Page 1 of 1

Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Wed Jun 14, 2017 2:19 pm
by Geno
Navrae kan aan Louis Nel gerig word.
O8Z7827445
IMG-20170614-WA0032.jpg

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Wed Jun 14, 2017 4:36 pm
by Capt. Yoda
Daai sal nou lekker wees

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Wed Jun 14, 2017 6:57 pm
by Louis Nel
Baie dankie Geno vir die oplaai van die Poster. Hoop alle Jaracal lede in Bloem sal ons kom ondersteun.

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Mon Jul 31, 2017 8:52 am
by Geno
Dankie Louis en julle lede vir 'n baie lekker skiet!
Sien julle volgende jaar!

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Mon Jul 31, 2017 11:40 am
by toelie
Hoe het die skiet toe presies gewerk, geluk met die wen

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Mon Jul 31, 2017 1:52 pm
by Geno
4 bane met 5 teikens elk.
Teikens is jakkals en rooikat papierteikens met reflector tape op die oë en n gong agter die hart area.
100mm gong vir die rooikat en 125mm gong vir die jakkals.
40min om die baan deur te ry.

Ek, Katefbessie en SakoTripple2 was in 'n span gewees. Frans (Sako222) se BMT was great en het hy vir ons die uitskiet deel gedoen wat vir ons die wen besorg het nadat ons gelykop was met n ander span.

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Mon Jul 31, 2017 2:07 pm
by NicoSmit
Afstande?

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Mon Jul 31, 2017 2:18 pm
by savage(P Coetzer)
Hoe hou die papier teikens dit as daai gong getref word?

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Mon Jul 31, 2017 2:33 pm
by joe rocket
Lekker man dat die jong mannetjie die ouer manne nou moet wys wat is BMT.

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Mon Jul 31, 2017 2:46 pm
by Geno
NicoSmit wrote:Afstande?
4 bane was tussen 15 en 220y (geskat)
Uitskiet was so raps verder.

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Mon Jul 31, 2017 11:10 pm
by SakoTrippel2
Dit was voorwaar 'n baie lekker skiet gewees. Lekker as 'n papier teiken (Gong) terug praat so in die stilte van die nag.

Re: Vrystaat Jagters Roofdier Tak Nagskiet kompetisie

Posted: Tue Aug 01, 2017 7:52 am
by toelie
Klink bitter lekker, as julle manne dalk fotos het van die gonge op die papier konsep en die baan deel dit bietjie. Wou bitter graag saam skiet maar ons het tikka man alleen gaan skiet.

Groete