Page 1 of 1

Trekker GPS stuur

Posted: Sun Jun 11, 2017 9:22 pm
by Spekboom
Kry mens n eenvoudige trekker gps sisteem, ek wil net reguit in die land op en af spuit of kunsmis gooi niks fancy nie. Die apps op die selfoon werk nie want die foon se gps is te stadig of onakuraat. Groetnis

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Sun Jun 11, 2017 9:35 pm
by tripodmvr
'n Gewone GPS wat jy in jou hand kan ronddra gee so 3m akkuraatheid - d.w.s. so 3m radius. Deur inligting per radio na so stel te stuur kan die presisie onder 1 meter afgebring word. Dit beteken dat jy gelde sal moet betaal om die sein te ontvang en dan ook die regte GPS stel moet he. Die word spesiaal vir die trekkervervaardigers gemaak. Jy sal dus nie sommer iets kan opmaak wat op hul stesle sal verbeter nie.

My GPS stel wat ek vir opmetingsdoeleindes gebruik kos in die orde van R300 000 en het twee stelle. Een is dan 'n basisstasie wat radioseine na die stel stuur waarmee ek rondloop. So verkry ek so 20mm vasstellings oor tot 4km vanaf die basis. Hoogte akkuraaatheid is dan minder as 50mm.

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Mon Jun 12, 2017 7:09 am
by finch
Farmtracksa.com is heel goedkoop.

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Mon Jun 12, 2017 7:34 am
by jean 7mm
Spekboom ja mens kry ons gebruik as ek nou reg onthou n topcom sal nou nou gaan seker maak oor die naam om te strooi


Sent from my SM-G532F using Tapatalk

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Mon Jun 12, 2017 7:41 am
by tripodmvr
Heelwaarskynlik "Topcon".

Trimble, Leica, Sokkia, Topcon, Ashtec is almal firmas wat met GPS spesialiseer. Trimble is groot in die beheer en monitor van bewegende voertuie.

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Mon Jun 12, 2017 6:12 pm
by Zuku
Probeer n gewone GPS en stel die setting op "Pedestrain" en nie "Vehicle" nie

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Mon Jun 12, 2017 6:28 pm
by tripodmvr
Zuku wrote:Probeer n gewone GPS en stel die setting op "Pedestrain" en nie "Vehicle" nie
Vir presisie boerdery is daardie pedestrian mode soos om 'n dronk ou agter die stuur te sit.

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Mon Jun 19, 2017 10:44 am
by Spekboom
Dankie manne lyk my ek sal maar moet hand in die sak steek vir die een. ;D ;D ;D

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Mon Jun 19, 2017 11:14 am
by finch
Spekboom kontak die farmtrack manne. Daar behoort seker al n boer in jou omgewing te wees met so n toestel en dan gaan kyk jy hoe hy werk. Dis darem baie goedkooper as om n differential gps te moet koop/huur. Farmtrack is dieselfde manne wat die skaaphalsband alarm Farmranger maak. Hier is paar boere wat al die produk ook gebruik.

Disclaimer - Ek werk nie vir hulle nie maar hulle is deel van ons groep so ek weet (beperk / min of meer / basies) wat dit kan doen.

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:57 pm
by Apie
Jy gaan 'n gewone 'light bar' display stelsel kan gebruik.

Basies net nie GPS plus die skerm wat vir jou wys. Jy vat nog self die stokke

As jy Autosteer wil gaan raak dit duur.


Een van die manen met die baie kennis in daai veld wat klomp sisteme ken is Dries Presies.

Google dit jy sal hom vind, hy is vêr van jou af maar ek glo hu sal raad kan gee van wie jou sal kan help in jou area!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Tue Jun 27, 2017 7:06 pm
by jean 7mm
Apie dis wat ons ook maar doen werk op die light bar as die manne hom eers reg kry dan lyk dit of daai trekker auto steer in het

Sent from my SM-G532F using Tapatalk

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Tue Jun 27, 2017 8:32 pm
by CorneA
As jy lekker selfoon sein op jou plaas het en jy is binne 30km van n trignet stasie kan ek jou help met n GPS wat sub 5cm akkuraat vir jou lyne kan laat ry vir onder R100000. Daar is ander opsies ook. PM my as jy meer wil weet.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Tue Jun 27, 2017 9:03 pm
by tripodmvr
Paterson is tussen PE en Grahamstad wat albei trignet het. Selfs 30cm akkuraatheid behoort te kan werk sou ek skat.

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Tue Jun 27, 2017 9:14 pm
by tripodmvr
Sien dat Paterson so 50 na 60km van beide stasies is. Volgens NGI is 8cm horisontale akkuraatheid moontlik oor 100km. Volgens die brosjure gebruik NTRIP so 400KB data per uur om te kan werk.

http://geodesy.hartrao.ac.za/pastevents ... rigNet.pdf

Re: Trekker GPS stuur

Posted: Sun Jul 23, 2017 3:44 pm
by muismaree
Kry vir jou 'n JD universal autotrack. Werk met SF 1 sein wat verniet is, akkuraatheid is 15cm, genoeg vir wat jy wil doen. Lightbars is 'n pyn in die gat, dit maak jou bitter moeg om heeldag 'n trekker met 'n lightbar te operate. As dit by presisie kom is goedkoop koop beslis duurkoop, want die goed breek op die mees ongeleë tye.