Page 1 of 1
Limpopo vrystelling
Posted: Sat Jun 17, 2017 10:51 pm
by Eduard Venter
Het enige iemand hier in Limpopo al 'n vrystellings permit vir hul plaas gekry? Ek het op Google gesoek maar ek kon nie alles kry nie.
1. Wat is die kostes daaraan verbonde?
2. Vir watter kategorie moet ons aansoek doen? Ons boer met beeste maar het baie wild ook op die plaas.
3. Hoe lank vat dit om afgehandel te word? Ek het iets gelees van 30 dae (maar geweer lisensies is 90 dae, haha)
4. Dit moet blykbaar elke 3 jaar hernu word. Kom doen hulle weer oor inspeksie of is dit 'n vinniger proses as die oorspronklike aansoek?
5. As ek dit reg het hoef jakkalse en vlakvarke nie op die aansoek vorm genoem te word nie aangesien dit nie vrystelling benodig nie?
Ek hoop hier is iemand wat bietjie raad kan gee.
Groete
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 9:56 am
by tripodmvr
Vrystelling is eintlik 'n sertifikaat van voldoende omheining. As jy dit kan verklaar dan behoort jy so permit te kan kry.
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 10:41 am
by Eduard Venter
Dankie oom. Ons het 2.4m wildsheining om die hele plaas so ek glo dit sal voldoende wees.
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 11:33 am
by tripodmvr
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 12:08 pm
by Frederik
Eduard, so ver ek kan onthou en die vereistes mag dalk verander het soos oom Marius noem 2.4 meter hoe heinning minimum 21 drade en hulle moet van so aard gespan word dat die kleiner diere nie onder kan deur kruip en na sekere hoogte mag hulle verder uitmekaar gespan word. Daar is ook 'n vereiste van pale en versterkings vir 'n sekere legnte van die heinning.
Onthou ook om al die diere op die lys te sit asook diere wat jy dalk mag vestig anders moet jy die hele proses weer oordoen. Diere soos steenbok en duiker word maklik vergeet asook klipspringer. Dan sit jy se maar njala by al het jy nie en swartwitpens basies dink aan al die spesies wat jy graag sal wil he en wat daar tans is.
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 12:21 pm
by Eduard Venter
Dankie, daai is goeie inligting en raad. SĂȘ maar hulle bevind bv dat ons draad reg is vir elande, maar nie vir bosbokke nie, gaan hulle die aansoek afkeur of net nie bosbokke op die permit aandui nie?
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 12:26 pm
by Frederik
Eduard, hulle sal nie sommer jou afkeur nie want jou plaas is mos nie klein teel kamp nie.
Dink minimum grote plaas in Limoppo vir vrystelling is 400 hektaar as ek reg onthou.
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 12:38 pm
by Eduard Venter
Dankie oom ja ons is gelukkig meer as dubbel daai grootte.
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 3:48 pm
by Frederik
Re: Limpopo vrystelling
Posted: Sun Jun 18, 2017 4:03 pm
by Eduard Venter
Haha dis maar net hoe ek geleer is
Sent from my LG-H735 using Tapatalk