300 wsm of dalk n 7mm soos n 284 of iets soortgelyk, ek sien wel dat 7mm punte nie so volop is nie en dat hulle amper duurder is as.30 punte. Nou die ander vraag wat seker belangriker is as die kaliber, ek kan n musgrave model 80 magnum aksie kompleet kry sonder n loop vir R3500, sal dit voldoende wees en die moeite werd wees om n loop op die aksie te sit vir langafstand jag?
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 12:19 pm
by Eugene
Henlo, ek het nie die beste tegniese kennis nie, maar ek glo met die regte loop en kaliber, sal daardie aksie perfek wees. Eks nie doodseker nie, maar jy moet dalk net seker maak daar is genoeg "vleis" aan die slotkop vir 'n 300NM, sou jy daardie roete gaan.
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 12:24 pm
by Henlo
Dankie Eugene, jy is dalk meer in die "loop" met kalibers wat goed doen en wat jy ka voorstel vir die applikasie, enige iets anders wat ek kan oorweeg, en die geweer was voorheen n 7mm rem mag as dit help
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 12:32 pm
by SakoTrippel2
Moet nie die 243 weg gooi nie. 'n 6mm'tjie kan nog blesbok grote bokke maklik plattrek op +/- 650m.Wat jou kaliber keuse aanbetref sal ek sê jy is op die regte pad dis maar 'n man se eie besluit op die ouend. Wat die aksie betref kan ek ongelukkig niks se nie omdat ek geen ervaring het met hom nie.
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 12:41 pm
by Eugene
Henlo wrote:Dankie Eugene, jy is dalk meer in die "loop" met kalibers wat goed doen en wat jy ka voorstel vir die applikasie, enige iets anders wat ek kan oorweeg, en die geweer was voorheen n 7mm rem mag as dit help
300WSM, .284W, enige 6.5 kaliber.... Die opsies is baie. Vraag is maar wat wil jy graag doen en beplan jy die geweer as 'n "all rounder" of 'n dedicated LA kettie? 'n Geweer met 'n 26-28" loop, lewer genoeg spoed vir LA skiet, maar kan ook vir ander doele gebruik word. 'n Geweer met 'n 30-32" loop, is effens lomp vir iets anders as prone skiet. Rakende die koeels. Die slim manne praat van die 3 B's van akkuraatheid; Barrel, Brass en Bullets. Die hoë BC koeels vir enige kaliber is maar duurder as die res, maar dit is al wat die teiken gaan tref, so ek sou nie daarop probeer sny nie... Daar is paar goed om ingedagte te hou met 'n LA kettie. Die beste kaliber op papier is een daarvan, maar jy moet ook die koste van die komponente gaan nagaan en jou somme maak. Jy gaan behoorlike DIES nodig hê, ordentlike doppe en dan die koeels. Dink ook aan die kruit wat die beste in jou kaliber gaan werk. As jou begroting styf is, onthou dat jy gereeld sal moet oefen en nie gaan regkom met 5 skote 'n maand nie. Gaan weeg al die goed op, voor jy jou kop vasmaak op 'n kaliber en werk van daar af.
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 1:41 pm
by Henlo
Dankie, die geweer gaan net vir langafstand jag gebruik word van blesbok tot eland, tussen 200m en 900m. Die prys van die punte en dies ens pla my nie so baie nie, ek soek darem ook ni n kaliber wat net 800 skote op n loop kry nie
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 2:13 pm
by Eugene
Henlo wrote:Dankie, die geweer gaan net vir langafstand jag gebruik word van blesbok tot eland, tussen 200m en 900m. Die prys van die punte en dies ens pla my nie so baie nie, ek soek darem ook ni n kaliber wat net 800 skote op n loop kry nie
In daai geval sal 'n 300WSM mooi werk.
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 3:55 pm
by Henlo
Dankie, is daar n spesifieke geweersmid wat julle sou voorstel om die geweer te bou in gauteng, en hoe lyk die 300 wsm se spoed met punte swaarder as 200 gr met n 26 duim loop
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 5:35 pm
by Henlo
Vandag so paar afmetings gevat en fotos geneem
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 5:39 pm
by Henlo
Die 14.1 mm is die deursnee van die boltface aan sy binnekant
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 5:44 pm
by Henlo
Nog so paarj
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 6:44 pm
by Diesel Dog
Ek skiet self 300 wsm maar as ek die komponente tot my beskikking gehad het sou ek net n 28" 1-9.5 loop gepas het en vir 300 WM gekamer het die bolt face en magasyn kas is klaar reg.Met die ingevoerde kruit wat nou beskikbaar is het die 300wm meer perdekrag met die swaar koeëls.
