Page 1 of 1

Silent Hunter Hunt Buddy op Belted Magnums - Julle ervaring

Posted: Wed Jun 14, 2017 11:53 am
by Max Rossle
Goeiedag lede

Het vir my 'n Silent Hunter Hunt Buddy op my .338 Winchester Magnum nou gesit...

Dit is 18cm in lengte en het 6 kamers (lekker kort vir stap en jag) en dit voel 100 keer meer gebalanseerd as sonder die knaldemper (baie ligte Howa Model 1500 Hunter - walnut kolf - is die platform).

Die geweer het klaar 'n kwik-staffie in die kolf en is gebed en free float (skiet op 'n tiekie) maar was ietswat geniepsig met 250gr koels teen 2700fps...

Wat is julle ervaring met die Hunt Buddy op belted Magnums itv report en recoil? Effektiewe produk?

Ek gaan Vrydag 'n paar opsies toets op die baan itv lading en wil graag bietjie terugvoer he oor die produk van ander Hunt Buddy eienaars.

Groetnis
Max

Re: Silent Hunter Hunt Buddy op Belted Magnums - Julle ervar

Posted: Wed Jun 14, 2017 7:32 pm
by 243Songdaug
Max ek het dieselde op 375 H&H gesit en ek moet sê die geweer is 'n vreugde om te skiet.

Re: Silent Hunter Hunt Buddy op Belted Magnums - Julle ervar

Posted: Thu Jun 15, 2017 3:44 pm
by Max Rossle
243Songdaug wrote:Max ek het dieselde op 375 H&H gesit en ek moet sê die geweer is 'n vreugde om te skiet.
Al wat 'n man wil hoor! Dankie!