Page 1 of 1
My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 3:28 pm
by Andre
Ek was baie bevooreg om saam my 2 seuns die laaste keer kon jag in SA. Ons was op my neef se plaas in Silkaatsnek. My oudste wou saam my gaan stap het en het agter n rooibok trop aangeloop. Was baie moeilik om hom baie naby hulle te kry. Ek het om die bos gekom en het die ooi sien staan en hom dadelik reg gekry. Hy het sommer oor pa se skouer geskiet. Bietjie hoog geskiet en moes hom n 2de keer weer skiet maar het hom darm gekry. Hy het met oupa se 303 op so 80m geskiet. My jongste wou ook saam stap maar dit sou nie lekker werk nie omdat die gras baie hoer as hy is. Ons het maar op die bakkie gebly en net so voor skemer het hy sy ram geskiet. Verbasend n mooi blad skoot. Hy het met n 243 op so 60m geskiet.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 3:30 pm
by Andre
Nog Fotos
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 3:43 pm
by Jake1
Baie mooi, baie geluk, dis groot dinge daai en die begin van n nuwe lewe vir hulle.... en krimpende beursie vir pa, geluk.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 3:50 pm
by Frederik
Geluk hoekom sé jy laaste keer jag in SA?
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 3:53 pm
by Andre
Frederik ek vlieg Maandag New Zealand toe. Immigreer!
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 3:59 pm
by Joe13
Baie nice, goeie move, jy kan lekker varke skiet daar. Sterkte.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 4:05 pm
by Frederik
Andre, sterkte daar en mens kan ook lekker jag en gewere bymekaar maak in NZ.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 4:06 pm
by Andre
Ja nee dis my plan. Hoop maar om weer gewere daar bymekaar te maak. Baie dankie
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 4:08 pm
by win270
Mooi gedoen!! Baie sterkte met die groot besluit en bly lojaal aan ons eie mense hier!! Mag dit baie goed gaan met julle in NZ.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 4:50 pm
by Hugo
Andre wrote: werk nie omdat die gras baie hoer as hy is..
Ekt al langs jou gestaan en ekt besef dat jy ook nie veel hoer is as daai gras nie.
Maar baie geluk klein Derick en Johantjie!
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 4:55 pm
by Plaashaas
Baie geluk aan al 3 manne
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 5:09 pm
by Andre
Tsek Hugo
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 5:32 pm
by Flip Nel
Baie Geluk, mooi Bokke
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 6:42 pm
by Ben Remington
Baie geluk aan die jong jagters...dis baie mooi bokke.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Tue Jun 13, 2017 7:13 pm
by tripodmvr
Baie geluk. Hoop om nog baie fotos van julle jagte in NZ te sien en van julle te hoor.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Sat Apr 21, 2018 9:01 am
by PJB
Lekker jag gewees en bly julle kon dit baie geniet by ons. Dis amper alweer sulke tyd en wens julle kon dit saam ons deel. Maar weet dit gaan goed daar my neef. Gesels weer.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Sat Apr 21, 2018 11:32 am
by OomMatt
Baie geluk aan die nuwe jong jagters
Is n eer natuurlik vir Pa met groot vooreg aan hulle
Geluk
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Sat Apr 21, 2018 6:45 pm
by Ashley
Dit was nou al in 2017 manne...
Maar ek hoop die 2 jong latte gaan weer die jaar n jag trip mee maak.
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Sat Apr 21, 2018 9:15 pm
by PJB
Ashley wrote:Dit was nou al in 2017 manne...
Maar ek hoop die 2 jong latte gaan weer die jaar n jag trip mee maak.
Ek besef dit maar dit eers nou gesien en dit was op my plaas gewees. Dit is hoekom dit so speIaal is "was" vir my. Hulle het die bokke teen R800 stuk gesiet. En steeds teen 2018 pryse bly dit dieselfde. Lekker hier in Harties
Re: My seuns se eerste bokke
Posted: Wed Apr 25, 2018 10:45 am
by heywillie
baie geluk