DD
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:09 pm
by Arnold
Ek stem. 300wm
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:09 pm
by Henlo
Diesel dog hoe lyk die prentjie dan met n 300 win mag met jou specs
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:23 pm
by Arnold
Terloops, as jy langafstand skiet het jy genoeg tyd om enkelskoot te laai

Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:31 pm
by Henlo
Haha hopelik vat dit ook net een skoot per bok. Die 300 wm sal vir my baie beter wees aangesien als meer bekombaar is, sal graag wil weet wat mens kan verwag met n 26 duim loop met swaar punte
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:38 pm
by Arnold
Henlo, kry net vir jou n 9 twist loop. Alhoewel daar by julle sal die koeëls makliker stabiliseer.
Met n570 het ek uitgewerk dat jy verby 2900fps kan gaan met n 230gr Hybrid in n 28" loop. Hy kon dal bietjie kort wees maar vir n begin sou ek hom langer hou en later korter sny.
Die remington 700 het n lekker lang magesynkas van 3.6" as jy na daai opsie wou kyk. Jy moet maar liefs die Tikka heeltemal verbykyk met sy kort magesyn.
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 9:04 pm
by Diesel Dog
Henlo wrote:Diesel dog hoe lyk die prentjie dan met n 300 win mag met jou specs
http://i246.photobucket.com/albums/gg91/JBroz1/IMG_1079-001Small.jpg
Ek dink die prentjie se baie.
DD
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Wed Jun 07, 2017 9:27 pm
by Henlo
Dis baie nice, ek het gedink dit is wat die 300 norma magnum kan doen, dis nou baie makliker, bou n 300 win mag, kry oorals doppe teen n beter prys, dies is beskikbaar en hy loop soos n jet
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Thu Jun 08, 2017 6:16 am
by Apie
Eland op 900m ...
Dink julle manne nie dat 'n 338 dalk die pyp beter sal rook nie.
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Thu Jun 08, 2017 6:46 am
by Gerhardu
Koop n Howa 300WM bullbarrel. Met n 24 loop werk hy mooi met N570 kruit en swaar punte vir LA.En as jy dan nie gelukkig is met hom nie ream hom na WSM toe.
My 2c.
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Thu Jun 08, 2017 7:26 am
by Gawie(13mm)
Gerhardu wrote:Koop n Howa 300WM bullbarrel. Met n 24 loop werk hy mooi met N570 kruit en swaar punte vir LA.En as jy dan nie gelukkig is met hom nie ream hom na WSM toe.
My 2c.
.....en dan is die loop 2 duim te kort?

Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Thu Jun 08, 2017 7:38 am
by Gerhardu
Hoeveel is hy dan?
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Thu Jun 08, 2017 7:54 am
by Henlo
Ek het nou nie bedoel ek sal n eland op 900m skiet nie, ek sal n eland ook met die geweer wil kan skiet, 900m is die maks afstand wat ek op n bok sal wil skiet. Ek het gedink die musgrave sal lekker werk want dan kan ek van die begin af die regte lengte loop opsit met my verkose twist en dalk n beter loop as wat op n fabrieksgeweer uitkom
Re: Musgrave model 80 langafstand geweer
Posted: Thu Jun 08, 2017 9:00 am
by Gawie(13mm)
Gerhardu wrote:Hoeveel is hy dan?
Korreksie, 3 duim te kort.
Jy begin met 'n 24 duim loop. Om hom te herkamer, moet jy die kamer ongeveer 'n duim korter sny agv. die korter dop van die WSM. Nou sit jy met 'n 23 duim loop. Die meeste manne sal vir jou sê dat jy ten minste 'n 26 duim loop benodig om die 300 WSM tot sy reg te laat kom. Dus 3 duim te kort en die nuwe kruite gaan nie daarvoor opmaak nie.